Met vandag se boodskap gaan ek aansluit by my vorige een, want die HERE het nog nie klaar gepraat nie.
Die van julle wat oud genoeg is, sal weet hoe ‘n voorspoedige land Suid Afrika in die 1970 en 1980’s was. Hierdie land was ‘n krag reus aan die suidpunt van Afrika. Gedurende daardie tyd was God gedien in hierdie land in krag en in waarheid en die HERE het Suid Afrika geseën!
Suid Afrika het ‘n minerale rykdom wat ander lande maar net van kan droom! Weet julle dat ons eerste graad se steenkool verbrand om krag mee op te wek? In ander lande word derde graad se steenkool vir hierdie doel gebruik omdat hulle nie beter het nie. Ons het mangaan; mangaan is wat staal hard maak; ons het diamante; noem maar op en Suid Afrika is geseën daarmee! Ons natuurskoon is wêreld bekend. Mense van regoor die wêreld kom na Suid Afrika om na ons berge te kyk en na ons natuur erfenis! Ons is weereens geseën!
Ons het dit letterlik alles gehad! ‘n Pragtige land met onuitputbare natuurlike hulpbronne en ‘n ekonomie wat een van die sterkstes in die wêreld was. Op ‘n stadium was ons geldeenheid selfs sterker as Amerika s’n! Die van julle wat oud genoeg was, sal onthou dat die een Amerikaanse Dollar op ‘n stadium 75c werd was in Suid Afrrika!
Ongelukkig het ons die mag wat die HERE aan ons gegee het misbruik… en die HERE kon dit nie toelaat nie. Dis waarom die HERE in 1995 hierdie land vir ‘n ander gegee het om te regeer. Daar was egter ‘n voorwaarde in die vorm van ‘n profesie. “So spreek die HERE: Ek gee hulle in jou hand, maar jy mag hulle nie dood nie. Waarlik, as jy dit doen, sal Ek jou en jou hele familie met die banvloek tref!”
Nou weet julle waarom die oorgang in 1995 van een regering na die ander sonder bloedvergieting was en ook waarom daar geen moeite gespaar was om bloedvergieting te voorkom nie. In die jare sedertdien het leiers gekom en leiers het gegaan, maar die HERE se wense was nie eerbiedig nie. Dis waarom seker pessiektes so oorvloedig is en waarom so baie daardeur gedood word.
Waarom gebeur hierdie dinge? Omdat die HERE ons wil terug hê waar ons jare gelede was! Hierdie land is op die HERE se fondasie gebou sedert daardie eerste gelofte op 16 Desember 1938! Daar is plek vir almal in Suid Afrika, ongeag jou vel kleur, maar dan moet die HERE eerste gestel word!
Luister dan nou na die Stem van die HERE, Suid Afrika! Jou geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug! Keer terug na die HERE en bid! Kyk dan of Ek jou land sal genees!
So spreek die HERE van die leërskare: “Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met ‘n groot ywer; maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek ‘n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het. Daarom, so sê die HERE: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die HERE van die leërskare, en ‘n meetsnoer oor Jerusalem gespan word. My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, en die HERE sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.” (Sagaria 1:14-17)
Die HERE gaan Suid Afrika weer herstel. Die HERE se huis gaan weer opgerig word in Suid Afrika net soos voorspel is, maar die HERE gaan ons gebede nodig hê daarvoor. Daarom wil ek ‘n beroep doen op almal wat hierdie lees om te bid! Bid dat die HERE vir ons ‘n leier sal stuur, ongeag van velkleur, wat die wil van die HERE eerste gaan stel!
Bid met ywer, Kinders van die HERE! Die HERE verlang dit van ons! Prys Sy wonderlike Naam!