Hoe om ‘n besmette Kersfees te voorkom

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Heer Jesus, hou ons asseblief in U vrede en weg van die besmetting van die wêreld, want daar is baie versoeking. Amen.

Lesers, ek moet eerlik wees: ek was die laaste ruk taamlik weggetrek van die HERE af. Julle sien, die oomblik wat jy begin wandel in die wêreld, maak nie saak vir hoe kort ‘n rukkie nie, dan verloor jy daardie soet geestelike lagie wat die HERE oor elkeen van ons gesit het. Dis omdat die wêreld daardie lagie van jou afskuur hoe langer jy in die wêreld spandeer. Jy sal ook vind dat hoe langer jy daar is, hoe meer meer verloor jy jou geestelike rigting.

Die wyse onder ons sal die nes verlaat as daar geen ander keuse is nie, maar sal weer dadelik terugkeer as dit wat gedoen moes word gedoen is.

Jesus sê: “Julle bly langer in die wêreld as wat nodig is omdat daar so baie dinge is wat julle aandag aflei. Dis mooi babas, katjies, versierings, stories… dis so verleidend!”

“Jy weet dit en jy probeer om by dit verby te kyk, maar jy kan nie, want dit sink in en so kom jy weer en weer terug! Dis beter om eerder te bid vir jou beskerming vir die tyd wat jy in die wêreld moet spandeer. Die Internet het dieselfde invloed op julle. Dis sielkundige aftakeling op sy beste!”

“Julle besef dit natuurlik nie, maar julle siele word daaraan blootgestel. Die wêreld is veronderstel om julle te dien, maar julle verloor julle rigting terwyl julle daar is en so word jy bedwelmd deur dit waaraan jy blootgestel word. Jy vergeet waarom jy daar is en so verloor jy daardie soet geestelike lagie wat Ek op elkeen van julle gesit het.”

“Maak julle is nou hier en dit maak My so bly as julle by My is en weer bewus is van My teenwoordigheid in julle lewens! Die geheim is om in My te bly en nie in die begeerlikhede van die wêreld nie.”

Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. (Johannes 15:4)

“Bid vir beskerming elke slag as julle in die wêreld in moet gaan. Ek het engele in plek wat maar net te gretig is om te help.”

“Hierdie is die tyd van die jaar is die vyand baie besig is met versoekings. Dit maak dat mense in die wêreld ingaan en net koop soos ‘n haai wat bloed geruik het. Na ‘n rukkie is daar geen gewete meer oor nie. Dis net koop, koop, koop! Waarsku diegene dat daar ‘n massiewe aanval teen die beplan word wat net na die vleeslike omsien. Dis beter om te gee as om te ontvang en dis beter om uit te deel as om te versamel.”

“Asseblief, My Kinders! Julle behoort aan My; nie die wêreld nie!”

“Hou vas aan My. Vind julle plesier daarin om by My te wees. Verbied die wêreld met sy leë beloftes. Hierdie is ‘n oorlog wat in julle gedagtes gefokus is en die vyand doen sy beste om die mense se aandag weg te lei na persoonlike voordeel, gierigheid en materialisme. Julle is onder niemand se invloed tensy julle kies om daar te wees nie. Die vyand is besig om pyle amper sonder ophou op julle af te vuur.”

“My geliefde Kinders, nou dat julle bewus is van die vyand se planne, moenie geld onnodig spandeer nie. Moenie onnodige skuld aangaan nie. Jy het ‘n baie werklike vyand wat besig is om jou aan te hits om meer te wil spandeer as wat jy kan bekostig.”

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. (Jakobus 4:7)

“Deur hiervan bewus te wees, kan jy meer bewus wees van wat jy werklik nodig het en daarom sal jy nie meer geld spandeer as wat jy tot jou beskikking het nie. Moet asseblief nie My geboorte vier as ‘n materialistiese affêre nie. Eer My as die middelpunt van Kersfees en leer jou kinders deur die regte voorbeeld te stel. Sit versierings op as jy wil , maar hou dit eenvoudig. Hierdie is die tyd wat jou Kinders gaan onthou as hulle ouer is.”

Dit was die einde van die boodskap. Mag die HERE julle seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk