‘n Diepgaande gevoel van nederlaag

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

HERE, daar is so baie mense wat aan depressie lei. Gee hulle die genade om ‘n weg uit te sien deur u genade!

Sommige van julle gaan op die oomblik gebuk onder geweldige druk. Die HERE sê dat Hy bewus is daarvan. Baie van julle voel as gevolg daarvan verslane en voel jy nie meer lus om aan te gaan waarmee jy begin het nie.

Dis ‘n vreeslike gevoel, want die sinkende gevoel voel of dit uit jou hart uit kom. Jy probeer jouself opbeur deur te sê dat jy dit gaan doen, maar terwyl jy dit sê op die oppervalk, voel jy binne in ‘n diepe gevoel van verlies.

Hierdie is ‘n demoniese aanval wat gemik is daarop om jou soveel pyn te gee dat jy vanself opgee. Selfs al probeer jy bid, kan jy hierdie gevoel van verlies net nie afskud nie. Iets baie swaar het homself tuis gemaak in jou hart…

Ons is gedurig onder aanval van satan. Satan ken jou potensiaal en sommige is vir hom ‘n groter gevaar oor dit wat hulle kan vermag as ander. Maar slinks soos hy is, onderdruk hy jou nie met alles wat hy het, dadelik nie. Hy vat sy tyd en maak die gewig stelselmatig al hoe swaarder tot jy later nie meer kan nie. Teen die tyd wat jy agterkom, wat aangaan, dan is dit al klaar te laat!

Satan en sy demone het net een doel voor oë en dit is om van jou te steel en jou te vernietig. Jy moet onthou dat jy geskake is na die ewebeeld van die HERE. Jy stel alles voor wat satan en sy demone nie meer kan wees nie. Hulle HAAT jou met ‘n onuitblusbare haat daarvoor. Hulle sal alles in hulle vermoeëns doen om jou te laat ondergaan en dit sluit in om met jou brein te smokkel!

Goed wat hulle tipies vir jou sal sê is: “Jy is nie goed genoeg nie. Die HERE het jou nie lief nie. Hy is moeg vir jou. Kyk na die ander om jou. Kyk wat se gawes het hulle en kyk dan wat jy het. Dink jy nie dis onregverdig dat hulle so baie het en jy so min na al die jare van diens nie? Dis omdat jy nie waardig is nie. Jy het nie jou tyd reg gebruik nie. Jy is ‘n verloorder! Jy verloor tyd, gawes, siele… Jy is ‘n verloorder. Jy mors alles wat jy kry. Jesus het nou iemand anders gekry om jou werk te doen omdat jy nooit iets reg kan doen nie.”

Hierdie is maar net ‘n paar van die aantuigings wat jy sal hoor en hulle is spesiaal ontwerp om jou moedeloos en sonder hoop te laat voel!

Jesus sê: “Jy is my getuie en dis wat ek van jou sê. Jy het goeie vrug voortgebring. Jy was getrou en jy het gedoen wat Ek van jou verlang het. Jy doen My Wil 99% van die keer. Jy is beslis nie laks of selfs lui nie. Jy is een van my hardwerkende dissiepels wat daar is. Jy het jou tekortkominge verander in diamante van genade vir My en jy bring aan ander die werklike genade van ‘n liefdevollle God! Mense sien My vir wie Ek werklik is deur jou. Jy is ‘n Kampioen van Geregtigheid! Jy is myne en daar is niemand anders soos jy nie.”

Baie van julle onderskat julleself en satan gebruik dit teen jou. Die HERE hou daarvan as ons onself beskou as swak en hulpeloos, maar sommige van julle vat dit net te ver en dis dan wanneer satan dit oovat en daarmee hardloop. Nou vertel die demone vir jou dat jy ‘n nikswerd is en dis alles leuens!

Elkeen van die HERE se kinders is mooi op sy of haar eie manier en die HERE beloon hulle daarvoor op Sy eie manier. Die waarheid is dat die HERE hulle toerus vir hulle werk op aarde net soos wat Hy vir jou toerus, maar dit wat hulle moet doen is anders as wat jy moet doen. Jy gaan oorwin, moenie na die leuens luister nie!

Paulus sê in 1 Korintiers 12:14-18 dat die ligaam van Christus (ons) nie uit een lid bestaan nie, maar uit baie. Ons kan dus nie sê dat omdat ons nie soos daardie een is, ons nou gaan ophou werk nie. As almal dieselfde gawes gehad het, waar sou die sig, die reuk of die gehoor dan wees? Maar nou is ons baie lede en almal is uniek vir die HERE en saam werk ons om die plan van die HERE te vervolmaak! Prys Sy Naam!!

Jy wat hierdie lees GAAN OORWIN en jy GAAN BO UITKOM! Moenie na die leuns luister nie! Ons is doelbewus nie geskape om almal dieselfde te wees nie. Hou dus op om jou te vergelyk met ander en te dink dat jy geen waarde het nie, want jy is van onskatbare waarde vir die HERE!

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 26 times, 1 visits today)