Hou jou oë op Jesus

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Ek wil begin met ‘n waarskuwing en dit is dat julle baie versigtig moet wees. Ons tyd is so baie min. Satan loop rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy kan verslind!

Satan se aanval is spesifiek gemik op ons, die Bruid van Jesus en hy gaan alles in sy vermoë probeer om ons te laat struikel. Hou jou oë op die HERE en moenie afdwaal nie, asseblief! Satan gaan onder uit sy maag uit lag, want elke kind van God wat hy terug kan hou is een meer waarmee hy die spot kan dryf en wat sy volgelinge kan vervolg gedurende die verdrukking! Mense, groot asseblief! Let op en kyk!

As een van die HERE se Bruid kinders, is jy vir satan ‘n baie groot bedreiging! Jy kan nie ‘n Kind van die HERE wees en nie skade aan satan se koningryk op aarde aanrig nie! Ons gaan nou die Kerstyd binne en dis so maklik om op ‘n dwaal spoor te kom, want ons dink aan allerhande goed: waar ek gaan vakansie hou, vriende wat ek gaan sien, Kersgeskenke wat gekoop moet word. Sien julle wat ek bedoel? Nou is die tyd wat jy ekstra versigtig moet wees om daardie bruilofskleed skoon te hou. Vermy die sonde, want satan gaan probeer en hy gaan dit baie maklik maak vir jou. Hou jou oë op die HERE as jy nie seker is nie.

Dan wil ek julle vra om asseblief alles gereed te kry. Niemand van ons weet wanneer die tyd gaan kom nie, maar ek weet dat dit nie meer lank is nie. Maak dinge met mense wat jou te na gekom het reg. Wees die minste en vra onverskoning, selfs al is die nie jou skuld nie. Om Hemel toe te gaan met skuld gevoelens is die laaste ding wat ons behoort te doen.

Skryf ‘n brief en los dit waar dit maklik gevind kan word. Geskrewe woord of selfs getik is die beste, want selfs al is daar nie krag nie of self nie ‘n Internet verbinding nie, kan ‘n brief nog steeds gelees word. ‘n Testament van een of ander aard sal keer dat daar later baklei word oor jou aarde eiendom. Indien die testament by ‘n bank of prokureur is; noem dit dan in die brief.

Moet asseblief nie die brief met ‘n neerhalende ek-het-julle-mos-gesê houding skryf nie. Onthou dat die wat gaan agterbly, teen die grond platgeslaan gaan wees. Hulle hele wêreld het met ‘n groot geraas in duie gestort! Party gaan presies weet wat gebeur het en dat dit as gevolg van hulle eie toedoen is dat hulle hier is. ‘n Aanvallende ek-het-julle-mos-gesê houding gaan hulle net nog verder van die HERE af wegdryf reg in die arms van satan in.

Wees vriendelik en hoopvol. Laat hulle weet dat die HERE nog steeds met hulle is en vir hulle baie lief is, maar belangriker, dat redding van siele nog steeds moontlik is. Onthou dat die verdrukking ‘n oorlog vir die siel van die mens gaan wees, maar baie gaan dit nie weet nie. Hulle gaan nie weet dat satan net by magte is om jou aarde liggaam skade te kan berokken nie. As jou siel veilig is by die HERE, dan het satan geen mag meer nie.

Dra die boodskap van hoop en liefde oor. Die verdrukking gaan nie vir altyd aanhou nie en Jesus GAAN weer terug kom!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk