Ek is seker hierdie is ‘n vraag wat al by u opgekom het. Nou kom ek antwoord hierdie vraag vir u!
Met so baie gelowe wat deesdae beskikbaar is: Apostel Geloof, Apostoliese Geloof, Pinkster Geloof, Mormoonse Geloof, Moslem geloof, Jehova Getuies en nog baie meer; wonder mens watter nou eintlik die regte geloof is om te volg.
Die vereistes wat ‘n geloof aan moet voldoen is as volg:
Daar moet glo aan die Bybel as die woord van God en daar moet verkondig wat daarin staan.
Dit beteken dat die HELE Bybel moet verkondig moet word en nie net gedeeltes daarvan nie. Party gelowe gaan sovêr om hulle eie verklarende weergawes van die Bybel te skryf. Ander sê vir hulle lede dat die Bybel nie korrek is nie omdat dat al so baie vertaal / verander was. Party gelowe verkondig weer net dit wat op hulle van toepassing is. Die res word nooit aan geraak nie. Ander weer sal beweer dat die woord van die priester, leraar, leier van die gemeente belangriker is as dit wat in die Bybel staan of dat hy/sy die werklike betekenis ken.
Daar moet geglo word dat Jesus Christus die Verlosser is wat ons sonde gesterf het.
Jesus sê in Johannes 14:6: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Hierdie woorde beteken presies wat daar staan. As jy nie glo in Jesus Christus nie, kan jy nie hemel toe gaan nie. Hierdie is die een kardinale waarheid ongeag wat ‘n priester, leraar, leier van die gemeente vir u sê of wil hê u moet glo. Geen mate van self regverdiging of deur ‘n goeie lewe te lei gaan u help om Hemel toe te gaan nie, want ons het ALMAL gesondig. (Romeine 3:23 “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,”) Sonde verwyder ons van God en die Hemel. Die enigste pad Hemel toe is die een wat lei deur die verlossing wat deur Jesus daar gestel is. Daar is geen ander weg nie.
As u geloof nie hierdie twee waarhede verkondig nie, dan is u in die verkeerde kerk en u siel in gevaar… Spreuke 16:25 sê “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” Geen mens op aarde kan vir u die saligheid belowe nie en niemand kan u nadat u gesterf het in die hemel laat opneem nie. As die priester, leraar, leier van u gemeente beweer dat hy/sy dit kan doen, dan moet u hardloop sonder omkyk!
U het die keuse in u hande en dis nog nie te laat nie! Romeine 3:22 en 24 sê: “[22] …deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; [24] en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.” Deur jou hart vir die Here te gee en Hom as Saligmaker aan te neem, kan enige iemand gered word, ongeag wie jy is of wat jy gedoen het. Die prys vir ons sonde is reeds op Golgota betaal. U moet net glo!
Prys die HERE vir hierdie boodskap!