Hierdie is ‘n vraag wat deur baie gevra word. As jy een van die is wat hieroor wonder, lees dat hierdie boodskap van die HERE.
Voor ek begin wil ek net sê dat die HERE in hierdie boodskap baie hard met sommiges gaan praat. Dis net om af te breek nie, maar om te wys waar die foute is sodat dit reggemaak kan word voor dit te laat is.
Die HERE het nooit bedoel dat ons die onderlinge byeenkomste moet afskeep nie, maar wanneer die kerk sy sout verloor het, waarmee sal dit gesout word?
Baie leraars sien eenvoudig net nie kans vir die risiko wat met ‘n verandering gepaardgaan nie omdat hulle bang is hulle verloor lede. Om daardie rede hou hulle maar aan doen soos daar vir hulle gesê word om in guns by diegene te bly, maar dan gebeur in elke geval wat hulle die meeste vrees. Kerk lede wat gemaklik is in hulle gemaksone bly in die kerk, maar die wat graag saam met die HERE wil voortgaan, word ontnugter as hulle sien wat aangaan en dan verlaat hulle die kerk. So sterf die kerk stadig.
Wanneer mense gekies word om in die kerk raad te dien of as sangers of koor leiers op te tree omdat hulle gewild is of oor hulle posisie in die samelewing of wat hulle vir die kerk kan doen, dan word daar gekomprimeer. As die HERE hierdie mense nie kies nie, dan val die bediening plat, word dit leweloos en laf; sonder smaak. Die kerk sal nie die teenwoordigheid van die HERE voel nie en harte sal nie genees word nie. Gemeenskap met die HERE sal nie gebeur nie en die kerk sal nie groei nie omdat die mense net geleer word wat veilig en sonder risiko is. Sien julle nie? Jy kan nie die mens en God gelyk dien nie! In enige kerk MOET die HERE die leier wees en nie die mense nie!
Daar is ‘n rangorde in die meeste kerke wat baie streng nagevolg word en die doel is om die leraar en die kerk raad te beskerm en almal gelukkig te hou. Hierdie beskerming kom van vrees en nie uit liefde vir die HERE nie en nog minder uit liefde vir die skape. Wanneer besluite gemaak word om hierdie status te beskerm, dan word die seëning wat daar was uitgedruk en al wat oorbly is droë brood. Die leraar het hom verskans teen kritiek en die skape het geen ander uitweg as om die kudde te verlaat nie.
Daar is ‘n plaag in die Liggaam van die HERE. As jy ‘n leraar is en jy lei nie die kudde van die HERE volgens Sy wil nie, sal jy aanspreeklik gehou word vir die siele wat verlore gaan. Daar is baie wat die kerkbanke warm sit, maar as hulle die kerk verlaat, dan gaan hulle reguit terug na hulle ou sondes toe omdat daar geen oortuiging en geen vuur in die kerk is nie.
Wanneer die HERE in beheer is, dan word hierdie siekte geadresseer en word die wonde word verbind. Begunstiging en politiek is verbode, want hulle bestaan nie in die Kerk van die HERE nie! ‘n Leraar na die Hart van die HERE sal nooit sy posisie prysgee as gevolg van groepsdruk nie. Nooit nie! Hy sal altyd eerste uitstap as om in te gee teen enige iets wat teen die wil van die HERE is.
Leraars! Na wie luister julle as julle julle kerk leiers kies? Wie stel julle aan om die HERE te dien? Waar dan is die leraars wat gebroke huwelike probeer herstel, die tieners leer van die HERE en omsien na die oues van dae? Sorg jy vir al die skape of sorg jy net vir die wat die dikste wol dra? Kyk jy waaraan die skape eet of vergiftig jy hulle deur hulle toe te laat om aan allerhande giftige eksotiese plante te eet? Korrigeer en vermaan jy gedrag wat afbreek, of vermy jy konflik?
Die skape sien alles wat jy doen en hulle weet hoe om dinge by jou verby te kry, watter knoppies om te druk en wat jou gunstelinge is. Hulle lees jou soos ‘n boek! Baie het die Kerk van die HERE verander in ‘n sosiale klub waar die elite en die leiers van die kerk bymekaarkom en mekaar op die skouer klop oor wat hulle in die wêreld vermag het. Almal respekteer dit, behalwe die HERE. So word die skape nat hooi gevoer; nie vars hooi of sappige groen gras nie. Almal erken die HERE, maar diep binne in is hulle leeg. Hulle lyk gesond van buite, maar binne in is hulle organe besig om te verrot. Moet hierdie skape wag tot die oordeel om uit te vind dat hulle dood was binne in? Weet jy nie dat dit dan ‘n bietjie te laat gaan wees nie?
Jou werk as leraar is om die skape gesond te hou. As een siek word, dan moet dit eenkant gehou word en versorg word. Dit moet nie toegelaat word om saam met die ander gesonde skape te wei nie, anders gaan die hele kudde siek word.
As een van jou diakens owerspel pleeg met ‘n ander se vrou, dan sal dit nie vanself weggaan tensy jy dit adresseer nie. So versprei die plaag na die res van die skape terwyl jy ander pad kyk. Die skape weet jy kyk ander pad en so gee jy die skape oor aan die wolwe. Die leraar is so aan die slaap of so betrokke by die nuwe bou projek dat die wolwe reg onder sy neus aan die werk is en hy dit nie eers agterkom nie!
Dis omdat jy die wêreld gekies het om te lei en nie die HERE nie! Jy het die gewildheid kompetisie gewen, maar jy het siele verloor. Jy het die groot heiligdom wat jy nog altyd wou gehad het, maar jy het ook motte in die kas wat alles verniel. Klink dit na vooruitgang? Vat jou oë ‘n slag af van die nuwe kerk banke en gaan kyk ‘n slag na wat jou skape doen. Hoe baie keer het getroudes jou gebel om uit te vind waar hulle wederhelftes is? Doen ‘n slag iets buitengewoon wat nie op jou normale skedule is nie en kyk wat hy gaan uitvind.
Daar is so baie wat verlang om die HERE te dien en wat deur die HERE gesalf is om te lei, maar hulle word oorgekyk omdat hulle finansies nie na wense is nie. En die rede is omdat hierdie mense eerder gekies het om tyd saam met die HERE te spandeer as om die wêreld aan te hang en geld te maak.
Die HERE roep diegene wat ongekwalifiseerd en finansieel gebroke is omdat hulle in die oë van die HERE gekwalifiseerd is om te lei. Hierdie mense mag opleiding nodig hê, maar hulle is reg voor die HERE.
Maar solank as die wêreld in beheer van ‘n kerk is, sal hulle wêreldse resultate verkry. Wat ‘n werklike dinamiese liggaam vir die HERE kon gewees het, het nou plek gemaak vir dit wat goed lyk terwyl sonde voortgaan in hulle privaat lewens.
As die HERE vir jou siele stuur met opkomende gawes, help jy hulle om dit te verstaan of stoot jy hulle terug sodat hulle nie ‘n gevaar vir die ander in jou bediening kan inhou nie? Neem jy tyd om saam met hulle te werk of moedig jy hulle aan om liewer ‘n ander kerk te soek? As ‘n leraar van ‘n ander kerk wat duidelik jaloers en territoriaal is neerkyk op een van jou kudde, wys jy hom reg of praat jy dit wat hy doen goed?
Help jy die met profetiese gawes en stel jy hulle aan in die posisies wat die HERE hulle voor geroep het of maak jy verskonings waarom hulle nie in jou bediening mag werk nie? Jy weet, die HERE kan aan en aan gaan waarom jou kerk dood is en dit maak nie saak hoe talentvol en gewild jy is nie. As jou hart nie reg is by die HERE nie, dan sal niks wat jy doen die gemeente na die HERE lei nie.
En dan vra jy die HERE waarom mense jou kerk verlaat?
Die HERE sê nou vir jou; voor dit te laat is. As jy ‘n gesonde bediening wil hê, dan moet jy in die HERE se voetstappe volg. Jy moet preek wat die HERE vir jou gee om te preek en jy moet Hom prys in gees en in waarheid en nie net vir die skyn om die mense gelukkig te hou nie. Daar is min tyd vir jou om jou huis in orde te kry.
Is jy bereid om alles te verloor om die HERE te vind? Is jy bereid om jou ses syfer salaris prys te gee en op die rand van bankrotskap te leef om sodoende die skape van die HERE na groener weivelde te lei?
Kies nou wie jy wil dien, want die dag kom wanneer die hout, die hooi en die stoppels met vuur verbrand gaan word. Dan gaan die wat hulle eie agendas nagejaag het, naak voor die HERE staan saam met die siele wat hulle verloor het!
Die HERE roep jou nou om die appel karretjie om te gooi. Laat die appels uitval en ondersoek dan elkeen voor jy hulle terug pak. Verwyder die vrottes, die wat gedurig hulle grondgebied wil beskerm, die wat manipuleer en gedurig stoot vir meer invloed, die wat gedurig stry soek, mense teen mekaar afspeel en skeiding in die kerk veroorsaak. Jy weet wie hulle is, want hulle is die wat jou laat ineenkrimp as jy die telefoon antwoord. Hulle is die met die agendas en as jy nie gehoor gaan gee nie, gaan dit jou baie kos.
Hou op om alles toe te wil smeer. Raak ontslae van al die dooie programme wat net gaan om deur die mense gesien te word en vir die HERE van geen waarde is nie. Versorg die wat gebroke is, seergekry het en die wat eenkant toe gestoot is en dan sal jy weer aansien by die HERE vind. Dan sal jou bediening gered word en jou kerk weer lewe kry!
Prys die Naam van die HERE!