Waarom is jy so bang?

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek weet daar van julle is wat dink hoe wonderlik dit sal wees as die HERE direk met ons kan praat. Om Sy stem te kan hoor soos wat ons enige iemand anders se stem kan hoor!

Dit laat mens dink aan die briewe in Openbaring 2 waar die HERE direk met die Gemeente in Éfese gepraat het en vir hulle gesê het presies wat verkeerd was in hulle kerk. Stel jou voor jy hoor ‘n stem direk van die Hemel en jy weet instinktief dit is wat die HERE wil hê jy moet doen op hierdie oomblik. Dit klink so wonderlik, maar soos mens ouer word, besef jy dat dit miskien nie is wat jy wil hê nie. Jy wonder of jy gereed is om die absolute waarheid oor jou lewe te hoor en jy wonder of jy gereed is om totale beheer van jou lewe oor te gee aan die HERE.

Kom ek verduidelik dit so: ons almal hou van verwerkte vlies soos worsies, salami, polonie, noem maar op. Dis soos iemand wat ek geken het wat eendag vir my gesê het hy sal nooit daardie goed eet nie, want hy het in ‘n fabriek gewerk waar hulle dit maak het en dit was sy werk om… Daar het ek hom onderbreek, want ek wou dit nie weet nie. Ek wil graag aanhou om my worsies, salami en polonie te eet omdat ek daarvan hou. Ek wil aanhou om wors te eet en ek wil aanhou om te dink dat die wit stukkies in die wors eintlik vitamiene is! Ek stel nie belang om die waarheid te weet nie!

Dis presies soos baie van ons se geestelike lewens. Ons hou van ons geestelike lewens soos dit is. Ons is nie gereed om die Wil van die HERE of die waarheid te hoor nie. Dis waarom ons vir die HERE sê: “Moenie vir my sê wat Jy wil hê ek moet doen nie HERE. Laat ek op my manier aangaan en doen wat ek dink Jy graag wil hê. Ek wil graag aanhou glo dat Jy my geroep het om hierdie gemaklike lewe te lei en as ek in die Hemel kom, hopelik is dat dan daar meer gemaklik as nou. Ek weet dat die Bybel sê dat ons nie geroep is tot ‘n gemaklike lewe nie, maar ek wil graag aanhou glo dat dit so is, net soos ek graag wil glo dat alle verwerkte soorte vleis eintlik goed is vir my.”

Is jy gereed om alles op te gee vir die HERE? Is jy gereed om te sê: “HERE, neem my lewe, Heilige Gees lei my enige plek?” Persoonlik dink ek dat dit elke jaar moeiliker word en dat die doelwit om te bereik elke jaar verder geskuif word. Dis maklik om alles vir die HERE te gee as jy niks het nie, maar baie van ons het kinders, huise en motors wat betaal moet word. Ons is nou meer gevestig en dis moeiliker nou as wat dit was toe ons uit die skool uit gekom het en niks gehad het nie. Ek weet dat die HERE dit absoluut werd is en dat alles wat ons vir Hom gee ons weer tienvoudig gaan terug kry. Ek gebruik hierdie net as ‘n voorbeeld sodat julle moet verstaan waarom party mense so moeilik ‘n oorgawe maak.

Hierdie laat my so dink aan die gelykenis van die ryk jong man in Lukas 18:18-24. Ons veroordeel hierdie mense so maklik omdat hulle nie die regte besluit kon maak nie, maar gaan dink bietjie aan hulle omstandighede. Dis maklik om na ‘n plakkerskamp te gaan en vir die mense daar wat niks het nie te gaan sê die HERE het iets beter vir jou ingedagte. Los alles wat jy het en volg Hom. Dis makliker as om na ‘n ryk woonbuurt te gaan en vir ‘n familie wat lyk of hulle alles het te gaan sê; los alles wat julle het en volg die HERE.

Die waarheid is dat ek weet wat alles in verwerkte vleis gesit word. Miskien weet ek nie presies wat alles daarin is nie, maar ek weet genoeg om te besef dat dit nie goed is vir my nie. Ek weet dat die wit stukkies in wors nie vitamiene is nie! Maar ek probeer om nie daaraan te dink nie. Ons weet dat die HERE ons geroep het tot baie meer. Party van ons voel dit aan, maar partykeer geniet ons die lewe so baie, dat ons net nie daaraan wil dink nie.

(Visited 79 times, 1 visits today)