Moet Christene ruggraatloos wees?

Hierdie is ‘n vraag wat deur baie Christene gevra word omdat die woorde sagmoedigheid en selfbeheersing baie in die Bybel genoem word.

In Mattheus 5:39-42 lees ons die volgende: [39] Maar Ek sê vir julle dat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. [40] En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. [41] En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.”

Mense lees hierdie stukkie en dan dink hulle onwillekeurig dat Christene ruggraatlose swakkelinge moet wees. Dis egter nie wat bedoel word nie. As mens dit lees in konteks met die wette van die tyd, dan kom mens agter dat Jesus eintlik ‘n vorm van verset bedoel het! Kom ek verduidelik.

In die tyd van Jesus, het Rome die wêreld beheer, insluitende Jerusalem. Herodes was die koning, maar dit was ‘n titel sonder enige waarde. Die enigste rede waarom die Romeine ‘n koning toegelaat het was om die Jode gelukkig te hou en opstande te voorkom. Die Romeinse wet was egter in volle beheer en mense is gestraf volgens die wet van die Romeine. Die Romeinse wet was streng, maar ook baie regverdig.

In vers 39 hierbo sê Jesus dat as iemand jou op die regter wang slaan, jy ook die linker een na hom toe moet draai. Die idee was dat die persoon in sy woede jou dan op die linker wang sal slaan. In daardie tyd wat die heeltemal wettig om iemand op die wang te klap, maar dit moes die regter wang wees. Die linker wang was bedoel vir slawe. Slawedrywers het die slawe onder hulle beheer ge-“backhand” op die linker wag as hulle verkeerd gedoen het. As jy iemand op die linker wang sou klap wat nie ‘n slaaf was nie, dan was dit beskou as ‘n openbare belediging en kon jy ‘n klagte by die stadsvaders oor die voorval indien. Die straf vir so ‘n oortreding was dat die beskuldigde in die openbaar met stokke geslaan was. Hierdie straf sou ‘n openbare belediging wees omdat die straf normaalweg vir kriminele bestem was. Jy kon dus in beginsel iemand wat jou wou klap baie gou terugkry deur die linker wang te draai voor die hou val.

Die neem van die onder kleed soos in vers 40 genoem, was ook beskou as ‘n belediging. Om iemand te dwing om sy skuld te betaal was dit wettig om die persoon se bokleed te neem. Almal het geweet dat iemand wat sonder sy bokleed rondloop nie in staat is om sy skuld te betaal en dit het gedien as vernedering vir die skuldenaar. Die onderkleed mag egter onder geen omstandighede gevat word nie, want dan beledig die skuld eiser die skuldenaar. Die gebruik was om die onderkleed in die bokleed in een te stik en as die skuldeiser die bokleed wil vat, dan moet hy die onderkleed saam vat. Op daardie manier sou die skuldenaar gronde vir ‘n klagte gehad het omdat hy dan kaal sou loop!

Soortgelyk het gegeld vir vers 41. Volgens wet mag Romeinse soldate mense langs die pad dwing om hulle swaar rugsakke te dra, maar die wet het ook gestipuleer dat die rugsak net vir een myl ver gedra mag word. Langs alle paaie in die Romeinse Ryk was daar myl stene wat die afstand na Rome aangedui het. Die idee was dat die draer aan die einde van die myl sou weier om die bagasie terug te gee en dan nog ‘n myl daarmee sou loop. As die Centurion in beheer van die soldate dit sien, dan was die soldaat aan wie die rugsak behoort natuurlik in groot moeilikheid! Glo my, ‘n soldaat leer baie gou om sy eie rugsak te dra, ongeag hoe swaar dit ook al is, net om nie in die moeilikheid te kom nie. Die strawwe vir oortreders in daardie tyd was in baie gevalle wreed en onmenslik.

Soos julle kan sien: as Christen beteken dit nie dat jy heeltyd net die minste moet wees en aanmekaar aan die korste ent hoef te trek nie. Jy mag opstaan vir dit wat jy voel reg is. Vers 38 sê juis “Oog vir oog en tand vir tand.” Moet dus nie toelaat dat mense oor jou loop nie! Staan op vir wat jy voel reg is.

(Visited 155 times, 1 visits today)