Waarmee gaan jy mee besig wees as Ek kom?

Waarmee gaan jy mee besig wees as Ek kom?

Mag die Here die wysheid en deursettingsvermoë aan ons gee wat die weg vir die Wegraping moet voorberei, sodat ons nie moeg word om goed te doen en die werk wat Hy aan ons toegewys het, verlaat nie. Amen.

Ek wil begin deur te sê dat hierdie nie my eie boodskap is nie, maar ek voel gelei om dit aan julle te bring.

Daar is verskeie mense wat die laaste ruk drome oor die wegraping gehad het. Self weet ek dat die Here binnekort gaan kom, maar ek weet ook dat die HERE se “gou” nie onmiddellik “gou” is in ons terme nie. Maar sommige van julle is haastig en daar is baie stories hieroor wat op Internet sirkuleer, daarom gaan ek hierdie boodskap wat ek ontvang het deel.

Jesus gaan voort: Die bewustheid moet die hele tyd daar wees, want mense is geneig om te vergeet en hulle in hulle werk te begrawe. Ek verheug my oor diegene wat hulle in My werk begrawe . Maar daar is diegene wat nog steeds aan die slaap is oor My koms en vir hulle is dit nodig dat daar weer alarm gemaak word.

Diegene van julle, wat hard werk vir My, maar weet dat ek binnekort kom: julle doen die regte ding. Diegene van julle wat julle werk vir My neergegooi het omdat Ek gou kom, in jou is Ek teleurgesteld. Ek is getrou en Ek openbaar wat julle gaan ondervind voor die tyd. Daar is dus geen rede vir jou om die taak wat Ek jou gegee het om te doen af te skryf omdat die tyd min is nie. Satan lieg vir jou as hy vir jou sê dat daar nie meer tyd oor is om enige iets wat Ek jou gegee het te voltooi nie. Ek sal geen taak aan jou gee om te doen as daar nie die tyd was om dit klaar te kry nie.

Hierdie is presies wat Ek julle gewaarsku het om nie te doen nie. Daar is tyd om jou werk te voltooi. Hou dus aan! Moenie in jou taak vir My slap lê nie. Moenie so bekommerd raak oor wanneer Ek gaan terugkom dat jy ophou om aandag aan jou werk vir My gee nie.

Asseblief, My Kinders; Ek maak vrugte bymekaar van die werk wat julle doen. Jy is besig om ‘n voorbeeld sonder gelyke aan die wêreld te stel. Ja, Ek kom gou, maar jy moet alles wat jy kan doen tot die dag dat Ek julle van hierdie wêreld af wegvat. Ek sal geen taak aan jou gee om te doen as dit nie vrugte gaan afwerp nie. Hou dus op om in die lug op te kyk en kyk eerder na die siele wat voordeel gaan trek uit die werk wat jy doen.

Sê vir die wêreld dat Ek gou kom. DIE TYD IS MIN! Maar stel My werk eerste! Moenie vir die wêreld werk nie, werk vir My. Laat elke minuut tel! Werk vir die koningryk van die Hemele. Wees doelbewus met jou tyd en moenie die tyd mors nie. Dan gaan jy gereed wees vir die wat binnekort gaan kom.

As jy egter aanhou om vir die mense te sê die uur is nou en dat Ek aan die kom is, dan voeg jy net by die ontmoediging en ontnugtering wat daar reeds is en maak jy ‘n bespotting van die geloof.

Nee, dis nie jou skuld dat mense of selfs mede Christene jou nie glo nie, maar baie is so ontmoedig dat hulle nie na jou sal luister nie. As jy egter sê dat Ek gou kom en dat die oes ingebring moet word, dan weet niemand presies hoeveel tyd daar oor is nie. Ons weet egter dat die tyd min is en as jy dit uitbeeld in jou produktiwiteit vir die Koningryk dan sal jou getuienis soveel meer krag dra.

Julle sien, almal het ‘n opinie; almal het iets te sê en almal dink hulle het die jongste profetiese woord. Maar wat mense soek is jou belegging in wat jy glo. As jy dan glo dat ek gou gaan kom, waarom spandeer jy dan ure voor die TV, op Internet, speel jy rekenaar speletjies, gaan jy na partytjies toe en leef jy vir die wêreld? Dis geen voorbeeld om te stel as jy ‘n Christen is met oortuiging dat Ek gou gaan kom nie. Dis die teken van ‘n louwarm Christen!

Maar as jy heeltemal daartoe verbind is om die Koninkryk te bevorder en jou daaraan te onderwerp, sal jy mense na My toe aantrek. Hulle sal die werk van jou hande sien, jou toewyding en die manier waarop jy jou tyd gebruik. Hulle sal jou dan glo en hulle sal luister!

As jy getuienis lewer, moet jy altyd die moontlikheid uitdruk dat daar klein vertragings sal wees saam met die feit dat Bybelse profesie, vir die eerste keer in die geskiedenis, aan die voorwaardes wat Ek in Mattheus 24 uiteengesit het, voldoen. Ander profesieë van ander godsdienstige bronne kan ook genoem word soos die opvolging van pouse volgens naam en nommer, Israel wat weer ‘n land is en dat die evangelie wat tans aan elke uithoek van die aarde verkondig word. Alles is volbring soos Ek gesê het dit sal wees voor My koms. Net voor My koms. Wees ferm in die feit dat hierdie die finale uur is, want van nou af is dit net ‘n kwessie van tyd voor die Vader vir My gaan sê “dis tyd”!

My Kinders, verstaan tog dat jy meer siele gaan bereik met die feite soos bo genoem as wat jy gaan bereid deur te sê “Hy gaan kom, Hy gaan kom, Hy gaan gou kom!” Julle kan ook byvoeg deur te vra “Wat doen jy vir die HERE?”, “Leef jy vir die HERE?”, “Waarmee gaan jy besig wees as die HERE kom?”

Moenie ophou werk om vir ‘n oomblik in die lug op te kyk nie. Hou aan met arbei tot Ek vir jou sê dis tyd om te stop, want daar gaan ‘n tyd kom wat jy baie min gaan kan doen. Maar tot dan, as jy My liefhet, hou aan met werk! Maak klaar waarmee jy begin het en verkondig dit onder die mense. Jy weet glad nie watter verlore siele jy gaan bereik deur jou werk nie en dit beteken alles in die wêreld vir My.

Ek sal die wat suiwer van hart is en wat sonder ophou vir my werk beloon. Die wat halfhartig werk en nie hulle take voltooi nie sal wees soos die dienskneg wat sy talent begrawe het.

Ja, Ek sal jou vergoed met bevordering. Die van julle wat alles gee, sal nooit glo wat Ek vir julle beplan nie. Ek sal egter dit sê; jou wildste drome gaan nie kan vergoed daarvoor nie! Jy sal meer werk gegee word om te doen omdat jy getrou was aan die klein goedjies wat Ek vir jou gegee het om te doen. Jy het nie gaan sit en gesê: “Hy kom, dus is daar geen punt daaraan om verder te werk nie!”

Daardie is ‘n leun en dit word vertel sodat jy moet ophou werk. Moenie daarna luister nie. As Ek kom, sal jy saam met My gaan feesvier terwyl ander wie nie wou luister nie agter gelaat word. Vat My woorde ter harte, want dit is Gees en Waarheid. Moenie verder tyd mors nie. Gebruik die tyd wat oor is met wysheid. Moenie sit en rus nie, want dit gaan ‘n groot impak hê waar jy sal gaan en of jy geneem gaan word.

Ek is baie trots op die van julle wat so hard vir My werk. Julle sal julle beloning nie verloor nie.

Vir die res van julle, staan op en werk. Daar is nog tyd; meer as wat jy dink daar is. Ek het nodig dat julle gehoorsaam moet wees.

Dit was die boodskap. Prys die Naam van die HERE!

 

(Visited 84 times, 1 visits today)