Voorbereiding vir oorlog

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
Print Friendly, PDF & Email

Mag die vrede en die wysheid wat Jesus ons gee deur Sy teenwoordigheid oorheers oor vrees en angs.

Daar word op die oomblik baie voorbereiding gedoen vir oorlog, maar nie een van hierdie voorbereidings sal betyds klaar wees nie. Nie een van die wêreld se weermagte is geensins gereed om enige aanval te kan loods nie.

Nie teenstande is die dreigement altyd daar. Wat die HERE wil hê ons moet verstaan is dat niks gaan gebeur sonder Sy toestemming nie. En solank ons aanhou bid en ons kruise met dankbaarheid dra, sal niks ook gebeur nie.

Baie van ons volg die nuus en dink dat die HERE met ons daardeur praat. Dis waarom internet profete altyd almal dieselfde boodskap het; omdat die boodskap gebaseer word op wat hulle deur die nuus gevoer word. Boodskappe soos die is veronderstel om algemene kennis te wees, maar dit is nie. Opwinding lok luisteraars en hulle wil voortgaan om die opwinding te hoor – dus ondersteun hulle hierdie kanale wat die opwinding lewer.

Klim uit jou tonnelvisie, liewe Kind van die HERE en wees eerder bly oor die gawes wat jy het en die impak wat hierdie gawes op ander mense het. Dis wat die HERE werklik gelukkig maak en ook waarom daar gekeer word dat die ergste plaasvind. Geen plan deur enige iemand, insluitende satan gesmee word kan uitgevoer word sonder die HERE se toestemming nie. Solank as wat ons in gebed bly en intree vir die wêreld sal ons anderkant uitkom sonder dat ons halfpad begin water trap, wag vir die oorlog en die daaropvolgende wegraping.

Ek weet julle is moeg om dieselfde boodskap oor en oor te hoor, maar op die oomblik moet dit gesê word. Hou vas aan die HERE terwyl ons wag vir daardie dag. Laat die HERE ons siele verkwik met lewende water en laat hy ons toerus met inspirasie omdat hy ons so baie lief het! Daar is nog baie siele wat gered kan word en daar moet na hierdie mense uitgereik word.

Genade om ou probleme en terugslae te oorkom is reeds op pad, maar moenie verwag dat enige iets verniet gaan wees nie. Daar is nog steeds opposisie wat oorkom moet word. Ons wat glo is nou meer ‘n teiken as ooit tevore omdat ons elke struikel blok en slaggat wat die vyand vir ons stel omseil deur die genade van die HERE.

Ons is op die oomblik meer toegerus om die vyand te kan weerstaan as ooit voorheen deur die genade van die HERE. Hou dus aan met bou met die een hand terwyl jy met die ander hand die swaard vashou. Onthou dat hoe meer genade uitgedeel word, hoe groter is die opposisie en hoe meer planne word daar gemaak om hierdie genade te steel. Wees daarom op julle hoede en staan vas soos julle hoër gaan in die HERE.

Ons as mens se groot probleem is dat die wêreld partykeer op ons afvryf. Ons kry dan ‘n wêreldse houding teenoor sukses en mislukkings. As die wêreld begin om op jou af te vryf, dan begin jy dink en redeneer soos die wêreld. Dis die soort denk patroon waar jou laat dink dat niks gebeur tensy ons dit laat gebeur nie. Hierdie manier van dink werk goed as jy die skottelgoed was of huis skoon maak, maar in die groter prentjie is daar geen plek vir die HERE in hierdie denk patroon nie. Dis omdat alles sentreer om die eie ek en nie wat die HERE deur ons kan doen nie. Jy sal nooit die opposisie kan weerstaan as jy nie in die teenwoordigheid van die HERE bly nie, want ons gedagtes is nie die HERE se gedagtes nie. (Jesaja 55:8)

Die HERE kan deur ons werk as ons Hom toelaat en as ons die selfvertroue en die geloof daartoe het. Dis waarom dit so belangrik is om die hele tyd in die HERE te bly, net soos die HERE in Johannes 15:5 gesê het: “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”

Die HERE seën julle die week! Bly in Hom en laat hom toe om jou swakheid te omskep in Sy sterkte!

(Visited 54 times, 1 visits today)