Plaas jou bekommernisse in die hande van Jesus

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Die wêreld is besig om uitmekaar te val… Alles is besig om skeef te loop…

Die politikusse is radeloos; mense is ontevrede oor hoe hulle leiers sake bestuur en daar is betogings oral. Is dit nie wat Jesus gesê het gaan gebeur in Lukas 21:25 nie? “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,” Die nasies is benoud en daar is radeloosheid onder die leiers, want die mense is ontevrede en hulle betoog teen die leierskap wat hulle verkies het!

Die wêreld het skielik ‘n baie bang plek geword om in te lewe… Almal soek na antwoorde en een of ander vorm van normaliteit, maar ons weet dat daar geen “normaal” meer sal wees nie… Ons weet dat as jy God uit jou lewe skuif, dan begin dinge skeefloop.

Nou, liewe leser, is die tyd om aan God vas te begin klou, want sonder God in jou lewe is daar vir jou geen hoop nie en sal jy in die donker wandel soos die res van die wêreld! Net met Jesus aan jou kant is daar die lig van hoop. Saam met Jesus gaan jy kalmte ervaar in ‘n oseaan van storms. Saam met Jesus sal die wêreld sien dat jy ander is.

Gesels met Jesus! Hy is versot daarop om te hoor wat alles in jou dag gebeur het, selfs al weet Hy dit klaar. Onthou, Jesus is jou vriend en ons gesels met ons vriende, daarom is dit belangrik om met Jesus ook te gesels. Ek praat nie van bid nie, maar gesels. Gesels met Jesus soos jy met enge iemand anders sal gesels. Dis die tipe vriendskap wat Jesus by jou soek.

Klou vas aan die beloftes en onthou dat jy baie werd is vir Jesus. Jou waarde is baie meer as wat jy ooit sal besef. Jy is so belangrik vir Jesus dat Hy gesê het dat niks met jou sal gebeur sonder die Wil van die Vader nie. Nie eers ‘n haar sal van jou hoof afval sonder die uitdruklike toestemming van God die Vader nie. Mense, hierdie is groot woorde! Lees dit en weet dat jy bonatuurlik beskerm word deur die Koning van die Heelal! Daar is werklik geen rede vir jou om oor enige iets bekommerd te wees nie, want Jesus is nog steeds in beheer!

Satan word nou so ‘n bietjie meer vryheid gegee om die wat bestem is om verlore gaan te laat dink dat hulle besig is om te wen, maar hulle wen glad nie, want sonder Jesus is daar geen oorwinning nie! Klou daarom vas aan wat jy het, liewe leser. Ons tyd is min. Ek weet nie hoeveel tyd ons nog het nie, maar ek weet dat dit min is. Dis nou vasstaan in jou geloof en God bo alles anders stel in jou lewe!

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , .