Oorkom afleiding en ontmoediging

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

My HEER, ons het u nodig om te oorleef in hierdie wêreld en om te kan doen waarvoor ons gestuur is. Die vyand is te slim en ons is te swak. Gee ons asseblief die krag wat ons nodig het om te kan sien wanneer ons aangeval word en die krag om te kan uitroep om hulp. Amen!

Hoe lief is die vyand nie om sy gemors op ons te stort as ons slaap nie. As jy dan wakker word, dan voel dit of jy twee meter diep in ‘n hoop van gemors begrawe is. Jy voel moeg, uitgewas en net mooi lus vir niks nie. Alles wat jy daarna aanpak is ‘n krisis omdat jy nie behoorlik kan konsentreer nie. Dan is jy sommer kwaad vir almal en alles en jy weet nie waarom nie!

Wat ‘n manier om jou dag te begin! Maar weet dit, liewe leser, Jesus het jou trane gesien en dit het aanklank by die die Vader gevind. Die Vader voel baie jammer vir jou, liewe kind van die HERE.

Hierdie is ‘n wêreld wye aanval op alle Christene op hierdie oomblik regdeur die wêreld. Jy is dus baklei dus nie alleen nie. Ons word baie keer goed swart gesmeer deur die gedagtes en die gebede van die bose mense. Jou gees voel die gewig van dit wat op hom gelaai word en dis waarom jy so neerslagtig word. Dis dan nodig dat ons na die HERE gaan in gebed en vra dat Hy ons ongeregtighede weg was en dat Hy ons reinig van ons sondes. As jy so vra om gereinig te word, dan sal jy dadelik beter voel.

Julle sien, as jy nie vra om gereinig te word nie, sal die vyand aanhou om moedeloosheid op jou te laai tot jy dit nie meer kan dra nie en dan opgee. Die vyand gaan altyd probeer om van jou te steel. Aanvalklik gaan dit lyk soos ‘n onoorkombare berg, maar wees geduldig, prioritiseer jou gedagtes en jy sal oorkom.

Met baie van julle word hierdie proses bemoeilik deur julle perfeksionistiese geaardheid. As alles nie perfek is nie, dan is julle hewig ontsteld. Hierdie kan geklassifiseer word as kompulsiewe gedrag. Die HERE wil julle nie ontmoedig nie, maar julle sal moet leer om te laat gaan en by die HERE se voete te bly.

Wees asseblief bedag daarop, want die vyand gebruik hierdie taktiek om jou van Hom af weg te lok op die voorwendsel dat jy nog net een ding oor het om te doen. Die vyand lok jou dan weg op die voorwendsel dat dit wat jy nog het om te doen vir jou plesier gaan skep, maar dis ‘n leun!

Baie van julle boots julle ouers se stemme na en sê dan vir jouself dat jy kan speel nadat jy met jou werk klaar is. Dis waar dat dit op die meeste mense werk, maar die HERE sê vir jou dat jy ‘n PLIG het! ‘n Plig teenoor Hom en Hy kom eerste! Jou PLIG is om die HERE jou GOD lief te hê met jou hele hart, jou hele verstand, jou hele siel en daarmee saam jou naaste soos jouself. Moet dus nie jou gebed tyd of jou bybelstudie tyd afskeep en dit terwille van wêreldse plig nie. As jy op die regte pad is, dan sal satan vir jou probeer oortuig dat jy jou bybelstudie moet doen na jou werk afgehandel is en dat jy jou wêreldse plig meer gaan geniet. LEUENS! Hoe skelm is hy nie!

Om met mense oor die HERE te gesels, hulle aan te help met bemoedigende woorde, die wat siek is te besoek en te sit en luister; basies enige iets wat kan oordra hoe lief die HERE hulle het, tel! En dit kom NIE na jou aardse pligte nie! Kyk net hoe lieg satan vir jou. Hy het dit wat jy van hou om te doen gevat en ‘n verbode bordjie daaroor gehang totdat jou aardse plig afgehandel was!

Die vyand weet maar net te doen hoe om jou skuldgevoelens teen jou te gebruik! Dis hoe hy jou sover kry om op te hou om die HERE te dien met jou hele hart, hele verstand en al jou krag, want aan die einde van die dag is jy so moeg van jou aardse verpligtinge eerste doen, dat die HERE tevrede moet wees met die bietjie wat jy oor het! So steel satan die meeste van jou dag en los hy net ‘n bietjie oor waarmee jy die HERE kan dien en dan wonder ons waarom ons nie geseën kan word nie…

So steel en manipuleer satan jou om nie te doen waarvoor jy gebore was om te doen nie en gebruik hy jou goeie intensies teen jou. Hy gebruik hierdie eeue oue taktiek al vir jare om mense mee te manipuleer en hy is baie suksesvol daarin!

Onthou julle die storie van Martha en Maria in Lukas 10:38–42? Daardie stukkie is in die Bybel opgeneem sodat die HERE aan ons kan wys hoe die vyand sy tegniek op ons gebruik! Hoeveel van julle het die kant van Marta gekies? Daar was baie mense in die huis en Martha het seker baie gehad om te doen, maar daar was genoeg mense om te help, maar sy wou dit graag perfek gehad het. Martha kon soos Maria by Jesus se voete gaan sit het, maar omdat sy obsessief was en perfeksionisties van geaardheid, het satan haar oortuig dat sy eers alles perfek moet doen vir die HERE, voor sy by sy voete kon gaan sit.

Nou dat julle ‘n praktiese voorbeeld het van hoe die vyand werk, sal julle weet hoe om die slaggat te vermy. Die HERE seën, jou liewe Kind van die HERE. Hy seën jou om deur die valsheid van die vyand kan sien. Die HERE seën jou om te kan optree en satan in sy plek te kan sit terwyl jy fokus om te doen wat die HERE jou geroep het om te doen.

(Visited 60 times, 1 visits today)