Die enigste manier hoe die HERE ons kan red van enige slegte besluite is deur gehoorsaamheid aan Hom.
Ons weet maar net te goed as ons iets doen wat nie reg is nie, want jy kry daardie gevoel van onsekerheid in jou hart. Dit beteken dat jy die verkeerde rigting ingeslaan het en moet terug draai! As jy daardie gevoel ignoreer, dan beland jy net dieper en dieper daarin om jou eie wil te bevredig. As jy aanhou om hierdie gevoel te ignoreer is daar net een vraag wat jy jouself kan vra: Wil ek die HERE dien of wil ek myself dien?
Die HERE sal ons so graag al die tyd wat ons mors deur ons eie wil na te jaag wil spaar, maar dit hang geheel en al van onsself af. As jy aan hou sukkel hiermee en dit nie regkry nie, dan begin kan mens begin wonder of jy gereed is om die HERE werklik te dien. Die HERE kan jou gereed maak as Hy weet dat dit werklik die begeerte van jou hart is, maar jy gaan die eerste stap moet neem en jy gaan moet oorgee aan Sy wil!
Tyd maak saak! Hoe langer jy uitstel, hoe meer verloor jy. En jy verloor baie wat jou gelukkig kon maak. As jy iets doen waaroor jy onseker voel, maar jy kry voel ‘n groot satisfaksie agterna so asof die HERE baie tevrede met jou is, dan het jy reg gedoen. Maar as jy ‘n hart het wat swaar voel asof dit wil sink, dan moet jy versigtig wees. Dis hoe mens onderskei en dis so eenvoudig dat selfs ‘n twee jaar oue kind dit kan leer!
Kinders doen baie dinge deur instink en om te onttrek van iets wat nie goed is vir hulle nie. Ons kan gerus gaan leer by hulle en dit weer in ons lewens aanwend. Om vir die HERE te lewe is so eenvoudig. Die HERE lei ons in ons gewetens op, maar as daar iets is wat ons graag wil hê, dan sal ons maniere kry om dit te regverdig.
Die HERE is baie geduldig met ons en Hy sal geduldig wag vir ons om op te begin let, maar elke slag wanneer ons die HERE se raad ignoreer en ons ons eie wil volg, dan verloor ons voeling met Hom. Dit voel nie goed vir ons of vir die HERE nie. Die HERE soek ons gedurig by Hom en dit beteken gehoorsaamheid aan Hom, elke minuut van die dag.
Gehoorsaamheid bring met dit groot vergoeding en die een vergoeding bou op die ander een totdat ons een hart en verstand met die HERE is. Dis wat die HERE vir ons wil hê. Is dit wat jy ook wil hê? Indien so, dan het jy nou die manier om dit te doen. Wees net gehoorsaam en vra jouself: “Wat sal Jesus gelukkig met my maak?” Doen dit dan en moenie eers stop om te top oor wat jy gaan verloor in die proses nie. Doen dit net!
As jy al die plus punte van self wil vat en dit opmekaar stapel, gaan dit nooit tot by die Hemel kom nie. Dis waar jy is as jy gehoorsaam aan die wil van die HERE is. Dis dan wanneer jy en Jesus alles saam doen en dis die naaste aan Hemel op Aarde!
Die keuse is nou joune. Die HERE wag vir jou en Hy is gereed om jou op te help, maar dit gaan jou baie kos. Alles wat vir jou belangrik lyk gaan tweede moet kom vir dit wat die HERE wil hê jy moet doen. Dis waar baie siele vaal en dan komprimeer, maar die HERE sal nooit opgee nie. Hy sal aanhou om jou gewete op te lei sodat Hy vrye toegang tot jou lewe kan hê.
Gaan sit en dink wat dit is wat jy die graagste sal wil sien as jy aan die einde van jou lewe terugkyk: ‘n lewe met baie doellose draaie en doodloop strate of ‘n lewe waar jy baie reggekry het in samewerking met Jesus. ‘n Lewe van frustrasie of ‘n lewe van ongekende geluk? Dit is jou keuse. Die HERE het klaar Sy keuse gemaak.