Jesus, gee ons die krag en die wysheid om nee te kan sê teen gewoonte sonde. Amen!
Soms gebeur dit dat ons iets so graag wil hê, maar dan sê die HERE nee. Aanvanklik dink ons die HERE ‘n fout maak. Ons wil dit dan so graag wil hê, maar dit nie kan hê nie en ons kan nie sien waarom nie. Maar die HERE het sy redes, maar ons dink nie daaraan nie.
So trek ons hardnekkig en doen dan iets buite die wil van die HERE en dan word ons uitgevang, seergemaak, emosioneel, kwaad en op ‘n dwaalspoor gelei voor ons mooi weet wat aangaan. As dit gebeur, kan jy niks vir die HERE doen nie. Nie bid nie, nie skryf nie, nie eers lees nie, want jy voel sleg en jy is emosioneel omdat jy gedink het jy weet beter as die HERE.
“Jesus ek wil nooit weer hardnekkig teen U wees nie. Dit voel vreeslik en ek hou niks daarvan nie!”
Jesus antwoord: “Dan moet jy meer versigtig luister en nie so maklik ingee en op jou eie stoom oor die weg probeer kom nie.”
“Jesus, U is reg en ek het verkeerd opgetree en toe slaan die slagyster soos weerlig agter my toe. Ek was uitgevang, seergemaak, op ‘n dwaalspoor, emosioneel en kwaad. Al wat ek kon doen was om te kla.”
Jesus antwoord: “En hier is ons nou.”
“HERE, wat moet ek doen?”
Jesus antwoord: “Om vergifnis te vra is altyd ‘n goeie begin.”
“Jesus ek is werklik jammer dat ek so ‘n bedorwe brokkie was en net my eie ding wou doen. Vergewe my asseblief en maak my slimmer, wyser en meer gewillig om my kruis te dra. Help my asseblief.”
Jesus antwoord: “Jy is vergewe, maar ek wil almal van julle waarsku om sonde te vermy sover as wat julle kan! As jy iets sien wat jou fassineer en jou van van koers af kan neem, dan is daar ‘n baie groot kans dat dit ‘n slagyster kan wees wat deur die vyand gestel was om jou te vang. Moenie dink jy kan jou nuuskierigheid in toom hou en so nie gevang word nie, want jy maak ‘n fout.”
“Julle sien, die vyand begin om jou te tempteer deur jou vlees. ‘Kyk, dis iets wat jy werklik van sal hou!’ Skielik sien jy nog meer dinge raak wat jy van hou, maar intussen ken hulle jou baie goed en het hulle baie versigtig ‘n slagyster gestel vir jou om in te trap.”
“So verskoon jy jouself, want daar is mos geen skade om net te kyk nie… en net daar het hulle jou. So begin jy om My te verwyt omdat Ek jou nie ‘n onskadelike plesiertjie wil toelaat nie.”
“Wat is dit wat jy gister aand gesê het? ‘HERE, ek werk so hand vir U en ek vra so min. Dis werklik ‘n rare gebeurtenis as ek vir iets spesiaal vra. Is dit te veel gevra?”
“Net daar het jy begin om My te verwyt… ‘HERE is dit te veel gevra?’ En nou sit jy in ‘n put van bitterheid. As jy weggebly het van temptasie sou hierdie dinge nooit gebeur het nie. Al hierdie dinge kon vermy gewees het as jy net weggebly het van temptasie. Hierdie strik is al maande gelede vir jou gestel en nou het jy daarin getrap.”
“Hoe dom dink jy is die vyand? Ek kan jou verseker hulle is nie. Hulle let op na elke gevoel en na alles wat jou in die toekoms kan laat val. Hulle bereken hierdie dinge. En jy, My geliefde Kind, het reg in die slaggat getrap!”
Ek het HERE!
“Ek ken jou en Ek weet wat jy die graagste wil hê, maar vir nou wil Ek vra dat jy dit laat gaan. Jy kan jou trane gebruik as ‘n offer vir My, weet jy? Hoe dieper jy voel, hoe beter is die offer. Ontneem jouself, tel op jou kruis en volg My. Dis so maklik.”
“My kinders, die vyand is slim; baie slimmer as wat julle dink, maar dit sal ook verby gaan. Waak teen gewoonte sonde. Moenie daar gaan as jy weet dat dit een van jou swakpunte is nie. Wees slim soos slange en sag soos duiwe. Jou teenstander is slim en as hy byt, dan is dit met dodelike gif!”
“Roep na My in jou uur van nood en Ek sal jou help.”
Dit was die einde van die boodskap. Prys die Naam van Jesus!