Ons sal seker nooit die liefde wat die HERE vir ons het kan verstaan nie. Dis eenvoudig bokant ons vermoë om te kan verstaan…
Die probleem is dat ons so vol oordeel en self haat is, dat die HERE net nie kan deurdring tot ons nie. Gelukkig hou die HERE nooit op om te probeer nie en so elke nou en dan voel ons wat ware liefde is.
Julle sien, elke persoon is ‘n komplekse prop wat net presies in die regte sok kan pas. Elke siel in die wêreld is anders. Daar is verskillende grotes, kombinasies, lengtes, wydtes en dieptes.
God die Vader het sokke vir elke prop. Jy kan byvoorbeeld nie in die sok vir ‘n ander pas nie en so kan iemand anders ook nie in jou sok pas nie. ‘n Siel kan slegs volledig word as hy of sy uit sy of haar eie terugkeer na die Vader en inprop by die sok waarvan hy of sy gemaak is. Slegs dan kan die Vader heel voel, want ‘n deel van Hom het teruggekeer na Hom toe.
Dis waarom dit so tragies is as ‘n siel verlore gaan. Daardie unieke sok waarin net daardie siel kan pas sal nou vir altyd leeg bly. Dit beteken dat daardie deel van die Vader onvolledig is. Niks en ek bedoel niks is so pynlik soos die wete dat deel van jou nooit sal terugkeer nie.
Wanneer jy verbind aan die Vader, dan kan jy die verbinding voel en dan kan Jesus met jou in gemeenskap verkeer. Jy voel dan ook die liefde wat net vir jou gereserveer is. So is dit vir alle siele.
Sommige sien die Vader as iemand wat ‘n kind versigtig op sy knieë balanseer, terwyl ander Hom weer sien as iemand van ongelooflike gesag en majesteit. Dis meer krag as wat ons ooit sal verstaan.
Ongeag in watter vorm ons die Vader ervaar, daar sal altyd hierdie deel wees wat ‘n persoonlike verhouding met jou wil koester. Soms is hierdie persoonlike verhouding intiem en soms is dit in onderdanigheid wanneer Hy op die Troon is.
Om terug te kom; ons sal nooit die oneindige liefde kan verstaan wanneer ons verbind aan die Vader deur Jesus en een met Hom word nie. Die naaste wat ons daaraan gekom het was die dag wat jy jou hart vir die HERE gegee het en teruggekeer het na die sok waaruit jy gemaak was. Daardie was maar net ‘n voorsmakie van wat jy sal voel as jy in die Hemel kom. Dis ook net ‘n voorsmakie van die liefde wat die HERE vir ons almal voel.
Ongelukkig laat jy toe dat demone jou die hele tyd besmet met vuil opinies van jouself. Vals gevoelens van skuld, beoordelings, herinneringe aan ou sondes en so vind jy dit amper onmoontlik om jouself daarvan te bevry. Jy moet die HERE inlaat in daardie heiligste van heilige gedeeltes van jou hart sodat Hy die gemors kan skoonmaak en die oorblyfsels met Sy liefde en vergifnis vir jou kan verbrand totdat niks oorbly wat tussen jou en die Vader kan staan nie.
Wanneer jy dan daar kom, reflekteer jy die glorie van die Vader en is jou teenwoordigheid vol van genesing. Dis waarom dit so belangrik is dat jy jou moet weerhou van gewoontesonde asook om enige iets te doen wat die Gees van seermaak. Saam met gewoontesonde kom skaamte en skuldgevoelens soos ‘n dik slym en dit verblind jou visie van die HERE. Omdat jy skuldig voel, begin jy om die HERE te vermy.
Dit is hoe die demone jou manipuleer om te skei van die HERE: “Hy is God en Hy sal verstaan. Gaan voort, Hy sal jou vergewe…” en nadat jy dit gedoen het, dan verander die liedjie baie vinnig! “Jou agterbakse vuil aard! Hoe kon jy dit doen? God kan jou nou nie verdra nie. Jy is hopeloos te vuil om in Sy teenwoordigheid te wil wees.” En so onttrek jy jou van die HERE af.
Maar die HERE kan hierdie skuldgevoelens weg was en in tyd sal jy weer jou plek kan inneem, maar dit gaan tyd vat. Maar gedurende daardie tyd was daar iets baie belangrik wat die HERE met jou wou doen wat nou nie meer gedoen kan word voor jy nie vergifnis gaan vra het nie. Die demone het dit gesien kom en hulle het vooruit beplan en jou in die slaggat laat trap.
As jy ernstig is oor die HERE, dan kan jy nie toelaat dat gewoonte sonde die oorhand oor jou kry nie. Vergifnis is beskikbaar, maar dit vat tyd. Jy kan nie net meer sê “Jammer” en dan is alles oor en vergewe nie. Foute wat jy uit onkunde maak, kan maklik vergewe word, maar sonde wat aspris gepleeg word, het gevolgtrekkings en hoe lank dit vat om op te klaar hang af van in hoe ‘n mate jy die HERE se vertroue ondermyn het.
Die tydsberekening wat nodig is om ‘n siel te bereik kan baie keer krities wees. Satan weet dit en as hy by jou kan uitkom voor die tyd, dan kan daardie siel nie deur jou bereik word nie. Hierdie is satan se taktiek, maar as jy skoon bly, dan kan jy siele bereik in oortuiging; wetende dat die HERE gebede gou sal antwoord.
Dan is daar natuurlik ook die beskerming teen versoeking. Daar is engele wat jou beskerm, maar as jy dit op jouself neem om ander te oordeel, dan maak jy op jou eie ‘n gat in hierdie web van beskerming vir die demone om te kan inkom. Die HERE laat satan doelbewus toe om jou te versoek om jou te oortuig hoe nietig jy is en om jou te leer om nie te oordeel nie. Jy verloor baie seëninge deur te oordeel. Dit wat jy voor hoop en droom sal gedurig van jou af weggeneem word totdat jy leer om ander meer te eer as jouself.
Moenie oordeel nie! Maak nie saak wat die omstandighede is nie. As jy dit kan doen, sal jy vinnig groei in status in die Hemel en jy sal deur die engele geëer word wat dan gou tot jou redding sal kom. Baie van julle weet dit reeds en julle pas dit sodanig toe, maar wees veral op jou hoede vir iemand wat jou wil verneder. Dan is jy op jou mees kwesbaarste om te oordeel.
Dis ook waarom die HERE nie wil hê dat ons die nuus moet kyk nie omdat die meeste daarvan leuens is. Wanneer jy dan reageer met oordeel as gevolg van hierdie leuen, is dit ‘n baie ernstige sonde in die oë van die HERE. Selfs al is die storie waar, is dit beter om jou te weerhou van oordeel. In baie gevalle sal ‘n denkrigting soos die verhoed dat jy seëninge verloor wat jy voorheen ontvang het.
Baie van julle bid hard vir seëninge en as die HERE dit vir jou gee, dan vermors julle dit deur ander te oordeel. Onthou dat die demone jou baie fyn dophou. Hulle weet presies wanneer jy seëninge ontvang en dan staan hulle gereed om jou aan te val met temptasie. Hulle wil hê dat jy seëninge moet verloor, want hoe meer seëninge jy het, hoe ‘n groter bereiding is jy vir hulle koningryk.
Die HERE noem nie hierdie dinge om ons seer te maak of te veroordeel nie, geliefdes. Dis om ons attent te maak op die gevare wat ons in die gesig staar sodat ons versigtig kan wees. Die HERE deel hierdie kennis met ons omdat Hy ons so ongelooflik baie lief het en sodat ons die vreugde wat ons voel met ander kan deel.
Prys die Naam van die HERE!