As jy lus voel om op te gee

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Voel jy die laaste ruk lus om net op te gee? Dan het die HERE hierdie boodskap net vir jou.

Dis alles leuens! Dis satan wat vir jou vertel dat jy jou tyd mors, dat jy te oud is, te moeg en nie sterk genoeg om aan te gaan nie. Nou voel jy dood binne in. Satan wil ernstige skade aan in jou lewe aanrig, maar die HERE wil dit nie toelaat nie so nou probeer hulle jou moed breek. Maar die HERE sê jy moet nie opgee nie. Hy sal jou help! Moet net nie opgee nie! Die donkerste uur is altyd net voor die son opkom. Jy sal weer opstaan. Vertrou net op die HERE!

Baie van julle is besig om julleself leeg te hardloop en julle spandeer nie genoeg tyd saam met die HERE nie. Jy moet onthou dat jy net kan gee wat jy het. Word dus stil voor die HERE en laat Hom toe om jou siel te verkwik. As jy dit doen, sal die HERE jou genees, maar jy gaan tyd saam met Hom moet deurbring. Moenie bekommerd wees oor jou verpligtinge nie. Maak tyd vir die HERE en daar sal outomaties tyd wees vir al jou verpligtinge.

Daar word daagliks ‘n baie sterk aanval geloods teen die Kinders van die HERE. Veral vir julle wat gereelde lesers is hier. Satan haat die boodskappe wat hier verkondig word, want dit bring moed en dit leer julle hoe om hom te verslaan. Hy haat julle wat gereeld lees nog meer. Hy het dit daarom sy persoonlike veldtog gemaak om almal wat die boodskappe lees aan te val en te oorwin. Jy gaan moet opstaan en baklei vir jou reg om voort te bestaan in jou roeping.

Die goeie nuus is dat die HERE met jou is, maar die slegte nuus is dat satan dit wat die HERE doen haat en daarom saboteer hulle julle lewens. Weet julle wat satan se primêre teiken is? Jou verhouding met die HERE. Die oomblik wat jy jou verhouding met die HERE in tweede plek sit, dan begin jy om agteruit te gly.

Hierdie is nie soos voorheen nie. Hierdie is die tyd wat net die dapperste, sterkste en die wat die skoonste van hart is sal oorwin. Waarom, omdat die opposisie van die End Tyd baie sterker is as wat voorheen die geval was. Baie meer satans aanbidders is op hierdie oomblik op aarde as wat voorheen die geval was. Dinge wat voorheen met ‘n gebed ketting reggemaak kon word, gaan nou drie tot vier maal meer verg om te oorwin.

Hierdie is die laaste oorlog voor die wegraping en ook die tyd van die grootste toets vir die wat uitverkies is. Teen die tyd wat jy hierdie tydperk oorwin het, gaan die tyd daar wees vir die HERE om ons huis toe te neem. Hierdie is ook die tyd waar baie vrug gedra kan word, maar as jy deel daarvan wil wees, dan gaan jy toegewy moet wees aan jou tyd saam met die HERE. Die van julle wat dit erken en julle tyd saam die HERE deurbring ongeag wat ook al gebeur, is die sterkste van almal. Dis omdat die HERE in jou lewe is dat jy nie oorwin kan word nie, want die HERE kan nie oorwin word nie!

Die HERE sê hierdie dinge vir jou vooruit sodat jy jou toewyding aan Hom kan bepaal en kan besluit of jy bereid is om te doen wat nodig is om te oorwin. Onthou, almal van julle is teikens vir satan. Waarom, omdat die HERE julle geroep het om die Woord te verkondig sonder agendas, jaloersheid, oordeel of vrees. Die HERE het sy end tyd weermag nodig en jy is geroep!

Die feit dat jy geroep is gaan nie enige effek hê as jy gaan komprimeer op jou tyd saam met die HERE nie. Jou tyd saam met die HERE is die basis waarop jy gaan bou. As jy nie gehoor gaan gee nie, gaan jy miskien die werke toon, maar dit gaan werke van hout en strooi wees wat gaan verbrand as dit getoets gaan word. Moet dus nie komprimeer op jou tyd saam met die HERE nie!

Om ‘n goue hart te hê gaan jy uithou vermoë moet kan toon in jou verhouding met die HERE. Ongelukkig is baie net nie bereid om daardie ekstra tyd in te sit nie. Jy gaan ook vry van gewoonte sonde moet wees. Dit is vry wees van doen wat jy wil as jy weet dat dit nie die wil van die HERE is nie. Die wat uithou sal oorwin en meer seëninge sal aan hulle gegee word, maar die wat verkies om in die modder te bly rol, sal oorgeslaan word.

Die van julle wat reeds bedienings het, word op die oomblik deur satan versoek om meer tyd aan jou bediening te spandeer en minder tyd in gebed saam met die HERE. Waarom? Omdat satan weet dat jy ten grond sal gaan as jy nie genoeg bid nie.

Die keuse is nou julle s’n. Jy kan alles kry wat die HERE aanbied, maar dit gaan jou baie kos. Die HERE reinig eers die wat Hy wil gebruik voor hy hulle gebruik en baie van julle gaan al vir maande deur hierdie reinigings proses. Die HERE soek na die vir wie hy die uitsoek gawes kan gee en dis waarom Hy die vuur stook. As jy een van die is wat geval het vir die leun dat jy meer tyd aan jou bediening moet spandeer as saam met die HERE, pas dan op!

Daarom, liewe Kinders van die HERE, kom nou na Hom sodat Hy jou kan toerus vir die tyd wat kom en jy kan oorwin. Enige tyd wat jy gaan soek na afleiding, gaan soek vir ‘n manier om die hitte van die oorlog vry te spring of gaan verlang na die kospotte van Egipte; wees dan gewaarsku dat jy baie meer tyd saam met die HERE nodig het!

image_pdfLaai afimage_printDruk