Heer, Jesus, U liefde is soveel meer intens as wat enige een van ons ooit sal verstaan. Maak asseblief ons harte oop om te verstaan wat dit is wat U ons so graag wil gee. Amen.
Geliefde lesers, julle weet hoe dit voel om op te staan as jy geval het. Jy probeer jouself van die HERE distansieer omdat jy sleg voel oor jou oortredings. Dis egter nie wat die HERE wil hê nie. Hy wil juis die teenoorgestelde hê en dit is dat ons na Hom toe moet hardloop as ons struikel en val. Hardloop na Hom toe sodat Hy ons kan omhels in vergifnis en liefde.
Soos julle weet word jou aandag afgelei as jy na die hope vuil sonde in jou lewe kyk. Dit laat ‘n gevoel van veroordeling in jou lewe en dan wil jy nie dadelik by die HERE wees nie omdat jy vuil voel.
Daar is hierdie liedjie van Michael W. Smith; ‘n Amerikaanse Christen sanger met die naam van “You belong to me”. Ek gaan nie eers probeer om die liedjie te vertaal nie. Die lirieke is as volg:
I knew you were the one My heart was overcome The day I looked into your eyes The feeling so surreal Like time was standing still When you said you would be mine Oh, you are a miracle You're sweeter than I've ever dreamed You're so much more than beautiful How can it be that you belong to me?
Julle kan na die liedjie gaan luister op YouTube deur op die skakel hierna te kliek. https://youtu.be/9H4ubwENeeo
Stel nou voor die HERE sing daardie liedjie vir jou. Nee, dis nie jou verbeelding nie. Dis werklik hoe Jesus oor jou voel… Jy is soveel meer as net mooi! Die dag toe jy gesê het dat jy Syne wil wees het Jesus gedink die tyd staan stil. Hoe kan dit wees dat jy Hom gekies het?
Die van julle wat nog altyd gewonder het hoe diep die HERE se liefde vir ons is, sal nou beter verstaan. Waar is daardie vuilis hope van sonde nou? Dink jy nog steeds jou oortredinge is vir die HERE ‘n struikelblok? Natuurlik nie, want die HERE is lief vir jou net soos jy is!
Dink jy dat Jesus vir jou sal jok of jou ego sal streel? Dink jy die HERE het bymotiewe in Sy hart of dat Hy jou miskien manipuleer? Nee, natuurlik nie, maar Hy weet hoe om met ons te praat en hoe om ons aandag te kry en hierdie is een manier!
Dis nie nodig vir jou om terug te keer na die vuilishope van sonde in jou lewe nie! Jy is soveel meer werd as dit en dit pas jou glad nie. Ons almal voel op een of ander stadium laag in ons lewens en dis dan dat ons gryp na die sekuriteit van die verlede; veral as die geestelike lewe vir jou te veel word en jy voel jy is besig om te gly. Dan begin jou oë dwaal na dit wat vir jou bekend was, veral na wêreldse dinge en geldelike besittings.
Satan maak van hierdie onsekerheid in jou lewe gebruik om jou onder te kry, maar wêreldse dinge is net nooit genoeg nie. Ons dink altyd as ons net dit of dat kan hê, dan sal dit genoeg wees, maar as jy daar kom, dan is daar weer iets ander wat meer blink is… Dan vind jy dat dit net nooit genoeg is nie.
Dit is ‘n geestelike oorlog wat teen jou gevoer word en dis nie so maklik onderskeibaar soos die normale verleidings van satan nie. Dis gemeen en ek gebruik die woord “gemeen” doelbewus, want satan doen dit met jou ondergang in gedagte. Dit lyk so onskuldig in die begin, maar agter alles skuil ‘n monster wat daarop uit is om jou en al die goeie werke wat jy doen, te vernietig!
Sodra iemand ‘n verandering maak om die HERE te wil volg en ander deur sy optrede beïnvloed om ook die HERE te volg, dan begin die vyand om planne te maak teen jou sodat jy nie jou volle potensiaal bereik nie. As jou hart egter vir die HERE is, dan kry satan net een ding reg en dit is om jou op te lei in geestelike oorlogvoering en sodat jy ander kan leer om dieselfde strikke te vermy!
Ons kyk gereeld na ander Christene as super sterre omdat hulle in soveel geloof wandel, maar dis nie die HERE se standaard nie. Dit gaan oor nederigheid; harte wat een is met Hom en swaarkry is deel daarvan. Neem jou kruis op en volg die HERE, maak nie saak hoe seer dit maak nie… Dis wat fout is met baie kerke vandag omdat hierdie kern aspek nie geadresseer word nie en ook nie aan die mense geleer word nie.
So baie word gedoen vir die skyn en om deur die mense gesien te word, maar werklike heiligheid gaan jy nie op die heuwels kry waar die son die helderste skyn nie. Jy gaan dit baie diep weggesteek vind en jy gaan baie laag moet buk om dit te vind.
Moenie die wat in die oog van die publiek wandel vereer nie. Dit kwalifiseer jou nie om ‘n vriend van die HERE en Sy Bruid te wees nie. Net ‘n heilige leefstyl gaan dit verseker. Moet jou ook nie kwel oor wie hiervoor kwalifiseer en wie nie. Die HERE se weë is baie hoër as ons s’n en die nie belangrik vir jou om te weet wie kwalifiseer en wie nie. Wees eerder tevrede moet jou lae stand in die lewe en beskerm dit.
“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” (Mattheus 5:3)
‘n Werklike geestelike leefstyl is in direkte teenstryd teen die wêreld. As jy aan die HERE behoort, dan is dit nodig dat jy die wêreld met sy vals waarde sisteem agter jou sit. Dit is geestelike skoonheid!
“Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.” (Romeine 6:3-4)
Wanneer jy dus in die HERE se dood gedoop is, dan lyk jy soveel anders as die wêreld. Dis nie te sê dat die wat arm is op welke manier heilig is nie. Dis wanneer jy afstand neem van jou persoonlike begeertes om uit elke situasie te wil voordeel trek wat jou vry maak. Omdat die HERE jou geroep het om Sy Bruid te wees, het Hy jou geroep tot uitsonderlike kleinheid.
Die HERE ken jou armoede en jou fisiese swakheid, maar as jy toe laat dat die HERE in jou werk, dan sal jy alles hê wat jy nodig het. Jy is die laaste in die huis en jy kies ook altyd ‘n plek heel agter. Hou aan om dit te doen, want dis die regte houding om te hê. Wees getrou hierin, want hoe kleiner jy is, hoe kosbaarder is jy vir die HERE!
Jy is so ongelooflik mooi vir die HERE. Die feit dat jy val is maar net ‘n teken van jou menslikheid. Moenie jouself slaan as jy val nie. Staan eerder op; hou aan met loop en wees tevrede met jou kleinheid. Jy is sonder ‘n greintjie van twyfel kosbaar vir die HERE!
Jesus sê: “My Kinders, as julle wegbreek van die wêreld en julle lewens sonder voorbehoud aan My toevertrou, dan stort Ek inderdaad trane van blydskap en sing Ek ‘Hoe kan dit wes dat jy aan My behoort?’”
Prys die ongelooflike wonderlike Naam van Jesus!