Jou lewe is nie waardeloos nie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Ek het ‘n baie spesiale boodskap vir julle: ‘n Boodskap wat baie van my vrae beantwoord het en ek is seker dat gaan net so baie van julle vrae antwoord.

Sonder om langer te wag, gaan ek vir Jesus aan die woord stel.

“Ek wil My Bruid gerus stel dat dit wat julle op Aarde gesaai het terwyl julle hier was, ‘n groot oes gaan voortbring na die wegraping. Dis baie moeilik vir julle om nou die effek van julle heilige leefwyse op die wat julle ken het te sien, maar julle gaan geskok wees as julle eendag gaan sien wat Ek deur julle lewens bereik het.”

“Die wat gaan agterbly gaan aanhou praat oor die wat geneem is. Deur die vervolgings en die swaarkry gaan hierdie gesprekke voortgesit word. Dit gaan wees soos die eerste keer wat mense olie ontdek het. Eers was die swart goed wat vanself uit die grond uit opgestoot het ‘n oorlas, maar toe die mens agterkom net wat dit is, was dit vir baie letterlik swart goud!”

“Dis baie belangrik dat julle nie nou soek vir resultate nie. Wees net getrou aan die taak wat Ek aan julle opgelê het om te doen. Vir die wat nou gaan soek vir resultate en erkenning, gaan net teleurgesteld anderkant uitkom. Die wat egter resultate soek net om My gelukkig te maak en deur My Wil uit te voer, sal uitermatig vergoed word vir die werk wat hulle nou doen. Dit sluit in die siele wat na die wegraping gered gaan word deur die werk wat hulle nou doen.”

“So baie van julle het vir My gelei en julle sien nie wat julle swaarkry vir My gedoen het nie. Alhoewel julle dit nie nou sien nie, wil Ek julle verseker dat julle lewens nie waardeloos is nie. Julle sal dit in die einde sien en dan wonder: Het Jesus dit alles deur my lewe gedoen? Julle gaan totaal verstom wees as julle sien wat ‘n eenvoudige gebed verrig het! Die wat getrou was aan dit wat Ek aan hulle opgelê het om te doen gaan ‘n verhoging kry wat letterlik uit hierdie wêreld gaan wees! Ja, julle wat vir My werk gaan buite julle self van geluk wees!

“Soos ons nader aan die vertrek tyd kom, wil Ek nie hê dat enige een van julle in ‘n hopie van wanhoop gaan sit en dink dat julle lewens nutteloos was nie. Moenie dink dat omdat jy nie ‘n groot evangelis of ‘n beroemde leraar is dat jy nie ‘n boord vol vrugte het wat wag om gepluk te word nie. Onthou dat dit julle gebede is wat die wat in die veld werk in staat stel om hulle werk te kan doen.”

“Wanneer julle iemand in ‘n kerk sien uit kniel om My te ontvang, dan is dit nie die leraar se werk wat daardie persoon na My aangetrek het nie, maar ‘n moeder se gebede! Tot die leraar se salwing het hy ontvang as gevolg van die gebede van ander. Deur die leraar se salwing het hy die net in die oseaan gegooi, maar dit was die gebede van ander wat die vis in die net gedryf het op die regte tyd. Hierdie beginsel word so moeilik op aarde verstaan, maar in My Koningryk word dit ten volle verstaan. Dis waarom die wat die Hemel in die verlede besoek het so verbaas was oor die eenvoudiges onder julle wat in sulke groot posisies van gesag in die Hemel aangestel is.”

“Ek hou die harte van my Bruid dop en hoe hulle verander het in harte soos Myne. Ek sien die wonde, die spot en die minagting, die verwerping en die vergewensgesindheid. Party se harte lyk soos ‘n Koningin s’n, maar ek soek na ‘n dienaar. Ek is ‘n Koning, maar ek het gekom as ‘n dienaar. Dis waarom my Bruid My moet verteenwoordig.”

“Moenie dink dat faam en invloed jou sal vergesel Hemel toe nie. Dit sal van jou afgestroop word. Al wat gaan oorbly is die goeie dinge wat jy gedoen het en die gebede wat vir ander gedoen het. Dit wat jy vir My gedoen het deur liefde sal skyn soos die middag son! So groot gaan die prag van jou glorie wees dat die wat van die Aarde af kom jou moeilik gaan kan sien. Net so gaan die vergoeding van My onbekendes wees wat net gedoen het uit liefde uit sonder om enige iets terug te verwag. Ek sê vir julle hierdie ding om julle te versterk, want daar gaan baie aanvalle teen julle geloof in My geloods word in die dae wat volg.”

“Lees hierdie boodskap oor en oor en verwys daarna as die vyand kom met sy vurige pyle om jou in ‘n hoop van wanhoop in te trek voor Ek kom. Baie van julle is swak en het hierdie versekering nodig. Hou vas aan My Woorde en lees dit as die versoekings kom. Sommige van julle is binne My Wil vir jare, maar op een of ander manier het die vyand julle oortuig dat dit nie so is nie. Nou dat julle oud geword het, kyk julle terug op julle lewens asof dit geen vrugte gedra het nie. Hoe verkeerd is julle nie! Julle goeie bedoeling en julle getrouheid aan My het vir julle duisende siele ingebring! Ja, duisende! Julle sal dit sien en uitermatig bly wees!”

“Om af te sluit, moet nie toelaat dat enige iets julle van koers dwing of selfs ontmoedig nie. As jy My liefhet met jou hele hart, dan gebruik Ek alles wat jy gelei het om siele vir My Koningryk in te bring. Wees dus uitermatig bly as jy struikel en val, want jy sal sien wat dit vir My Koningryk gedoen het!”

Prys die Naam van Jesus!

image_pdfLaai afimage_printDruk