Vir die wat nie tot rus kan kom nie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Dankie Jesus dat u ons red, veral as ons in die moeilikheid is. Dankie vir U geduld, U goedheid en U genade. Help ons om te verstaan dat U ons nooit aan ons eie genade oorlaat nie, maar dat U ons altyd sal antwoord, selfs op maniere wat ons nie verwag nie.

Toe ek met hierdie groep begin het, het ek nie eers in my wildste drome verwag dat dit so sal groei nie. Elke week sien ek die getalle soos die HERE nog meer skape tot ons kudde byvoeg en ek kan Sy Naam nie ophou prys daarvoor nie! Dit verbaas my om te sien hoe baie daar is wat soos mense in ‘n hongersnood elke boodskap op eet. Dit laat my nederig en in prysing vir die HERE dat ek oor so baie aangestel is as die bringer van goeie nuus. Prys Sy Naam!

Vandag wil die HERE self met julle gesels.

“Vir julle wat nie tot rus kan kom nie en gedurig soek om genees te word van dit wat jou jaag, gaan vind dat jou probleme dieselfde bly; maak nie saak waarheen jy gaan nie. Dis harde werk vir My om met ‘n siel te werk wat weier om betekenis volle kontak met nader aan te knoop sodat hulle genees kan word.”

“Ander weer weier weer om mense te vertrou omdat hulle weet hoe vaal baar mense kan wees. Hulle was deur die wêreld verwerp vir hulle verhouding met My en ander het dit nie verstaan nie. Nou vermy hulle kontak met mense as ‘n algemene reël.”

“So baie dink dat as hulle hier gaan of daar, dan gaan hulle die antwoord kry, maar die antwoord is in jou, My liewe Kind. Ek is die antwoord tot alles!”

“Maak nie saak waarheen jy gaan nie; gaan jy later met die selfde probleme sit waarmee jy in die begin het. Die vyand wil jou aan die hardloop hou sodat jy nie kan groot word in die Gees en dalk genees kan word van dit wat jou pla nie.”

“Verstaan julle My rustelose volk?”

“Wanneer jy jou tent penne op ‘n bepaalde plek inslaan, dan sal Ek mense na jou toe bring wat uiteindelik baie goed vir jou gaan wees. Baie kom en gaan en dink dat die volgende groep mense die antwoord gaan wees. Dit is baie raar dat mense die antwoord is, maar soms sal Ek jou in ‘n groep plaas waar mense opreg vir jou sal bid.”

“Die grootste gedeelte van jou gesondmaking kom van daardie tye wat jy alleen saam met My spandeer. Daardie alleen tye van aanbidding is baie betekenisvol en baie genesend.”

“Hoe meer toegewyd jy is tot die verhoudings wat Ek in jou lewe gebring het; hoe meer toegewyd sal jy wees tot aanbidding; hoe meer toegewyd sal jy wees om jouself te verneder voor My en die mense en hoe groter die kans dat jy genees sal word.”

“Dis die wat nie tot rus kan kom nie wat nooit hulle volle potensiaal in die lewe sal bereik nie. Hulle wat diep geestelik is, maar nie bereid is om na die foute in hulle lewens te kyk of na die foute in hulle logika nie. Hulle vermy die wat tot voordeel vir hulle kan wees en so ook die boodskap wat anders is as wat hulle glo. Hulle soek net diegene uit wat tot voordeel vir hulle kan wees. Hulle verkies om ander te leer, maar hulle wil nie self geleer word nie. Die gevolg is dat hulle aanhou om dieselfde foute oor en oor te maak sonder dat hulle enige iets daaruit leer.”

“My Kinders: soek My eerste, soek My laaste en wees vertroud dat ek die antwoorde het wat jy soek. Ek spreek tot jou op verskillende maniere: deur musiek, My Woord en selfs ook deur Rhema kaarte. Maak vir jou ‘n Rhema kaart stelsel met teksverse wat tot jou spreek en jy sal meer as genoeg hê om jou deur die tye van droogte te help.”

“Bowenal, weet dat Ek die hele tyd saam met jou is en dat die goeie wat jy aan ander doen terug sal kom na jou toe. Dit is raar om ‘n groep te vind wat jou ‘n eerlike opinie sal gee en as jy so ‘n groep vind, moet jy vashou daaraan en die verhouding kan groei. Op hierdie manier sal jy groei en meer bereid wees om jou verdediging te laat vaar sodat Ek jou kan bereik.”

“Onderskei en maak seker dat die boodskap wat jy hoor van My af kom. As jy nie seker is nie, laat die boodskap toe om te groei en jy sal ‘n vriend hê wat foute in jou logika kan uitwys wat jy andersins sou verwerp het. As jy aanvaar word in ‘n groep en die wysheid begin vloei, los jou verdediging en let op wat ander in jou sien. Kom na My vir bevestiging en as Ek dit bevestig, aanvaar dit as medisyne wat geformuleer is vir verligting.”

“Deur dit te doen, soek jy nie wysheid van mense nie; jy deel jou lewe met iemand wat ook van My af ontvang. In tyd sal ek deur jou ook tot mense praat.”

“Maar onthou altyd: alle wysheid en genesing kom van My af deur gebed en toegewendheid. Ek sal tot jou spreek en jou genees.”

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 143 times, 1 visits today)