Bekommernisse oor wêreld gebeure

Ek het ‘n snaakse droom gehad want ek vandag met julle wil deel, want ek glo dat Jesus met ons praat deur ons drome!

Ek was tussen ‘n groot klomp mense toe hierdie swartman na my toe aangestap kom en my vra of ek nie na sy tent toe wil kom nie. Ek het hom gevolg en by een van daardie outydse wit seil tente uitgekom. Dis van daai soort tente wat mens nie meer sien nie.

Ons het ingegaan en hy het vir my sy plakboek op ‘n tafeltjie gewys. In die plakboek was daar koerant uitknipsels van wêreld gebeure en langs elke inskrywing was daar verwysings na verse in die Bybel. Dit was duidelik dat hierdie persoon tred gehou het met wêreld gebeure en hoe dit by God se Woord inskakel. Die inskrywings wat alles in rooi pen gedoen en elke inskrywing is met ‘n pen getrekte lyne verbind. Hierdie verbinding het gelei na die volgende bladsy in die plakboek.

Ek het die bladsy omgeblaai en nog meer inskrywings en koerant artikels gesien. Alles was met rooi pen strepe verbind tot ‘n enkele artikel en dit het gegaan oor ‘n man met baie beloftes wat bestem was om die wêreld te lei. Die volgende bladsy het gewys hoe hierdie man die Kinders van die HERE vervolg, in tronke gooi en laat dood maak. Die uitdrukking op my gasheer se gesig het somber geword en ek kon sien hoe die vrees oor hom kom.

Ek het hom gevra of hy gehoor het van die wegraping en hy het net sy kop geskud. Ek het aan hom begin verduidelik dat hy nie bang hoe te wees oor enige iets wat nog moet gebeur nie, want ons as Kinders van God gaan nie hier wees om dit te kan sien nie. Jesus self gaan kom om die wat aan Hom behoort van hierdie wêreld af weg te vat sodat ons veilig kan wees. Die blydskap op die man se gesig is iets wat ek nie vir julle kan beskryf nie en dis hier waar ek wakker geword het.

Ek weet nie wat hierdie droom beteken het nie, maar ek kon Jesus se teenwoordigheid aanvoel. Ek kon aanvoel dat ek nie bekommerd hoef te wees oor enige iets wat ek nou sien gebeur nie. Alles is deel van God die Vader se plan en niks gebeur sonder die goedkeuring van die Vader alleen nie. Ons verstaan miskien nie nou die rede hiervoor nie, maar daar is ‘n rede en ‘n doel en dit sal mettertyd aan ons bekend word.

Moet ook nie so bekommerd wees oor jou sonde nie. Baie gaan jou vergewe word die dag wat Jesus gaan kom. Doen jy net jou klein deeltjie en laat die Gees van God toe om die res te doen. Satan hou daarvan om mense skuldig te laat voel as hulle oortree. Jaag hom weg soos ‘n hond, want dis wat hy is. ‘n Hond aan ‘n ketting wat net kan blaf en ‘n geraas opskop!

Jesus is met jou liewe leser, elke sekonde van die dag. Jy is nooit ooit alleen nie! Selfs as jy sondig is Jesus by jou. Moet dit nooit vergeet nie!

Prys die Naam van die HERE!

(Visited 339 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .