Daardie klein niksseggende dingetjie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Hoe baie keer gebeur dit dat ons dit wat in ons lewens gebeur afmaak as klein en niksseggend? Maar wat ons nie besef nie is met net hoeveel sukses satan hierdie klein niksseggende dingetjies teen ons gebruik!

Ek het vanoggend gedroom dat ek by iemand op ‘n militêre basis besoek afgelê het. Dit was donker en ek was op pad huis toe. By die hek was daar ‘n hout bokkie oor die pad gesit sodat mense wat uitgaan moet stop. Hierdie hout bokkie was egter om een of ander rede swart geverf. Die gevolg was dat ek die bokkie nie gesien het nie en dat ek die bokkie omgery het. Die wagte by die hek het almal nader gehardloop om te kom kyk of ek seergekry het, maar niks het verkeerd gegaan nie. Daar was geen skade aan my voertuig nie; nie eers die bokkie wat ek raak gekry het, was beskadig nie.

Ek het uitgeklim om verskoning te vra en terwyl ons almal oor die voorval gelag het, het ‘n ander motoris vol spoed agter in my motor vas gekry! Die geweld van die botsing het my motor vorentoe laat ry om in die kruising van die pad wat voor die basis verbygeloop het tot stilstand te kom. Ek het nader gehardloop om die skade vas te stel toe ‘n ander motor van die anderkant af my motor se neus raak stamp. Die persoon het gestop en was briesend oor sy kar wat gestamp was! Hier het ek wakker geskrik.

Ek het dadelik vir die Here gevra wat die droom beteken, want as dit iets is wat met my gaan gebeur, dan wil ek dadelik die Here se beskerming oor my afbid en vra dat dit nie moet gebeur nie, maar dit was nie die doel van die droom nie.

Die doel van die droom was om vir ons te wys dat ons nooit daardie klein dingetjies wat met ons in die lewe gebeur moet afmaak as niksseggend nie. Satan is uiters slinks en hy begeer om ons te vernietig. Ons moet gedurig God se beskerming oor ons afbid, want satan gebruik daardie klein dingetjies wat ons as niksseggend afmaak om baie groter skade aan te rig! Net soos wat in die droom dan ook gebeur het.

Kom ons kyk na die droom in meer detail: die swart hout bokkie was die klein dingetjie wat verkeerd gegaan het. Padversperrings word altyd wit geverf sodat dit maklik gesien kan word, tog was die een swart geverf… Dis wat verkeerd was, maar nie ek of die wagte by die hek het eers opgelet dat dit ‘n gevaar was nie! Die oorsaak was dat drie mense se karre afgeskryf was as gevolg van een klein niksseggende dingetjie!

Dit is dan ook my boodskap vir vandag. Wees op die uitkyk vir die klein niksseggende dingetjies in julle lewens, want dis waar satan volgende gaan toeslaan! Bid die beskerming van die Here oor julle af en moet jouself nooit op enige plek bevind waar die Gees van die Here jou nie kan beskerm nie! Wees veilig en kyk uit vir die klein niksseggende dingetjies!

Mag die Here hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk