Ons verhouding met Jesus

Jesus het vir my ‘n boodskap gegee om vir julle te bring en julle moet dit mooi lees, want Jesus wil hê dat julle elkeen dit moet verstaan.

Daar bestaan ‘n wan konsepsie onder die Kinders van God dat as jy gered is, dan sal jy outomaties geneem word in die wegraping… Ek weet nie waar hierdie ding vandaan kom nie, want dis nie wat Jesus vir ons sê in Mattheus 25 nie! Ek gaan nou nie die hele gedeelte hier behandel nie, maar net die kern gedeeltes wat belangrik is om te verstaan.

Jesus begin deur vir ons te sê dat daar tien maagde was; tien wat tot bekering gekom het, maar dat net vyf van hulle genoeg olie saam met hulle gehad het vir die lang nagwaak. Baie Kinders van die HERE kom tot bekering, en vir ‘n tyd is hulle soos die saad wat op rotsagtige plekke en tussen die dorings geval het. Hulle kom vinnig op en hulle groei vir Jesus, maar dan kom satan en steel wat in hulle harte is of die bekommernisse van die lewe verstrengel dit wat in hulle harte geplant is. Let op, dat hulle nog steeds Kinders van God is, maar hulle leef nie meer vir God nie, maar vir die wêreld. Hulle olie het opgedroog…

Die belangrikste deel van tot bekering kom is dat ons afstand moet doen van sonde. Maklik is dit nie, maar onthou dat elke poging wat jy aanwend om heilig te lewe, meer tel as wat jy dink; selfs al vaal jy! Met elke poging leer jy vir Jesus ken, want jy vra vir vergifnis en Jesus verbind jou wonde en herstel jou sodat jy weer kan probeer.

Selfs al vaal jy ‘n duisend keer en selfs al vertel satan vir jou jy is die slegste Christen wat daar bestaan, bly daardie verhouding met Jesus in plek! Jesus sal iemand wat probeer nooit verwerp nie. Jesus self sê so in Mattheus 12:20 “‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.” Waarom nie? Omdat jy aanhou probeer, ten spyte van jou swakheid en satan se volle mag teen jou; dis waarom! Dis hoe ons vir Jesus leer ken en dis hoe ons ons lampies vol hou van die Olie van die Gees! Ons bid, ons vra vergifnis vir ons oortredinge en ons gesels met Jesus. Ons hele lewe word een groot getuienis tot die goeie wat God die Vader in ons geplant het! AMEN!

Nou gaan ons terug na die tien maagde: Jesus sê dat toe die middernag kom het vyf van die maagde agtergekom dat hulle nie genoeg olie het nie en hulle het vir die ander gevra om hulp. Al gewonder waarom die vyf wat olie gehad het dit nie met hulle wat nie gehad het nie gedeel het nie? Omdat jy nie die verhouding wat jy met Jesus het nie met iemand anders kan deel nie. Die ondervinding is uniek aan elkeen van ons en daardie ondervinding kan nie gedeel word met iemand anders nie.

Jesus sê vir ons dat terwyl die wat nie olie gehad het nie weg was, het die Bruidegom gekom en die wat gereed was het saam met Hom ingegaan en die deur is gesluit. Later het die wat intussen gereed gemaak het en daarmee saam genoeg olie gehad het by die deur kom, kon hulle nie ingaan nie. Hulle het gesmeek, maar Jesus het geantwoord: “Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.” (Mattheus 25:12)

Nou verstaan julle sekerlik waarom nie almal wat tot bekering gekom het in die wegraping geen gaan word nie. Daardie persoonlike verhouding wat ons met Jesus opbou soos ons heiligmaking nastreef is van kritiese belang! Dis hoe ons Jesus leer ken en hoe Hy ons leer ken. Ons groei deur ons verhouding met Jesus. Jesus sê tog immers in Sy Woord dat Hy die wynstok is en ons die lote en dat ons sonder Hom niks kan doen nie. (Johannes 15:4)

Daarom, liewe leser, bou jou verhouding met Jesus terwyl jy nog die tyd het, want ons weet nie hoeveel tyd ons nog het nie. As jy gebed altaar in stukke lê en die klippe daarvan is verstrooi, gaan te hulle op en bou daardie altaar weer! Om geneem te kan word in die wegraping gaan Jesus jou moet ken en jy gaan Hom moet ken en dit gaan jy net reg kry as jy bid en aanhou bid! Heiligmaking is van uiterste belang! Moenie hierdie goed nalaat en so met jou ewigheid speel nie. Dis nie die moeite werd nie; glo my!

Mag Jesus hierdie boodskap aan almal wat dit lees se harte seën! Prys Sy Wonderlike Naam!

(Visited 170 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .