Hoe wonderlik is Jesus net nie, want Hy spaar geen moeite vir Sy Bruid om die volheid van haar roeping op aarde te verstaan nie.
Dis ‘n verpletterde ondervinding vir enige iemand om homself te sien soos wat hy werklik is; sien soos Jesus jou sien, in hartverskeurende armoede. Dit skok mens tot in jou siel… Al wat jy kan doen is om voor Jesus te huil, want Hy is suiwer glorie, verby enige iets wat ons as mens kan verstaan. Dis dan wanneer mens begin wonder hoe Jesus ons enigsins kan lief hê as ons so lyk: arm, vuil en vol sonde. Hoe kan ons Jesus nader op enige ander manier as op ons knieë? Hoe kan ons na dit waag om selfs na Hom te kyk?
Maar ons vergeet dat Jesus aarde toe gekom as mens. Hy het tussen ons geloop soos ‘n normale mens. Ons kon met Hom gesels soos met ‘n normale mens. Hierdie genade om Hom te kan sien en met Hom te kon praat is ‘n ander kant van sy Godheid, die rede hoekom hy aarde toe gekom het. Om vir ons die regte pad te wys; die pad van nederigheid en nederigheid is die sleutel!
Jesus het ons lief met ‘n liefde wat ons nooit sal begryp nie. Hy verlang na ons aanbidding en om saam met ons te wees, maak nie saak hoe arm ons is nie. Elkeen van ons mag miskien ‘n klein druppeltjie in die oseaan wees, maar ons is God se druppel en Hy gaan ons mis as ons nie na Hom kom in gebed nie.
Moenie Jesus seermaak met ongeloof nie. Hoe ons lyk maak nie vir Jesus saak nie. Al wat saak maak is dat jy Seine wil wees en Hy joune. Wie dink julle is die rykste? ‘n Koningin in al haar glorie of klien aspoestertjie wat in sak en as sit en smeek om genade? Die feit dat ons erken dat ons arm en niks is sonder God se genade nie, verhoog ons tot die status van Jesus se Bruid.
Jesus het op meer as een geleentheid dit oor en oor duidelik gemaak dat Hy nederigheid meer liefhet as enige ander eienskap. Hy hou van mense wat wegkruip omdat hulle skaam voel oor hulleself. Hy is lief vir diegene wat verlang na Hom bo enige iemand anders in hierdie wêreld. Hy is lief vir die armes en die nederig loodgieter, die timmerman, die straat skoonmaker, die skaapwagter… Wat meer kan mens sê om enige iemand meer te oortuig?
Niemand van ons kan God se liefde verdien nie. Jesus is wie Hy is en Hy kyk na elkeen van ons met die grootste deernis in Sy oë. Hy verlustig Homself veral in die wat niks is in hulle eie oë nie. Die wat hulle onwaardig in die lewe ag.
Toe Jesus op die kruis gesterf het, kon Hy legioene engele geroep het om Hom in glorie van die kruis te bevry, maar Hy het verkies om ‘n onskuldig ‘n skandelike dood te sterf tussen twee diewe. Om deur blote mense van die kruis afgehaal te word, gebad, gesalf en weggelê in ‘n graf. Die hartverskeurende finaliteit wat hulle moes voel toe die klip in plek gerol het. Die donkerste oomblik in die geskiedenis van die mens toe alle hoop agter koue klip verseël is. Die lig van die wêreld uitgedoof…
Die wat sonder geloof was, het nie geglo dat Jesus weer sou opstaan nie. Hulle het in weeklaag verval omdat hulle hoop vir die Messias verniet was. Jesus was nou “dood” en al wat oor was skok, ontsteltenis, verwarring, pyn en wanhoop.
Soos julle sien, was hierdie mense niks anders as ons vandag nie. Hulle het ook getwyfel, gevrees, verward geraak en was verlei deur duiwels. Niemand van hulle het gelewe in volmaakte geloof of perfekte trou aan Jesus nie. Tog het hulle geklou aan die hoop dat dit wat Jesus gesê het dalk waar kon wees, so ongelowig soos dit ook al geklik het.
Jesus soek nie na die wat gekwalifiseerd is in hulle eie oë nie. Hy soek die wat niks in hulle eie oë is nie en Hy sal hulle met glorie bestraal! As jy wonder of jy waardig is, hou dan dadelik op! Hou op om jouself waardig te probeer maak. Hou op om jouself te probeer verander in iets wat geskik is vir ‘n koning. Maak net jou hart vir Jesus oop, want dan sal Jesus jou hart genees en jou oplig na die status om binnekort een van Sy Bruid te wees.
Jy sien: dit wat jy is, kom van Jesus af. Ons gees kom van Hom af. Ons is geskape in Sy ewebeeld! Nie net in voorkoms nie, maar ook innerlik! Jesus woon nie in die Hemel nie, maar in die harte van elkeen wat alles agtergelaat het om Hom alleen te aanbid.
Ons harte moet gereinig word van hierdie wêreld: wêreldse waardes, alomteenwoordige menings, veroordelings en verordeninge. Alles dit moet uitgegooi word, want slegs dan kan ons begin om te werk aan nederigheid. So ‘n moeilike reis om nederigheid te kan bereik! Hoe verraderlike en bang moet hierdie werk nie lyk nie, want dit voel of dit ‘n ewigheid gaan neem om jouself in God se spieël te sien. Hoe gevaarlik is dit nie om jouself as niks te sien, op pad na die ewige verderf, maar gered uit genade nie? Hoe moeilik is om te verstaan dat die wêreld dit die hele tyd verkeerd het, want hulle leer mense dat jy nie nederig kan wees om in die wêreld te kan oorleef nie.
Dis waarom dit so lank vat om nederigheid te leer. Dit vat jare om jouself te leer ken en om Jesus te leer ken. Die veiligste plek vir ons is om soos ‘n kind te wees wat ‘n besige pad wil oorsteek en sy klein handjie in sy vader se groot hand sit en sê: “Pappa, help my asseblief!” Weet jy hoe lief Jesus vir jou is as jy dit doen?
Om berge met sneeu op te sien is baie mooi, maar as die sneeu begin smelt, dan loop die water berg af en dit kom tot rus op die laagste plekke waar die plante en bome gevoed en die mooiste vrugte groei word. Die pieke wat so mooi was is dat kaal, rotsagtig en leeg, maar die valleie is groen en vol vrugte. Hoe laer ons afsak, hoe meer vrug sal ons baar. So ook in jou geestelike lewe: hoe laer jy gaan en hoe meer waardeloos jy in jou eie oë is; hoe meer sal die mense Jesus in jou sien. Moet dus nie bekommerd wees oor jou gebrek aan talent, intellek, ondervinding en status voor die mense nie, want al daardie dinge is nutteloos vir Jesus.
“So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees? Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.” (Jesaja 66:1-2)
Prys die Naam van Jesus!