Jesus is getrou! Prys die Naam van die Koning!

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek weet dat baie van julle het al totale moed verloor en ek weet ook dat baie van julle wonder of Jesus nog daar is en of Hy nog luister…

Vanoggend het ek vir julle ‘n boodskap wat ek van Jesus af ontvang het soos wat dit in Lukas 21:25-33 opgeteken is. Kom ons lees!

[25]  En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, [26]  en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. [27]  En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid. [28]  En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. [29]  Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. [30]  Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. [31]  So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. [32]  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. [33]  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.”

Alles wat hierbo staan het klaar waar geword! Die tekens in die son die maan en die sterre is reeds daar en mense kom in opstand oor die dinge wat hulle regerings doen. Mense se harte beswyk van vrees oor wat besig is om oor die aarde te kom en sommige sê die wêreld het mal geword…

Sien julle hoe God se Woord in vervulling gegaan het? Kyk op, liewe Kind van Jesus en weet dat jou verlossing van hierdie aarde baie naby is! Dis nou nie meer lank nie… Die tyd vir die wegraping het gekom en dis hier!

Baie van julle sal nou sekerlik sê, maar waarom sukkel ek dan so? Waarom het ek net nooit genoeg geld nie? Die antwoord is dat Jesus besig is om jou los te maak van hierdie wêreld. Die dag as Jesus gaan kom om ons te kom haal, dan moet daar niks wees wat ons gaan terughou in hierdie wêreld nie. Geen spaar geld of eiendom nie. Ons behoort aan Jesus en nie aan die aarde nie, verstaan julle nou?

Moenie bekommerd wees oor enige iets nie. Jesus weet van jou en Hy is vertroud met jou omstandighede! Hou moed en moenie toelaat dat satan vir jou allerhande leuens vertel nie! Weet dat Jesus vir jou sal sorg net soos Hy vir die voëls van die Hemel sorg. Onthou dat jy baie meer werd is as baie voëls! Van vandag Jesus se hand vas en vertrou op Sy leiding vir jou lewe. Hou op om op jou eie stoom staat te maak!

Liewe lesers, ek weet dis moeilik, want ons hele lewe lank al word ons geleer om self oor die weg te kom en om van daardie programmering ontslae te raak is geen maklike taak nie. Nou vra Jesus dat jy jou hand in Syne plaas en op Hom alleen vertrou. Is jy bereid om dit te doen?

Mag Jesus hierdie boodskap aan julle harte seën!

 

(Visited 167 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .