HEER, U is die geneesheer en U weë is altyd perfek. Ek wil vra dat dat U ons die gawe van vertroue gee sodat ons ons lewens totaal in u hande sal kan plaas. Amen!
Hoe baie keer wil ons nie ons naasbestaandes help nie en hier kan ek van persoonlike ondervinding praat! Party mense kan ‘n handvol wees: baie mooi en kalm buite om, maar binne in is dit ‘n warrel wind van selfbejammering wat deur die kalmte bedek word. Hulle is soos ‘n draaikolk en as jy nie versigtig is nie; alles uit jou sal uit suig en die vrede in enige huis ernstig kan belemmer.
Hoe graag wil die HERE hierdie mense nie help nie, maar vir dit om te kan gebeur moet die HERE die middelpunt van hulle lewens wees. Hulle hou hulle lewens styf vas; beskermend van enige indringing. Dis waarom hulle so ‘n warrel wind van selfbejammering is, omdat hulle nie wil prys gee wat hulle beskou as hulle enigste beskerming nie. Is die lewe nie interessant nie?
Wat kan ons doen as ons met so iemand kennis maak? Wees lief vir hulle met alles wat jy het, maar moenie toelaat dat hulle jou in hulle realiteit intrek nie. Ja, dit kan hoogs ontstellend wees, veral as jy iemand is wat mense graag wil help.
Elkeen van ons was ook op ‘n stadium van ons lewens so gewees: doelloos en deur ons emosies aangevuur, maar ons was bereid om ons eie sondige bestaan in die oë te kyk. Ons was bereid dat die HERE ons sondes aan ons kon wys en ons was bereid om die HERE in ons lewens toe te laat sodat Hy kan doen wat nodig was. Met ander woorde, die HERE het totale beheer oor ons lewens.
In hulle geval, is hulle nog nie daar nie. Hulle is nie bereid om die die omvang van die wanorde in hulle lewes te erken en dat hulle hulp nodig het nie. Dis waarom hierdie draaikolk binne in hulle is en dit gaan saam met hulle, waar hulle ook al heen gaan.
Liewe Kind van die HERE: vir die HERE om te kan werk in ons lewens, moet jy bereid wees om beheer aan Hom oor te gee. Die HERE kan niks doen as jy nie bereid is om vrye teuels aan die HERE te gee nie. Hierdie feit word onderstreep in Mattheus 16:25: “Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.”
Wat meer kan ‘n mens sê?
Jesus gaan voort: “My Kinders, julle gaan siele langs julle lewenspad ontmoet wat in voortdurende verwarring en chaos leef. Hulle lewens voer hulle van een krisis na die ander en dit bring geweldige wanorde in hulle eie lewens. Hulle kan baie mooi en liefdevol aan die buitekant wees, maar binne is hulle gevange in ‘n draaiende draaikolk van probleme waaruit hulle nooit blyk te kom nie.”
“Die probleem is gewilligheid. Hulle kan hulle lewens aan My oorgee en so werklik weer gebore word; of hulle kan niemand vertrou nie en vasklou aan dit wat hulle het om lewe en dood. Julle moet verstaan dat My hart bloei vir hierdie mense en dat Ek rou vir elke geleentheid wat gemis word om hulle te help. Ek wil hulle so graag help, maar dan moet hulle bereid wees om te laat gaan. Ongelukkig is hulle nie bereid nie. Hierdie is diegene wat nooit sien wat hulle kon gewees het en hoe baie die vyand van hulle steel nie omdat hulle lewens ‘n voortdurende draaikolk van probleme en verdedigende denke is.”
“Baie van julle kom uit so ‘n agtergrond, maar julle was bereid om julleself aan My te gee en nou is julle nuwe skepsels. Julle was bereid om totale beheer aan My oor te gee. Elkeen van julle is geskape om anders te wees en dit is deur daardie verskille dat ek julle gereed maak vir die Hemel.”
“Wat Ek hulle kan bied is so ‘n bedreiging vir hulle stelsel van verdediging dat hulle gedurig van My af weghardloop. Ek voel niks anders as jammerte vir hierdie siele nie, veral vir die wanorde wat hulle in ander se lewens veroorsaak. Natuurlik sien hulle nie die chaos wat hulle veroorsaak nie, want hulle emosies is opgesluit in ‘n draaikolk van self verdediging en beheptheid met hulle self wat net terugkaats wat hulle graag self wil sien.”
“My liewe Kinders; tensy julle bereid is om julle lewens aan My oor te gee, sal julle dit verloor. Ek bedoel nou nie deur die dood nie, maar deur die feit dat jy jou aardse roeping nooit sal voltooi nie. Tensy jy bereid is om totale beheer aan My oor te gee, gaan dit wat jou beheer, jou beheer vir die die res van jou lewe.”
Ek wil hier graag byvoeg dat ek self groot opofferinge vir die HERE gemaak het, maar vandag weet ek dat as ek daardie opofferinge nie gemaak het nie, sou ek nooit met Suider Kruis begin het nie en sou ek nie hierdie boodskappe vir julle kon gebring het nie. Ons sien nie altyd wat die uitkoms van ons opoffering is nie, maar weet dit dat daar altyd iets goed uit sal kom. Ek weet byvoorbeeld glad nie hoeveel siele gered is deur my boodskappe of hoeveel mense ek op die regte pad gehelp het nie, maar ek weet dat dit wat ek doen vir die HERE van onskatbare waarde is en dat my beloning vir my wag!
Die opofferinge wat ons baie keer moet maak, mag miskien lyk asof dit onregverdig en onmoontlik is om te doen, maar dit is glad nie so nie. As jy eers daardie opofferinge gemaak het en jy begin terug kyk na hoeveel mense jy gehelp het en hoe jou lewe verander het, dan besef jy waarom dit nodig was om daardie opoffering te maak.
Ek wil graag afsluit deur vir julle wat voor die keuse staan om veranderings te maak te bid. Mag die HERE julle die krag gee om te verander wat julle kan, te aanvaar wat jy nie kan verander nie en die wysheid om die verskil te ken!
Prys die Naam van die HERE!