Die wolk van leuens in die media

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Die HERE het op geleentheid vir ons gesê dat ons moet wegbly van die media af en nie moet glo alles wat daarop uitgesaai word nie. Sommige van julle het gehoor gegee, maar ander het ongelukkig nie…

Daar is ‘n skaduwee regering wat een doel voor oë het en dit is om hierdie wêreld te oorhandig aan satan; om satan deur die een wêreld regering en die een wêreld leier in beheer te stel. Om dit te kan regkry, moet die mense se moraal eers afgebreek word. Hierdie afbreek proses moet tot op so ‘n vlak gaan, dat mense die verandering van waar elke land homself regeer, tot waar die wêreld deur een persoon geregeer gaan word spontaan sal aanvaar en dit selfs sal verwelkom!

Hoe gaan dit vermag word? Deur die media! Het julle al opgelet hoeveel negatiewe nuus daar die laaste ruk in die media is? Al wat jy van hoor is korrupsie, diefstal, smokkelary, moord en doodslag. Dis om fisies van naar te word! Self kan ek net vir baie kort rukkies in die verbyloop na enige nuus berig luister, want die negatiwiteit wat rondom dit uitgesaai word is vir my net te veel om te hanteer!

Ek sien elke dag wat se effek dit op die mense om my het. Dit verbaas my hoe bevrees mense is om net hulle neuse by hulle deure uit te steek omdat hulle bang is hulle gaan aangeval word en so ‘n teiken van misdaad word. Alles te danke aan die media en dit wat daarin versprei word.

Hoofstroom media is daarom skoon gif! Moet asseblief nie daarna luister of aangeraai word om daarna te luister nie! Deur dit te doen gaan jy akkoord met satan en sy agenda vir hierdie wêreld. Ons is hier om weerstand te bied en nie om saam met satan te werk nie!

Jy sal agterkom dat as jy na die nuus geluister het hoe negatief jy word en hoe bevrees jy skielik word vir die wêreld om jou. Dit behoort vir jou ‘n aanduiding te wees dat jy op ‘n verkeerde pad is! Luister daarom na die boodskap van die HERE en weerstaan die leuens wat satan deur die media versprei.

Die HERE sê dat baie van ons laks geword het en ongedissiplineerd lewens lei. Ons fokus op te veel op die slegte en sien nie meer die goeie raak nie. Julle drink giftige water uit ‘n fontein wat met gif uit die hel besmet is.

Wees die ambassadeurs van die HERE op aarde van liefde en hoop. Oortuig die wat van hierdie giftige waters drink sodat hulle weer op die HERE kan konsentreer en terug kan keer na die HERE toe!

image_pdfLaai afimage_printDruk