Die vyand se gewildste teiken

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Here Jesus, help ons asseblief om nugter en waaksaam te wees, wetende dat die vyand se primêre doel is om ons deur middel van leuens van U te skei. Help ons om sy streke te herken en van hulle te kan wegdraai in volle vertroue in U. Amen.

Baie keer as ons vergifnis vra vir ons oortredinge, dan wonder of dinge werklik so maklik is. Dan vra ons: Net so? So maklik? Is daar nie iets wat ek moet doen om die vergifnis te verdien nie? Maar die antwoord is nee; jy hoef niks te doen nie; beweeg net aan!

Vir die van julle wat wonder of julle werklik vergewe is, vra die HERE: “Is jy jammer oor wat jy gedoen het? Want Ek het gekom om die wêreld te red, nie te veroordeel nie.” (Johannes 3:17)

Ons almal moet op ‘n daaglikse manier gered word; almal van ons en moet dit nooit vergeet nie. Eerder as om jouself te skel en allerhande veranderlike name te noem, soos ‘dom’ of ‘idioot’, herinner jouself dat jy nie anders is as ander nie en dus foute maak.

As jy hierdie kan verstaan, dan sal jy nie so kwaad wees vir jouself as jy foute maak nie. Jy sal dan eerder net sug en sê: “Here ek is so jammer!” Dan sal jy jouself aanvaar soos jy is sonder die selfhaat, want die selfhaat houding wat jy voel kom van ‘n houding van trotsheid. Iemand wat trots is, dink hy is beter as almal en dat jy nie foute behoort te maak nie.

Weet julle hoe seer dit die HERE maak as ons aan Sy Woord begin twyfel? Kom ons kyk hoe dit gebeur. Jy kom uit gebed uit, ten volle toegerus en bereid om vorentoe te beweeg, vol geloof en oortuiging dat wat voor jou gestel is, moontlik is – met die HERE se genade.

Dan slaan jy ‘n struikelblok. In die meeste van gevalle is dit moegheid en frustrasie met iets onbenulligs. Teen hierdie tyd staan die vyand klaar gereed en wag vir jou om jou hoede te laat sak sodat die pyl van ongeloof jou verdediging kan binne dring. As jy in jou gedagtes nog sê hoe moeilik dit is, dan dit nie kan werk nie en wonder of jy dit ooit sal regkry, dan is die pyl reeds afgevuur en daardie pyl sal in jou hart bly; vol dodelike gif van ongeloof.

Julle sien, ons motivering om te lewe rus op die geloof dat die HERE sal voltooi wat Hy in ons begin het. As die vyand daardie geloof wat jy het kan ondermyn, gaan die deur oop wees vir die demone van mislukking, ongeloof en argumente teen wat die HERE belowe het Hy sal doen. So hol die vyand jou van binne af uit en elke slag as jy ‘n terugslag kry daarna, vloei geloof uit jou uit en neem ongeloof sy plek in. So word jy ten volle oortuig dat jy iets nie kan doen nie of dat jy nie geskik is om dit te kan doen nie. Soos die gif van ongeloof posvat, word die beloftes wat die HERE aan jou gegee het opgelos in hopeloosheid. Die enigste manier om hieruit te kan kom is om die pyle in vlug te verslaan.

Hier wil ek net byvoeg dat ek al op geleentheid so versoek was. Al wat jy kan doen is om vas te hou aan die HERE se beloftes. Ek het na die HERE toe gehardloop en gesê dat die HERE my nie ‘n pad sal laat loop as Hy dit nie nie klaar geloop het nie! As die HERE jou in ‘n situasie kan inkry, liewe leser, dan kan Hy jou daar uitkry ook! Moenie moed verloor nie. Moenie vir satan die satisfaksie gee dat hy gewen het gee nie! Jou lewe mag miskien in jou oë ‘n gemors wees, maar weet dat jy God se gemors is en Hy sal dit sal uitsorteer in Sy tyd. Eendag sal jy langs die HERE staan, Sy werk in jou volmaak! Klou vas aan daardie belofte!

Hou op om te erken dat jy ‘n mislukking is, want daardeur erken jy dat die HERE nie ‘n waarmaker van Sy Woord is nie. Ja, jy spreek Godslasterlik as jy dit doen, want jy erken dat alhoewel God die onmoontlike kan doen, daar dinge is wat Hy nie kan doen nie! Dis waar die rubber en die pad mekaar ontmoet en waarop dit neerkom, liewe leser!

Ons werk is om te glo en om die HERE se eer te verdedig. Moenie toelaat dat die vyand die HERE se goeie naam oneer daan doen met ongeloof nie!

“Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.” (Johannes 6:28-29)

Om af te sluit, dis net natuurlik dat ons verstrengel raak in wêreldse dinge en daardeur vertroue in die bonatuurlike verloor. Dit gebeur so subtiel dat jy dit nie eens agterkom nie. Na ‘n dag of twee sonder gebed, verswak jy en dan stel die vyand die hinderlaag. Wees bedag hierop, liewe leser.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 139 times, 1 visits today)