Jesus, help ons asseblief om te verstaan dat daar weerstand gaan wees in alles wat die moeite werd is om te doen. Amen!
Ons almal raak geïrriteerd en ons eerste reaksie is om die ander een iets toe te voeg of te reageer op ‘n manier wat nie betaamlik is nie… Dis menslike natuur om jouself te wil verdedig of die ander een iets lelik te wil toevoeg sodat jy beter lyk. Die HERE hou ook nie hiervan nie, want respek vir jou naaste is respek vir die HERE.
Die HERE verstaan dat ons menslike liggaam moeg en geïrriteerde word, maar die HERE wil ook hê dat ons om hulp moet vra as ons nie meer kan nie. Ongelukkig vergeet ons daarvan en probeer ons altyd die probleem op ons eie oplos terwyl dit nie nodig is nie! Besef julle dat die HERE gereed staan om ons op bonatuurlike maniere te versterk as ons maar net vra?
So word ons dan geïrriteerd en sonder respek en dit wys nie net aan die buitekant nie, dit wys ook in ons binneste waar dit ons harte vergiftig en ons geestelik uitput. Hierdie probleem moet geadresseer word as ons ‘n gelukkige bestaan wil voer.
Naasteliefde is nie net ‘n gevoel of ‘n uitgesproke woord nie. Dit is ‘n toewyding om te doen wat ongeleë is totdat dit later die mees natuurlikste ding in die wêreld is om te doen. Dit bring later genot in jou hart om die dankbaarheid in ander se oë te sien, in plaas van afkeur wat net jou hart vergiftig.
Om te weet dat jy gefaal het op een of ander manier is nooit maklik nie. Hoe jy met ander oor die weg kom as jy moeg en geïrriteerd is, is die ware toets van naasteliefde. Dis goed vir jou om ander te help as jy self moeg is, leer jou om meer van jouself te gee.
Jesus gaan voort: “My geliefde Kinders. Ek wens Ek het ‘n vinnige en maklike antwoord vir die van julle wat hiermee sukkel, maar Ek het nie. Wat Ek egter kan sê, is dat ‘n deurbraak op pad is. Tot dan wil Ek hê dat julle julle kruise moet opneem en met waardigheid moet dra. Hierdie toestand wat julle nou in is sal nie vir altyd aanhou nie; die einde is in sig!”
“Baie van julle leer hoe kwesbaar julle vir afleiding is en dat julle meer dissipline en beheer moet toepas op jou omgewing. Julle gaan moet leer om te onderskei tussen dit wat waardig is en dit wat tevergeefs en waardeloos is.”
“Om dit waarvoor jy geroep is te bemeester gaan beteken dat jy meer gaan moet opoffer. Sommige van julle het beroepe en kinders en verantwoordelikhede wat ‘n sekere hoeveelheid van jou tyd verg. Ek verwag nie die onmoontlike nie, maar wat Ek verwag is stadige vooruitgang. Vir die wat nie opgee nie, wag daar ‘n uitkoms. Hoe meer jy gesukkel het, hoe groter gaan die deurbraak wees!”
“Baie keer laat Ek toe dat julle lang en moeilike paaie loop om julle harder te maak sodat julle wortels dieper kan groei. Op die manier sal julle wortels nie verdroog as die son opkom nie. Julle was slim, want julle het die weerstand in die harde grond getrotseer en julle wortels is nou dieper en in die goeie grond.”
“Hierdie gaan vir jou sukses waarborg, want wortels moet diep groei sodat hulle die plant kan stabiliseer en voed. Stel julle voor die weerstand wat ‘n saadjie moet deurgaan voor dit kan groei en blom. Net so moet dit vir julle wees. Baie van julle het deurbrake in ander areas net om te vind dat julle nog baie agter is by ander in ‘n verskeidenheid van areas. Moenie opgee nie. Moenie onttrek van die oorlog af nie; hou aan!”
“Wees dankbaar dat daar weerstand is. Ek sal julle versterk en help om te oorwin!”
Dit was die einde van die HERE se boodskap. Mag die HERE hierdie Woord aan julle harte seën!