‘n Offer van Vas en Gebed

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hierdie moet seker die mees ongewildste onderwerp in die Bybel wees om oor te praat! As kind het ek groot geword met die idee dat vas beteken om tot die ekstreme te gaan en vir dae lank, selfs ‘n week lank sonder kos te bly… Wat se idees plant satan nie alles in ons koppe nie!

Satan is maar net te bewus van hoe kragtig vas is, dis waar al hierdie idees van vir dae lank sonder kos vandaan kom! Hy weet dat as ons gaan begin verstaan waaroor dit nou eintlik gaan, dan gaan ons dit begin toe pas en vir hom ‘n baie groot gevaar inhou en dis waarom die waarheid heeltemal anders is!

Die Bybel verplig ons ook nie om te vas nie. Die doel agter vas is om ons gedagtes op die HERE te fokus en op so ‘n manier nader aan Hom te beweeg. Die doel van vas is om jou oë van die wêreld af te neem en dit net op God te fokus. Om te vas is om aan God te wys, asook aan jouself, dat ons ernstig is oor ons verhouding met Hom. Deur vas verkry ons ‘n nuwe perspektief en ‘n vernuwe afhanklikheid van God.

Die boek van Handelinge noem dat die gelowiges gevas het voordat hulle belangrike besluite geneem het: Handelinge 13:3 “En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.” en ook Handelinge 14:23 “En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.”

Vas en gebed word gewoonlik aan mekaar gekoppel soos in Lukas 2:37 beskryf word: “… en sy was ’n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.” Vas moet ook aan ‘n tydperk gekoppel wees, maar die doel moet nie wees om enige skade aan die liggaam te verrig nie.

om ons luister nou na wat die HERE oor hierdie onderwerp sê: “My Vader doen ongelooflik baie met die bietjie wat julle opoffer. Baie goeie dinge word daarmee vermag, maar Ek wil nie hê dat enige een van julle tot ekstreme moet gaan wat vas betref nie. Wees baie diskreet en moet nie dat enige iemand weet waarmee julle besig is nie. Op hierdie manier sal My Vader julle in die geheim beloon vir dit wat jy opgeoffer het. Enige iets wat julle opoffer kan baie maklik ‘n kwessie van trots word en die vyand sal julle baie maklik in daardie strik laat beland.”

“In sommige gevalle kan julle die kossoorte waarvan julle hou opoffer aan My en eerder meer eenvoudig eet. Jy kan ‘n spesiale spesery wat jy van hou tydelik ontneem of ophou om nagereg te eet of selfs ‘n soet eet dingetjie waarvan jy hou tydelik ophou eet en dit aan My opoffer. Vervang hierdie eetgoed met iets wat meer gesond vir jou is soos ‘n vrug gedurende jou vas tyd. Van julle kan selfs maak soos Daniël gemaak het en op ‘n vas gaan van groente en water, maar moet niks op julle eie probeer doen nie. Kom eerste na My in gebed voor jy enige tydperk van vas ingaan.”

“Daar gaan ‘n tyd kom wat swakheid jou goeie voorneme gaan oorheers. Ek wil hê dat julle moet weet dat Ek dit doelbewus toelaat om jou nederig te hou, sodat jy meer op My moet fokus as op jouself en wat jy vermag het.”

“Julle gebede is vir My so aangenaam. Selfs die kleinste gebed gaan nie onopgemerk nie. Selfs die kleinste danksegging, lof offer of opoffering tref die hart van die Vader met vreugde omdat dit met ‘n suiwer hart gedoen word.”

“’n Suiwer hart en naasteliefde is vir My alles! Sonder hierdie dinge is julle gebede swakker as wat dit moet wees. Dit word leeg en sonder morele krag. As julle dus voor die altaar kom, maak eers seker dat jy almal vergewe het wat jou te nagekom het. Vra ook vergifnis vir die wat jy geoordeel het of vir die met wie jy baie moeilik was. Op hierdie manier sal jou gebede onverhinderd wees en baie meer aanvaarbaar vir die Vader.”

Dankie HERE dat U dit vir ons so duidelik maak!

Soos u kan sien moet vas dus nie iets wees wat uit trotsheid gedoen word nie. Ons moet ook nie dink dat ons enigsins beter is as die wat nie kan of wil vas nie. Ek verwys nou na diabete in die algemeen of enige iemand anders wat ‘n mediese toestand het wat hom of haar verhinder om te vas.

Jesus sê in Mattheus 6:16-18 vir ons, [16] En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. [17] Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, [18] sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”

Prys die Naam van die Heer!

(Visited 233 times, 1 visits today)