Wipplank van trotsheid

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Dankie Jesus dat U nie toelaat dat trotsheid ‘n houvas in ons lewens kry nie. Amen!

Liewe Kinders van die HERE, trotsheid is ‘n lelike ding! Dit laat jou selfstandig voel en dat jy nie op die HERE hoef te vertrou nie. Dit liewe leser, is die een ding waarteen ons ten alle tye moet waak; om in ‘n toestand te kom waar ons nie meer van die HERE afhanklik is nie. Dit gebeur baie maklik!

Ek weet daar is baie mense wat dink dat ek iets spesiaal is oor die Woord van die HERE wat ek bedien, maar ek kan julle verseker dat ek nie is nie. Die HERE haat trotsheid en ons moet so versigtig wees dat dit nie ‘n houvas kry nie, want as trotsheid eers inkomplek het, dan forseer dit die HERE se hand om satan toe te laat om ons hard te laat val.

Kom ons vat vir Oscar Pistorius as ‘n voorbeeld. Die HERE het iemand gevat wat nie kon loop nie en vir hom alles gegee! Hy het die wêreld aan sy voete gehad, maar toe kry trots die oorhand en dink hy dat hy onaantasbaar is; dat sy faam hom uit alles kan kry… Julle almal weet waar hy vandag is. Dieselfde het met Lans Armstrong gebeur. Ook hy het die wêreld aan sy voete gehad en die Tour De France sewe keer in ‘n ry gewen, maar toe kry trots die oorhand en moes die HERE iets doen om hom terug te bring grond toe.

Verstaan julle waarom trots so gevaarlik is? Moet NOOIT dink dat jy iets spesiaal is nie, want alles kom van die HERE af! Die geld wat jy het is nie joune nie, want die kennis en die energie wat jy gebruik het kom van die HERE af! Dis die HERE se asem wat jy elke dag in asem! Die aarde en die volheid daarvan behoort aan die HERE! (1 Korintiërs 10:26)

Jesus sê: “Geliefde Kinders, julle het niks om te vrees deur jouself te sien soos jy is voor My nie. Die vrees moet kom as jy probeer om die probleem te ignoreer, want dan fnuik jy net jouself. Dit behoort jou baie onrustig te maak, want jy loop op baie dun ys wat gemaak is van trotsheid, selfstandigheid en selfversekering.”

“Wanneer jy begin voel dat jy dit alleen kan doen, hardloop na My en laat My toe om jou terug te bring na realiteit voor Ek moet toelaat dat jy hard val. Doen dit en Ek sal jou jou foute uitwys en jou die trane gee om vergifnis te kan vra, want Ek is vol vergifnis en ‘n nuwe begin vir jou. Ek staan altyd gereed om jou te vergewe. Altyd, want Ek wil hê dat jy vry moet wees. Wanneer jy trots is, dan is jy gebind omdat jy nie kan sien waar jy heengaan nie.”

“My Kinders, daar is niks meer gevaarlik as ‘n onafhanklike, trotse houding nie. Julle is besig om die fondasie te lê nou op aarde vir ‘n werk wat in die hemel voltooi gaan word. As trotsheid nou in daardie fonasie beland, maak dit die hele fondasie swak. As jy My Woord aan ander bring, dan maak dit hulle fondasies ook swak. Dan word jy soos baie ander predikers daar buite wat My Liggaam seer maak en my Gees uit die kerk uit verdryf.”

Liewe lesers, dis nie nodig vir jou om rond te hardloop en vir almal te wys wat jy gedoen het sodat hulle jou op die skouer kan klop nie. Nee, nee, nee! As jy daardie houding het, dan is dit beter dat jy liewer niks doen nie, want die HERE gaan toelaat dat jy val! Dis nie wat nodig is nie. Dis nodig om te verstaan dat alles van die HERE af kom en dat al die eer na Hom toe gaan. Ons is niks! Ons kry niks!

Ons waarde kom van die wete dat Jesus op die kruis vir ons gesterf het. Daar is niks meer kosbaar as dit nie en dis waar ons waarde vandaan kom. Die res is ‘n geskenk van die HERE af en dit kan baie maklik afgevat word. Wees dus versigtig liewe lesers!

Jesus gaan voort: “Nou dat julle weet wie aan die stuur is en wie in die enjin kamer is, is daar geen gevaar om die gawes wat Ek jou gegee het in jou eie gawes te verander nie. Jou talent kom van My af en dis myne van begin tot einde. Jy bestuur net die hulpbronne en jy doen jou deel as my ambassadeur. Bly in hierdie toestand en die vurige pyle van die vyand vol trotsheid sal geen invloed op jou hê nie, want Ek sal hulle uitblus met Lewende Water voor hulle by jou uitkom!”

“Dit is die geheim van ‘n Goddelike Bediening. Ons doen dit saam en jy is My nederige dienskneg. Beskerm die waarheid met alles wat jy het, want satan sal nie ophou om te probeer om trotsheid in jou hart gevestig te kry nie.”

Prys die Naam van die HERE!

image_pdfLaai afimage_printDruk