Hoe baie gebeur dit dat die HERE vir ons iets bekend maak en dan hardloop ons nie voor Hom uit in ‘n poging om die profesie waar te maak nie? As alles dan skeef loop, dan kan ons nie verstaan waarom nie. “U het dan so gesê, HERE,” kla ons dan…
Die HERE sê baie keer vir ons vooraf wat gaan gebeur omdat Hy een stap voor die vyand wil wees. Die doel is nie vir jou om met ‘n vaart weg te trek en te kyk of jy dit kan vermag namens die HERE nie! Ja, die HERE weet jy is bly en baie gretig, maar hou jou in!
Op die manier beland jy voor die HERE en het Hy nog nie die tyd gehad om die pad voor ons gelyk te maak nie. Jy onderskei nie of die tyd reg is daarvoor nie. So struikel en val jy oor die rowe klippe en word jy kwaad vir jouself omdat jy nie vinnig genoeg is of die gevaar gesien kom het nie.
Kom ek vertel julle van my dag. Ek begin hierdie boodskappe wat ek pos ‘n dag voor die tyd te skrywe. Ek begin altyd vroeg in die oggend; ses uur of kort daarna en ek sorg dat dit die eerste ding is wat ek in die oggend doen. Op daardie manier is ek vars en kan ek onderskei wat die HERE vir my wil sê. As ek dit sou durf waag om eers aandag aan wêreldse dinge te gee voor ek begin, dan is die salwing daarmee heen. Die boodskap word net geskryf soos die HERE dit gee. Die volgende oggend word die boodskap geproeflees en gepos vir julle om te lees. Dis elke oggend se roetine vir my.
Ek het al probeer om die HERE vooruit te hardloop deur die boodskappe aan die einde van my dag te skryf sodra ek ‘n gedeelte daarvan gekry het, maar dit het nog nooit gewerk nie. Om die waarheid te sê het alles wat ek probeer het, behalwe in die oggend net nie uitgewerk nie. Wie van julle weet waarom? Omdat die HERE heel eerste in jou lewe wil wees! Niks in hierdie wêreld is belangriker as Hy nie. Die HERE soek jou by Hom as jy vars is; voor jy deur die wêreld besoedel word. Verstaan julle?
Later, as jy sien dat jou metode nie werk nie, gaan jy terug na die HERE en sê: “Ek is jammer Jesus. Almal is vanoggend meer belangrik as U. Ek voel vreeslik sleg daaroor. Hoe U dit met my uithou weet ek nie.”
Jesus antwoord: “Met baie liefde. Ek het jou aandag probeer trek, maar jy was te besig. Jy weet dat dit nie goed is nie en dat ons dit gaan moet verander, né.”
“Ek weet HERE; ek is jammer…”
“Ek weet dis nie maklik vir jou nie, want jy wil altyd inspring om dit wat gedoen moet word klaar te kry, maar jy moet meer versigtig wees en stadiger beweeg as jy besluite neem. Die vyand is altyd haastig vir jou om besluite te maak voor jy daaroor gedink het en voor jy agtergekom het dat dit die verkeerde rigting is.”
“HERE, ek weet nie hoe om dit te doen nie. Ek wil so graag stadiger beweeg, maar ek het so baie werk…”
“Dis ‘n leuen, weet jy? ‘n Leuen om jou aandag van My af weg te trek. Alles wat glinster is nie altyd goud nie… en dis goed om partykeer dom te wees as jy ‘n hart wil kweek wat net op My ingestel is.”
“Hierdie is een van die vyand se taktieke waaroor Ek met julle wil praat. Die sin om vooruit te hardloop en in te duik is een van die vyand se gunsteling taktieke omdat My Kinders altyd die verkeerde besluite neem. Dis so gewild by die vyand omdat dit sukses waarborg! Ek sal eerder wil hê dat julle nooit vooruit moet hardloop omdat julle onder druk geplaas word nie. Om uit te stel is nie goed nie, maar om kop eerste in ‘n ding in te hardloop sonder om te dink is erger. Ek wil hê dat julle ‘n gebalanseerde benadering moet volg wat voorsiening maak vir genoegsame gebed en onderskeiding.”
“Hoe belangriker die werk is, hoe meer versigtig moet jy die fondasie lê. Dit sal verseker dat jy in die toekoms kostelike foute kan vermy.”
“Ek het nooit so daaraan gedink nie, HERE. Al waarop ek gekonsentreer het was hoe lank dit my gaan vat om klaar te kry en hoe bly ek sal wees as dit klaar is…”
“Ek hou die meeste van die klein dingetjies wat jy doen eerder as die groot goed, weet jy? Dis ‘n kwessie van tydsberekening, My Kinders. Rus nou en weet dat Ek die beste weet en ook weet wanneer die tyd reg is. Wees versigtig om nie te gou in ‘n ding in te hardloop nie, want die vyand stel slagysters vir julle. As die vyand jou nie kan kry om te bly uitstel nie, sal hy jou laat hardloop in ‘n ding in waarvoor jy nie gereed is nie. Op die manier kry hy jou om minder aandag te gee aan die belangrike dinge wat reeds in julle lewens is.”
“Wees op julle hoede as julle vorentoe beweeg en onthou: moet nooit hardloop nie. As jy daardie gevoel kry om te wil hardloop, let dan op na die gevaar ligte wat flikker: Gevaar, gevaar!”
Dit was die einde van die HERE se boodskap. Prys Sy wonderlike Naam!