Die doel van vandag se boodskap is om julle toe te rus met kennis sodat julle kan weet waarna om op te let.
Satan weet dat ons tyd op aarde kort is en daarom probeer hy die proses versnel deur meer demone op aarde vry te stel as wat daar ooit voorheen was. Ongelukkig vir hom is die opposisie wat ons gebede bied meer as wat hy op gereken het en nou is hy boosaardig kwaad oor die weerstand wat teen sy planne gebied word.
Elkeen van ons loop met sade van bitterheid in ons rond en dit maak die perfekte broei grond vir satan om ons te versoek. Elke slag as ons ons humeur verloor, maak ons ‘n deur oop wat toe moes gebly het. Voortdurende woede het ‘n impak op ons lewens en ook op ons gesondheid. Wat ons egter nie weet nie is die dinamika agter dit, waar dit vandaan kom en hoe die vyand dit gebruik.
Voor ons egter vir Jesus kan vra om ons te genees, moet ons eers vergifnis doen vir ons sondes. Baie van hierdie sonde is so diep weggesteek dat ons al daarvan vergeet het en hier is waar die leiding van die Heilige Gees so belangrik is. Ons mag vir die Gees vra om ou sonde aan ons uit te wys en dit wat eerste by jou opkom daarna is waarvoor jy vergifnis moet vra. Self het ek dit al op die proef gestel en dit werk, want ek het ou sonde so opgedelf wat ek al van vergeet het, maar Jesus het nie daarvan vergeet nie! Ware genesing en bevryding kan net suksesvol wees as ons eers van die ou sonde ontslae raak. Met hierdie goed uit jou lewe uit, kan satan en sy demone jou nie meer daaroor aanval nie. Met daardie ou goed uit jou lewe uit gaan jy ook agterkom dat jy skielik beter slaap.
As ons nie van die ou sonde ontslae raak nie, dan gebruik satan en sy demone dit as ‘n broei grond vir sterker en meer doelgerigte aanvalle teen jou. Jy voel skielik geïrriteerd, gefrustreerd, bevrees en opgewen. Al hierdie dinge is demone en hulle plant hulle sade in jou. Baie gou ontkiem hierdie sade en gaan sit dit in jou hart vas. As jy nie vergifnis vra en jouself reinig nie, dan groei hierdie sade verder en affekteer dit later jou gesondheid. Dis soos gif en dit maak stadig dood. Jy word swartgallig, bombasties en onbeskof en so jaag jy die mense wat vir jou omgee weg en jy kan nie verstaan waarom nie.
Dis waarom, liewe lesers, as julle in aanraking met hierdie dinge kom, dit so belangrik is dat jy jouself moet reinig. Moenie die sade kans gee om te ontkiem of te groei nie. Hierdie goed is nie net gif vir ons liggame nie, maar ook vir ons gedagtes. Dit beland in die bloedstroom en so versprei dit baie vinnig na elke deel van jou liggaam sonder dat jy eers daarvan bewus is.
Demone is versot op slegte gedagtes, frustrasie, depressie en woede. Dit help hulle om te groei en sterker te word en iemand wat met hierdie emosies rondloop, skyn soos ‘n vuurtoring in die nag vir demone. Hierdie emosies help hulle om maklik in die liggaam nes te maak en as jy nie iets daaraan doen nie, word dit erger en so ook die gesondheid probleme wat jy ervaar. Die effek is verskillend op verskillende mense. Niemand word op dieselfde manier geaffekteer nie. Dit hang groot en deels af van hoeveel sade jy mee besmet is.
Om vergifnis te kry is eintlik baie maklik. Julle kan die volgende gebed gebruik as voorbeeld: “Heilige Gees, help my asseblief bid vir berou en verwyder hierdie sade. Asseblief, Vader, luister na my pleidooie, hoor my geroep. Help my asseblief om enige geeste van irritasie of woede of wat ook al U voel daar is, saam met die saad van bitterheid te verwyder. Verwyder almal uit my hart uit. AMEN!”
Hierdie is ‘n gebed wat op die knieë gedoen moet word, want ons vra vir verlossing, dus moet ons in die korrekte posisie wees. Jesus sal die nodige operasie doen en so die sade verwyder en dit gaan nie moeilik wees of enige littekens los nie. Laat die Heilige Gees jou lei oor wat verwyder moet word. Dis die maklikste, want ons vergeet partykeer van sekere gewoontes of satan maak ons vergeet sodat die deur oop kan bly! Onthou, die vyand is nie dom nie, maar God ken hom en Hy en die Heilige Gees weet hoe om met die vyand te werk!
‘n Skoonmaak gebed soos dit is nie iets wat net eenmaal gedoen moet word en dan is alles reg nie. Doen dit so gereeld as wat nodig; twee keer per dag as dit nodig is, maar onthou dat jy skoon moet wees van sonde voor jy voor Jesus verskyn. Jy moet eers vergifnis vra vir jou sonde voor enige genesing kan plaasvind. Dis die sleutel.
Ek weet ek herhaal myself, maar daar is ‘n orde wat baie belangrik is om te volg, want baie mense het dit al probeer en dan werk dit nie, want hulle kom tot God die Vader sonder dat hulle sondes vergewe is. Jy kan nie Jesus vra om die sade van bitterheid uit jou lewe te haal en jou te genees as daar sonde in hou lewe is nie. Dan gaan jy geen sukses behaal nie. Sorg eers dat jy kant skoon is.
Dis ook uiters belangrik dat ons ingestel moet wees op Jesus en nie op die wêreld nie. Moenie dat jou aandag verdeel word nie of weggelei word nie. Baie van ons fokus op goed waaraan ons niks kan doen nie, maar wanneer ons stil raak en dinge stadiger begin vat, dan kan jy jouself inskakel op die fyner golflengtes en dit op hierdie fyner golflengtes waar Jesus se stem is en jy kan leer wat Sy wil is. Dis die spirituele sy van die lewe waar die engele en demone is en ook waar ons onderskeiding vandaan kom.
Baie mense dink dat Kinders van Jesus nie vervloek kan word nie of dat vloeke geen uitwerking op hulle het nie. Dis nie heeltemal waar nie, want vloeke kan op jou land, maar hulle het geen effek op jou nie, omdat hulle het iets nodig het om te aktiveer. So lê en wag hulle vir ‘n opening terwyl jy nie eers weet van die vloek nie. Die aktivering meganisme kan enige iets wees, van iets wat jou ontstel by die werk tot wat ook al jou humeur laat opvlam. Baie vinnig gaan jou gemoed van ontsteld tot uiterste woede tot wanhoop. Jy gaan deur ‘n hele reeks van emosies terwyl jy dink dat jy maar net ontsteld is oor iets. Jy dink nooit daaraan dat jy met ‘n vloek te doen het nie en daarom raak jy nie daarvan ontslae nie en so laat jy toe dat dit jou verder vergiftig.
Kom ons vat die vloek van verwoesting, wanhoop en hartseer. Jy kry slegte nuus en aanvanklik is jy ‘n bietjie hartseer. So word jy gepaai en oor die loop van ‘n dag vat hy jou van die een uiterste na die volgende en voor jy dit besef is jy absoluut verpletter! Jy hart lê in stukke! Jy sien vir niks kans nie en jy gee nie meer ‘n flenter vir enige iets of enige iemand om nie. Demone is baie slim en hulle ken ons baie goed. Hulle weet presies wat ons gaan afsit en wat nie en hoe om ons op watter manier te versoek.
Ons almal het emosies en ons harte voel gebroke van tyd tot tyd en dis die geleenthede waarvoor hulle wag. Ons besef nie wat dit is wat besig is om met ons te gebeur nie en daarom raak ons nie van die vloek of die demon wat daarmee saamkom ontslae nie. So los ons ‘n deur oop en so kom satan ons weer later op dieselfde manier by. Vir hom is dit ‘n oorlog taktiek en ons besef nie dat ons in ‘n oorlog betrokke is nie en daarom is ons maklike prooi.
Elke demoon het sy spesialiteit gebied wat met ‘n bepaalde emosie saamgaan. Jy kry demone van verwoesting en demone van swakheid en elkeen het sy spesialis gebied. Kom ons vat swakheid as ‘n voorbeeld. Die oomblik wat jy swakheid begin voel, dan spring die demoon van swakheid op, want die deur is oop. Hulle is oneindig geduldige en sal lank wag tot ‘n bepaalde emosie sy opwagting maak en dan het hulle al die vryheid wat hulle wil hê, sonder dat jy besef wat aangaan. Raak jy van die demoon ontslae, maar jy spreek nie die vloek aan nie, bly dit agter en word jy later weer versoek. Elke vloek het ‘n demoon. Jy kan dus nie van die een ontslae raak sonder die ander een nie. Die enigste manier is om Jesus te vra om beide te breek en te verban.
Ek weet hierdie klink uiters ingewikkeld, maar Jesus wil hê dat ons moet verstaan hoe demone werk sodat ons meer opgewasse is om daarmee te kan deel. As Christene word ons op allerhande maniere aangeval sonder dat ons verstaan wat dit is.
‘n Slim man het eenslag gesê dat dit wys is om jou vyand te bestudeer en dis presies wat ons nou doen! Miskien kan julle nou verstaan waarom dit belangrik is dat ons skoon moet wees as ons voor Jesus verskyn. Hierdie werke van satan kan net verslaan word as jy skoon is, want Jesus kan net opereer in ‘n skoon liggaam.
Ek vra dus dat Jesus vir julle sal help om hierdie inligting te kan verstaan sodat julle dit sal kan toepas.
Mag die HERE hierdie boodskap seën!