Dis duidelik dat hierdie onderwerp vir die HERE baie belangrik is, want ander sal daar nie twee boodskappe oor hierdie onderwerp gewees het nie.
In ‘n Huwelik is dit nie belangrik wie reg en wie verkeerd is nie. Wat belangrik is, is om nooit die band wat tussen julle is te breek nie en om nederig te bly, want nederigheid maak voorsiening vir die foute in onsself en in ander. Om jouself deur die oë van die HERE te sien as vaalbare mens, bring nederigheid. As jy dit doen, dan gaan daar geen rede wees om die hele tyd beter te wil doen as jy wederhelfte nie. Daar gaan net nodig wees om te luister en om goed te luister.
Ek weet dat baie van julle dink dat hierdie darem net te maklik klink… Ek is self al 16 jaar getroud en ek kan vir julle sê dat dit geen maklike taak is nie… maar jy leer om by jou gade aan te pas.
Vir vroue kan dit baie keer moeiliker wees, omdat hulle meer tyd het om te bid en meer sensitief is teenoor die HERE. Hulle kan in sommige gevalle makliker verstaan wat die HERE gedoen wil hê in ‘n sekere situasie.
Maar, die man is aangestel as die hoof van die gesin. Hy mag dalk nie so baie soos die vrou bid nie of selfs so geestelik wees nie, maar hy bly die hoof soos deur die HERE beskik.
Om daardie rede werk die Heilige Gees op ‘n ander manier deur hom. Hy weet instinktief wat reg is, want hy moet lei in die huwelik. As daar ‘n probleem is, dan moet jy as vrou daaroor praat.
Een van julle moet soos Jesus wees om dit te laat werk. Een van julle moet neerlê en die ander toelaat om foute te maak sonder om dit ooit teen hulle te gebruik. Een moet luister soos Jesus geluister het en een moet die foute van die verlede erken. As daar ‘n argument uitbreek, moet een terugstaan sonder om iets dom te gaan aanvang. Verskoon jouself met: “Ek is nie goeie geselskap op die oomblik nie of ek gaan ‘n draai loop.” Gaan bid dan tot die HERE sodat die HERE vir jou kan wys waar jy verkeerd is. As jy dan terugkom, vra onverskoning vir jou fout.
As een of beide van julle hard koppig is, dan kan gebed die deur vir dialoog weer oopmaak. ‘n Eenvoudige “Skat, ek het tyd nodig om die HERE se wil te soek in hierdie saak. Kom ons sit hierdie gesprek op die kantlyn vir nou en dan bid ons saam daaroor. Ons kan praat wanneer ons reg is. Ek is lief vir jou en ek is jammer vir my deel daarin. Ek wil net gehoorsaam wees aan die HERE.”
Om te sê jy is jammer en om te erken jy was verkeerd, kan enige mens binne sekondes week maak. Veral as jy dit bedoel. As jy dit nie in alle eerlikheid kan sê nie, kan jy dit ten minste erken dat jy ontsteld geword het en dat jy jammer is dat jy jou maat ontstel het.
Julle sien, die vyand se doel is julle sover te kry om op te hou luister en om op te staan en jouself te wil verdedig. Dan het jy ‘n verweer; jy hou op om te praat en word in ‘n oorlog sone vasgevang. Jy val jou eie vlees aan omdat jy te trots is om jou deel in die saak te erken. Dis presies wat satan wil hê jy moet doen. Jou man of jou vrou is jou eie vlees!
Liewe lesers, nederigheid kan nie geleer word nie en so ook nie om te erken dat jy is verkeerd is nie. Alles rus daarop dat jy jouself probeer regverdig. Daar is geen rede vir jou om te wil bewys dat jou wederhelfte verkeerd is nie. Jy hoef nie deel van hierdie wêreldse leun te wees nie.
Dit maak nooit seer om te erken dat jy verkeerd was nie. Die Bybel sê dat ons ons sondes teenoor mekaar moet erken. Haal daarom die eie ek uit die berekening uit en erken dat jy swak is; dan jy sondig en dat jy vergifnis nodig het.
Wie sal kan aanhou stry teen so ‘n stelling? As jy dit gedurig doen, dan sal alle self verdedigings middele later verdwyn. Dit sal net die twee van julle wees; ‘n eenheid teen satan. Jy moet leer om slimmer te wees as satan, want as satan sy sin kan kry, dan verloor julle albei! Daar is geen wenner as satan betrokke is nie…
Daarom, wees bedag op wat jou wederhelfte laat afgaan en waak daarteen. Daar gaan tyd wees wat hy of sy moeg gaan wees of ‘n moeilike dag agter die rug gaan hê. Wees bedag daarop. Wees jou wederhelfte se steunpilaar; ‘n bate om die mag van satan te oorkom. Wees jy die beskermende, verstandige en liefdevolle man of vrou.
As jy dit gaan begin toepas, dan gaan jou huwelik geseënd wees en gaan jy God se doel vir die huwelik uitleef: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.” (Genesis 2:18)
Prys die Naam van die HERE!