Profetiese boodskap vir Suid Afrika (Herhaling)

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Ek het eintlik ‘n heel ander boodskap vir julle vir vandag gehad, maar vanoggend het die Gees van die HERE ander planne gehad!

Ek weet nie waarom die HERE my gekies het om hierdie boodskap aan julle te bring nie, want ek is nie ‘n profeet nie. Ek is ‘n sondaar wat genade ontvang het en niks meer nie, maar die wil van die HERE moet geskied en ek moet gehoorsaam wees.

Laas jaar op die 6de April het die HERE vir my hierdie profetiese boodskap gegee om te bring en vanoggend het ek dit vir ‘n tweede keer gekry! Die HERE sê in Sefanja 3:19-20: [19]  Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was.  [20]  In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.”

Die HERE is baie bewus van wat in Suid Afrika aan die gang is en Hy is ook wakker om Sy Woord oor hierdie land te vervul! Die HERE wil hierdie land van ons oprig tot ‘n baken van hoop vir miljoene. Die wêreld gaan regop sit en weet dat die HERE in hierdie land aanbid word! En dit gaan alles gebeur voor die wegraping!

Die veranderinge wat sover op politieke gebied plaasgevind het is maar net die begin. Die HERE sê dat julle nog niks gesien het nie! Julle gaan nog baie groter dinge sien as dit, maar weet dit dat julle gebede verhoor is! Prys Sy Naam!

Kom ek lê vir julle uit wat dit beteken:

Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel – Die HERE sal hierdie probleem met ons land oplos en Hy sal leierskap aanstel wat Hom sal behaag! Hierdie is reeds besig om te gebeur!

die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel – Die wat as gevolg van die aksies van ons regering kreupel gelaat is en die wat tans in die buiteland is omdat hierdie land nie meer veilig is nie, sal die HERE versamel en terugbring na Suid Afrika.

Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was – Sedert die afstelling van apartheid, was die Afrikaners gereken as ‘n skande vir die aarde. Die HERE sê dat ons wat die wêreld se skande was, sal ‘n lof en ‘n roem van die hele aarde word! Suid Afrika gaan dus herstel word tot sy vorige glorie en die wêreld gaan hierdie land bewonder! Prys die HERE!

wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE – Die HERE gaan hierdie veranderinge doen en ons wat nou lewe gaan hierdie veranderinge sien gebeur!

Nou is die tyd om moed te begin skep, liewe leser! Die swaarkry is amper verby! Prys die HERE!

image_pdfLaai afimage_printDruk