Die HERE wys vir my dat baie van julle met hierdie probleem van konflik in die huwelik sukkel, daarom gaan ek julle van hierdie paartjie vertel.
Kon ons noem hulle David en Sonja. David is 36 jaar oud en Sonja is 33. Beide van hulle is verloof en beide het in Christen huise groot geword. Beide kom uit verhoudings wat voorheen nie uitgewerk het nie. David is heeltemal verdiep in sy werk. Sonja soek gedurig toenadering tot hom, maar tot op so ‘n punt dat sy hom elke paar minute bel as hy nie by haar is nie. Sy is baie onseker van haarself omdat haar vorige kêrel haar verkul het.
Sonja is ‘n saggeaard en geestelik siel, maar geheel en al behep met haarself en haar benodighede. David is weer behep met sy werk en die wil om ‘n goeie werknemer te wees sodat hy vir hulle kan sorg. Omdat David die hele tyd aan die gang is, voel Sonja afgeskeep. Daar is oomblikke wat sy met hom wil deel, maar omdat hy die hele tyd so besig is, voel dit vir haar of sy ‘n ongerief vir hom is.
Klink hierdie bekend vir baie van julle?
In baie van ons se huwelike speel hierdie spel hom daagliks af. Die een is gedurig besig tot op so ‘n vlak dat die ander afgeskeep voel. Totdat die een sê dat daar ‘n probleem in hulle huwelik is. Die ander is dan skoon oorbluf: “Wat bedoel jy? Ons het dan ‘n goeie huwelik!” Dan kom die storie uit: “Jy weet nie wat binne in my aangaan nie. Ek is nie gelukkig nie, want jy luister nie na my nie…”
Liewe kinders van die HERE; julle gaan moet besef dat die dag trou as jy trou, dan sterf jy vir jouself. Daar word van jou verwag om om alle beheer oor te gee aan dit wat jou lewensmaat nodig het. Dit beteken dat jy tyd gaan moet maak vir die ander, maak nie saak hoe besig jy is of waarmee nie.
Maar baie van ons geniet ons werk en die laaste ding wat jy wil doen is om dit neer te lê vir die behoeftes van ‘n ander… en so gebruik satan die oop deur om amok te saai. “Sy het jou nie lief nie. Hy wil net die hele tyd werk. Sy gee nie om nie.” Leuens, leuens, leuens! Maar so vorm die krake in ons verhoudings. Ons harte word harder; die situasie versleg en ons verhoudings lei daar onder.
Los dus waarmee jy besig is en en gaan spandeer tyd saam met jou wederhelfte. Na die tyd, as julle beide genees is en die een nie meer so alleen voel nie, dan kom jy terug en dan sal jy verryk voel om verder te werk.
Dis wat Paulus bedoel het toe hy gesê het dat dit beter vir ‘n man of ‘n vrou is wat die HERE wil dien om nie te trou nie. Omdat hy of sy altyd die behoeftes van sy vrou of haar man bo die behoeftes van die HERE gaan moet stel. Dit sal sy aandag van die HERE af weglei en dit moeilik maak om voltyds in diens van die HERE te wees. Tensy sy vrou of haar man se wil ook is om saam die HERE te dien.
Paulus skryf die volgende in 1 Korintiërs 7:1-4 “[1] Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie. [2] Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê. [3] Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. [4] Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.”
In hierdie verse is die geheim van ‘n goeie huwelik versteek. Die vrou het geen mag oor haar liggaam nie, maar gee dit vir die man en so het die man ook geen beheer oor sy liggaam nie, maar gee dit vir die vrou.
Hierdie verse is nie net van toepassing op seksuele gebied nie. Dit gaan oor die koestering, vertroosting en groei in eenheid met jou wederhelfte. Elkeen van ons moet toegewings maak en die lewe wat hulle voorheen gehad het, die eie ek, begrawe sodat daar eenheid kan wees. Die HERE sal ons harte genees van al die mislukkings wat ons voorheen gehad het en ons selfwaarde herstel sodat ons weer heel kan word.
Die rede waarom so baie huwelike vaal, behalwe vir keuses buite God se wil, is omdat die meeste mans en vroue nie bereid is om daar die eie ek te begrawe nie. Wanneer die HERE twee siele bymekaar bring dan gee Hy aan hulle die buitengewone geskenk van ‘n diep bindende liefde. Hierdie is die fondasie waarop alles gebou word.
Dit gaan nie oor maanskyn en rose nie! Dit gaan oor heilige genade om ons harte te versag en om ons te wys hoe om toe te gee. Hoe om te vergewe en hoe om van die verlede te vergeet, ongeag hoe seer dit gemaak het. Hoe om geduldig te wees en om ons gereed te maak vir die Hemel.
Ons leef ons lewens in eensaamheid en in afwagting vir die warm omhelsing van ‘n maat. En eendag, dan bring die HERE vir ons daardie maat wat ons s’n vir altyd sal wees; tot die dood ons skei.
Maar die geneigdheid van die meeste van ons is om die dag as ons getroud is, die ander te wil verander en dan begin ons fokus op ons persoonlike voorkeure en smake. Ons begin die proses om te oordeel, wat weer lei tot diep wonde en minagting. Ons motief verander van die nader lief hê met ons hele hart na om daardie persoon te verander sodat hy of sy meer soos ons is.
Dit lei dan tot teleurstelling en verwerping: “Jy het verlief geraak op dit wat ek is en nou wil jy my verander?”
Ons kan antwoord: “Maar ek het verlief geraak op die goeie dinge. Dis die ander dinge wat my afsit en wat ek wil verander.”
In alle eerlikheid, hierdie mag of mag nie werk nie, maar dis nie God se plan vir ons nie. Die HERE soek verandering in beide van ons; nie net in die een nie. Hy soek geestelike groei en volwassenheid in beide van ons. As jy dus iets in jou maat sien waarvan jy nie hou nie, behoort jy te sê: “Hierdie gewoonte is ‘n regte uitdaging. Ek kan sien dat die HERE wil hê dat ek meer liefdevol en vergewensgesind moet wees.” Sommige veranderinge kom binne die eerste paar weke van ‘n huwelik, maar ander kom eers baie later. Verandering sal kom as ons leer om geduldig, liefdevol en geestelik volwasse te wees.
Prys die Naam van die HERE!