Is jy met My of teen My

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Wees seën, geliefde lesers en mag ons almal die vermoë kry om die vyand uit te oorlê as hy teen ons te staan kom!

Ons is in ‘n oorlog gewikkel in ‘n wêreld wat al hoe donkerder word, maar Jesus gee ons die krag en die genade om elke dag staande te kan bly. Dis waarom dat so belangrik is dat ons moet bely; selfs daardie klein sondetjies wat vir ons niksseggend lyk en ook die waaroor ons skaam is. Jesus weet van elke sonde en Hy staan gereed om jou te vergewe, maar jy moet vra!

Die tyd om goed te doen en te doen wat reg is, is baie kort. Bely alles wat jy tot nou toe teruggehou het van Jesus. Gryp die nuwe genade wat Jesus oor sy hele liggaam uitstort aan en gebruik dit. Moenie net vir jouself leef nie, maar kyk na die behoeftes van die om jou. Leef vir die om jou soos Jesus vir jou leef sodat jy kan groei in heiligheid.

Laat geen kwaad spraak uit jou hart oor jou lippe gaan nie. Vermy daardie sondes wat vir Jesus so gruwelik is. Moenie twee keer daaraan dink nie. Moenie daarna op TV kyk of dit selfs oorvertel nie. Omhels heiligheid, warmte, sagmoedigheid en doen aan ander soos jy wil hê aan jou gedoen moet word. Oes dan vrede uit Jesus se hart uit om die wat jou te na kom te vergewe soos Jesus ons tekortkominge vergewe. As jy dit doen, sal vrede sal met jou wees.

Weerhou jouself van verdeeldheid, want dis ‘n werk van satan. Satan bewerkstellig verdeeldheid, want hy gebruik jou persoonlike voorkeure, vrese en jou smake teen jou. Hy maak hierdie inligting bymekaar en as hy iemand grond toe wil bring, dan wys hy aan jou die dinge wat die persoon doen wat teen jou grein inwerk. As jy naïef en sonder wysheid is, dan laat hy jou uitvaar teen die kerk van Jesus omdat jy nie hou van wat hulle doen nie.

Ons almal hou daarvan om Jesus te aanbid en uit die aard van die saak dink ons almal dat ons manier van aanbid die regte manier is. Net so het ons almal ons eie musiek smaak en dink ons dat ons musiek smaak die beste is. Hoe verkeerd is ons nie!

Satan sien hierdie voorkeure van ons en hy gebruik jou eie voorkeure teen jou om mense en kerke aan te val. Of dit nou deur vrees, onkunde of die vrees van verwerping is, maak nie saak nie, want so begin jy om satan se leuens te glo. Wie hou dan kerk op hierdie manier as die enigste manier is om Sondag na ‘n gebou van klip te gaan met ‘n dak oor? Jy val in met die afvalliges totdat die veroordelaars na vore kom. Saam veroordeel julle die dinge wat julle nie van hou nie of voor bang is. Sien julle nie hoe satan jou soos ‘n viool speel nie?

Die oomblik as jy jou mond oopmaak teen enige werk van Jesus, kollekteer satan twee punte: ‘n demoon van veroordeling kom jou lewe binne deur die deur wat jou oopgemaak het en jy stel jouself op om deur satan gesif te word. Almal wat saam met jou veroordeel het word dan veroordeel, want satan gebruik jou net! Verstaan jy?

Al die siele wat Jesus na daardie kerk toe gestuur het as gevolg van die uniekheid van hulle bediening word nou aangeval deur leuen geeste van verdeeldheid en laster. Baie van die siele in daardie bediening is maar babas in die oë van Jesus en hulle kan nie onderskei tussen leuens en waarheid nie en hulle verwag ook nie dat Christene leuens oormekaar sal versprei nie. So draai hulle weg terug in die wêreld in en weet hulle nie waarheen om te gaan nie, want nou beskou hulle alle kerke as twyfelagtig. Verstaan julle?

So word hierdie dwalende siele later baie maklik in vals leerstellings ingetrek omdat hierdie leerstellings deernis aan hulle bewys. Hoe tragedies! En so word jy satan se gereedskap om die werk wat Jesus begin het ongedaan te maak. Jy werk nie meer vir Jesus nie, want jy het kant gekies om saam met die vyand te werk!

Toe Paulus voor die Sanhedrin verskyn het, het hy hierdie selfde taktiek van verdeel en oorwin gebruik.  [6]  En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is ‘n Fariseër, die seun van ‘n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.  [7]  En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.” (Handelinge 23:6-7)

Sien julle? Hierdie taktiek van verdeel en oorwin is so oud soos die klippe! Satan bring ons in opstand teen mekaar sodat party bevooroordeeld raak teen die spreek in tale, ander is weer bevooroordeeld oor penetrasie preek, ander weer oor ‘n persoonlike verhouding met Jesus en ander dink weer dat jy net met Jesus kan praat op jou knieë terwyl jy ‘n miljoen kilometer weg is.

Weet jy nie dat Jesus na almal luister, ongeag wat jou persoonlike voorkeure is nie? Maar jy kies kant op grond van dit wat jy beskou as nie die regte pad nie? Dit wat jy doen is ‘n gruwel in die oë van Jesus! Word verenig as een in die Hart van Jesus en stop hierdie nuttelose stryery. Sien jy nie dat jy gebruik word en mee gespeel word nie? Jy beseer die liggaam van Jesus gebaseer op jou persoonlike voorkeure. Jy saag die tak waarop jy staan af en jy skei broers en susters van mekaar.

Sal jy nou aangaan hiermee of sal jy erken dat jy verkeerd is en verskillende uitdrukkings van geloof aanvaar solank dit voldoen aan die Bybel? Nie jou interpretasie van die Bybel nie, maar die ware interpretasie. Is jy met Jesus of teen Jesus?

Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.” (Mattheus 7:1)

Mag die HERE hierdie boodskap aan julle harte seën!

(Visited 136 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .