Seisoene van die lewe

In al die Kinders van die HERE se lewens is daar siklusse soos seisoene. Siklusse van proewe, teenstrydighede, struikelblokke, verliese en al hierdie dinge is ontwerp om jou in volwassenheid te bring as die Seuns en Dogters van die HERE.

Die kere wat jy die swaarste kry is die kere wat jy die meeste groei en daardie toetse kan nie oorgeslaan word nie. Baie wat na die HERE kom verwag dat die lewe nou skielik maanskyn en rose sal wees, maar gou leer hulle dat die hael alles binne ‘n uur kan verwoes, dat droogte ‘n stadige dood bring en dat die sneeu alles kan begrawe.

Wat na daardie storms gaan gebeur is nie bekend voor die lente aanbreek nie. Baie van julle is nou in julle lente siklus. Julle is gereed om vrugte voort te bring, maar vir sommige gaan daar geen vrugte wees nie, want hulle het hulle tuine aan die genade oorgelaat toe dinge moeilik begin moeilik word het. Ander het weer dit wat hulle moes doen agterwee gelaat. Hulle was nie bereid om die hitte van die somer en die koue van die winter te trotseer sodat hulle nou gesonde vrugte van voortbring nie.

Vir baie is hierdie die soveelste siklus wat hulle deurgaan en is dit die soveelste moeilike tyd wat jy deurmaak, maar kyk waar jy voor dit was en waar jy nou is in terme van jou geloofslewe. In die begin was jou tuin droog met net ‘n paar plantjies hier en daar, maar nou is jou tuin ‘n lushof van geure en kleure, vol van lewende water! Jy het nie jou tuin aan sy eie genade oorgelaat nie. Jy het deurgedruk, deur die storms, die droogtes, orkane en die vloede. Jy het die HERE met jou hart vertrou en kyk waar is jy nou!

Nou sê die HERE dat Hy vir jou in ‘n tyd van oorvloed gaan inbring. Sommige gaan nuwe gawes en talente ontvang terwyl ander hulp gaan kry om onkruid uit te roei en om die regte saad te plant.

Sommige gaan die grond voorberei omdat hulle niks in hulle tuine oorgehad het nie. Jy het gehuil toe die veranderinge gekom het, maar nou dat jy die sagte, swart grond tussen jou tone voel, is jy opgewonde oor wat gaan gebeur.

By ander het die voëls die saadjies wat jy geplant het van die grond af opgepik. Jy gaan meer versigtig moet wees om hierdie saadjies te beskerm totdat hulle sterk genoeg is om op hulle eie te kan groei. Die vyand is geniepsig, want hy weet die HERE plant saam met jou en dit is ‘n bedreiging vir hom.

Vir die wat geleer het om versigtig en op die uitkyk te wees, se tuine is mooi aan die groei, maar moenie te gerus word nie. Die vyand is besig om allerhande vernietigende insekte bymekaar te maak om in jou tuin te kom strooi. Hierdie insekte sal in ‘n oogwink alles vernietig waaraan jy so hard aan gewerk het as jy nie versigtig is nie.

Hy doen dit deur jou aandag af te trek, jou foute en sondes te ontbloot en jou rusteloos te maak. Die HERE sê vir jou om op die uitkyk te wees en om nie voor sonde te swig nie. Onthou: die HERE se Woord is die grensdraad wat die tuin beskerm. Bly daarom wakker in die Woord sodat jou grensdraad beskerm kan word.

Pasop vir selfverheerliking. Dis die nommer een manier om jou tuin onbeskermd te laat. Selfverheerliking hou van agendas en bymotiewe, terwyl broederliefde liefdadigheid, geduld, vriendelikheid en bereidwilligheid om sonder beloning te werk, die tuin bevorder. Broederliefde gee net om oor wat Jesus dink. Daar is geen agendas of bymotiewe om te beskerm nie. Broederliefde is die geheim tot geluk en vrede wat hou. Broederliefde is die stadig vloeiende rivier wat jou na jou bestemming is Jesus sal dra.

Solank jy hierin bly, sal jy veilig wees, maar as jy die boot stop en uitklim, gaan jy op vyandige grondgebied wees en dan gaan jou toekoms onverseker wees. Hou vas aan Jesus, liewe leser en hou vas aan die plan van die HERE vir jou lewe. Moenie in enige ander rigting wil gaan nie.

Bly in die rivier van die lewe en laat die HERE toe om jou veilig na jou bestemming te neem. Geniet die verassings en die oorwinnings wat hiermee gepaard gaan, maar meer belangrik; vertrou die HERE in alles!

Prys Sy Naam!

(Visited 644 times, 1 visits today)