Profetiese boodskap vir Suid Afrika (Donderdag 30 Maart 2017)

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek het vandag ‘n boodskap van die HERE vir julle. Ek het hierdie boodskap Donderdag oggend verlede week ontvang, maar op daardie stadium het ek nie verstaan waarom die HERE so ‘n boodskap vir my sou gee nie. Ek sou later daardie oggend die doel agter die boodskap verstaan…

Die boodskap van die HERE kom opgeteken in Amos 6:1-7:  [1]  Wee die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom! [2]  Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? — [3]  julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe! [4]  Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet! [5]  Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink! [6]  Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie. [7]  Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal ‘n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.”

Ek hoef seker nie vir julle te vertel hoeveel onrus daar op die oomblik in Suid Afrika heers nie. Facebook is vol daarvan, die koerante is vol daarvan, Watsup is vol daarvan… en die boodskap is oral die selfde: onsekerheid, woede en vrees. Die HERE weet dit en Hy is baie goed vertroud met hierdie land en sy omstandighede!

Een ding moet julle verstaan: Suid Afrika is God se oogappel. Hy het planne vir hierdie land wat sal strek tot Hy weer terugkom met sy Bruid aan Sy Sy! Hierdie land gaan ‘n kardinale rol speel gedurende die verdrukking, maar die HERE het ons in die hande van die vyand uitgelewer omdat ons nie wou luister nie. Ons het die mag wat Hy vir ons gegee het misbruik, dis waarom hierdie dinge met ons gebeur. Suid Afrika het sy rug op sy God gedraai!

Maar die HERE is nie doof vir die gebede van Sy regverdiges nie. Dis waarom Hy ‘n einde aan die “rumoerige gejubel van die leeglêers” wil maak, maar Hy het ons gebede nodig om dit te kan vermag. Daarom, liewe Kind van die HERE wil ek vandag ‘n beroep op julle doen. BID! BID soos jy nog NOOIT gebid het nie! Die HERE het elke gebed wat ons kan doen nodig, want dis hoe ons gaan oorwin. Gebede maak mense se oë oop sodat hulle kan sien wat aangaan. Dit bring lig en dit stel onregverdigheid aan die kaak! Maar ons MOET BID!!

Gebed verander sake! Maar nie net op die politieke front nie. Gebed verander ook dinge in jou eie lewe. Mense wat bid, is meer voorspoedig! Hulle lewens loop altyd reg. Satan versoek hulle minder. Hulle finansiële sake werk beter uit! Kind van die HERE, dis ‘n wen-wen situasie as jy bid! As jy dan nie weet wat om te bid nie, smeek dan om genade! Die HERE sal luister, maar ons moet nie ophou bid nie!

Dit het sopas onder my aandag gekom dat hierdie boodskap op 11 Maart 2017 deur Chuck Pierce, die president van Global Sfere Inc. (GSI) ’n apostoliese en profetiese bediening, tydens ‘n gebed byeengekom uitgespreek was. Die boodskap wat die HERE aan hom gegee het lei as volg:

“So sê die HERE: ‘Oor die volgende ses weke sal Ek hierdie land herdefinieer. Ek sê, al sal die vyand ’n reuse poging aanwend om op te staan om weer strukture te skep uit die verlede, Ek sê vir julle, ’n engele leërskare is nou op pad. Selfs al sien julle groot verwarring, Ek sal sommige laat struikel en val in die straat, dit sal die begin van die laaste seisoen verteenwoordig. Ek verklaar dat dit nou My begeerte is dat My heerlikheid van die voet van die vasteland van Afrika af sal styg en oor die land waai, en al die nasies sal die werking van my Hand in Suid-Afrika aanskou. Ek sê vir julle, Ek het hierdie land gekies vir hierdie tyd, Ek het hierdie volk gekies vir hierdie tyd…’”

Liewe lesers, die teksvers wat ek gekry het en die profisie wat hierdie persoon gekry het loop hand aan hand! Moet dus nie bang wees vir dit wat julle gaan sien kom nie. Prys die eerder die HERE daarvoor, want Hy het besluit dat dit tyd is om in te gryp! Prys Sy NAAM!

Bid hierdie week vir hierdie land van ons en smeek om genade, asseblief! Die HERE wil sake vir ons verander, maar dit hang van ons af om te bid sodat hierdie dinge uitgevoer kan word!

(Visited 214 times, 1 visits today)