Mag Jesus ons gedagtes open vir al die wonderwerke wat Hy vir ons ingedagte het.
Julle weet, jy kan nooit meer as Jesus kan gee nie. Elke dag is ‘n wonderlike avontuur saam met Hom. Ten spyte van die uitdagings wat ons elke dag voor te staan kom, gee Jesus vir ons duidelike instruksies hoe om aan te hou en hoe om te groei in heiligheid saam met Hom.
Ons is wesens van lig en glorie wat uit God die Vader uit kom. As Jesus in ons kom woon dan word hierdie glorie baie meer versterk, maar ons is so in hierdie vleeslike wêreld geanker dat ons nie Jesus se teenwoordigheid; Sy skoonheid en Sy glorie in ons lewens kan voel op ‘n minuut tot minuut basis nie.
Hoe bid ek nie dat elkeen van ons Jesus se lig in hierdie donker wêreld sal wees nie. Dat Hy ons sal help om te sien wie ons is, nie vlees en bloed nie, maar skerwe van glorie uit die Vader se Hart. Help ons Jesus om te groei in heiligheid sodat ons die ware lig van hierdie wêreld sal wees soos wat U ons geroep het om te wees.
Dierbares; al wat ons hoef te doen is om te werk aan ons verhouding met Jesus. Ons hoef net gehoorsaam te wees aan Sy bevele en Hy sal die wêreld oorstroom met ons lig. Al wat Jesus terug vra is dat ons onsself elke dag aan Hom sal vas anker en Hom eerste sal stel in alles wat ons doen. Deur dit te doen sal Jesus ons voed met Manna uit die Hemel!
Moenie bevrees wees nie. Nader net tot Hom en die Vader. Mens hoor so baie stories van die Vader se krag dat dit mens eintlik bang maak, maar ek het nog nooit enige iets anders gevoel as ‘n Vader se liefde vir Sy skepping nie.
Jesus wil ons almal in Sy huis in die Hemel verwelkom en Hy verlang om jou daar te hê, saam met Hom. Dis die plek wat vir almal van ons bedoel is sodat ons die ware betekenis van liefde sal kan begryp.
Elkeen van ons het ‘n ander manier om tot die Vader te nader, maar party van julle is breekbaar, delikaat en uiters sensitief. Julle word maklik seergemaak. Hierdie is die beginsel van ware liefde. Dis ook die rede waarom Jesus so baie van ons weggeroep het van die wêreld, die media en sondige vermaak.
Jesus is besig om ons kinderlike onskuld te herstel. Soos hierdie onskuld herstel word, gaan jy ‘n groeiende liefde vir God se skepping voel en gaan jy ook vind dat hy meer en meer met God se skepping kan kommunikeer. Dit is wat Jesus van die begin bedoel het moes gebeur in die tuin van Eden, maar as gevolg van sonde moes God die Vader Sy skepping met vrees vir ons vul.
“Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.” (Genesis 9:2)
Net soos ons op die dag van verlossing wag, net so wag God se Skepping ook op die dag wat ons van hierdie sondige wêreld verlos gaan word.
“[18] Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. [19] Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. [20] Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het [21] in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. [22] Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.” (Romeine 8:18-22)
Ons deel ‘n gesamentlike verbond met alles wat Jesus gemaak het en dis waarom dit so belangrik is dat ons daarna moet omsien.
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (Genesis 1:26)
Nie een dag gaan verby wat God se skepping nie misbruik of genadeloos doodgemaak word nie. Dis omdat satan alles wat Jesus geskep het, ‘n teiken vir sy woede gemaak het. Dis ook die rede waarom die wêreld vernietig word deur besoedeling. Satan hou aan om wraak op Jesus te neem omdat God hom uit die Hemel gewerp het en omdat hy nooit God se gelyke sal kan wees nie.
Jesus doen nou ‘n beroep op jou wat vasgevang is in die donkerte van hierdie wêreld. Satan het beloftes aan jou gemaak. Hy het jou geleer om te lieg, te steel en te verneuk. Jy gaan sien dat satan eintlik van jou gesteel het en jou bedrieg het om jou samewerking te kry. Satan stel nie belang in jou as persoon en jou geluk nie. Hy is ‘n leuenaar en alles wat hy sê het bybedoelings of is gegrond in leuens, want dis wie hy is. Kan ‘n boom wat vol wurms is goeie vrugte dra? Kan jy euwel saai en dan ‘n goeie oes verwag? Sien jy nie dat alles wat jy aan ander doen na jou terug sal kom nie? Goeie verstand behoort aan jou te wys dat vir elke aksie daar ‘n gelyke en teenoorgestelde teen reaksie is. Logika behoort aan jou te wys dat dit nie moontlik is om goeie vrugte uit ‘n boom vol wurms te kry of ‘n goeie oes te verkry waar euwel gesaai was nie.
Draai weg van hierdie leuens af, liewe leser! Laat staan jou bitterheid en jaloersheid wat jou so verblind. Los jou emosies en verharde hart net vir ‘n oomblik en oorweeg dit wat jy besig is om te saai… Jesus staan gereed om jou te vergewe en weer skoon te was met Sy bloed. Die enigste goed wat kan kom is Jesus se vergifnis wat vir jou en die geskenk van ‘n Hemel wat ‘n werklikheid is.
Ek vra liewe lesers dat julle sal bid vir die wat blind en kreupel van bitterheid is dat hulle nie kan sien nie. Jesus gee aan hulle geleenthede om te kan sien en vergifnis te kan soek. Bid asseblief vir hulle.
Mag die seën van Jesus met julle almal wees!