Die aarde waggel soos 'n dronkaard

Die aarde waggel soos ‘n dronkaard

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Bid vir die wat lei in hierdie uur en ook die wat gaan lei as gevolg van sonde.

Ons almal weet van die storms wat Amerika getref het en die verwoesting wat dit gesaai het. Gister het ‘n massiewe aardbewing Mexiko getref… Ek het vanoggend die skrifgedeeltes gekry, maar aanvanklik nie geweet wat dit beteken nie. In Esegiël sê die HERE dat hy met die aarde ‘n raad gaan hou soos wat Hy met die Israeliete in die woestyn gehou het!

Die aarde slinger soos ‘n dronkaard as gevolg van haar rebellie teen God. Bid, liewe lesers, bid vir die redding van siele. Bid dat mense se oë sal oopgaan, maar meer belangrik, BID vir genade!

Die HERE gaan kom om die wat gereed is te kom haal. Ek kan nie vir julle sê wanneer nie, maar ek weet dat dit gou gaan wees. Los die aardse plesier! Dis nou die tyd om te bid! Hou jou oë op die prys en moenie wegkyk nie!

Voor die HERE se koms, gaan daar nog meer rampe die aarde tref. Hierdie wat nou gebeur is maar net die begin. Jesus sê in Mattheus 24:6-8  [6]  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. [7]  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. [8]  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.” Let vir my veral op na vers 8: Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.

Ek wil vra dat julle sal bid. Bid vir die wat lei en ook die wat nog gaan lei, want maklik gaan dit nie wees nie. Die tyd is om en die deur van genade is besig om te sluit! Tyd vir kerk en Christen speel is daar nie meer nie!

Maak julle gesinne attent op die dinge wat gebeur. Daar is nie meer tyd om draad te sit nie. As jy draad sit, gaan jy agterbly, dis verseker! Hierdie is die geboortepyne! Die tekens is orals.

Jesaja 24:18-20 [18]  Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan [Orkane], en die fondamente van die aarde bewe. [Aardbewings] [19]  Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud. [20]  Die aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en weer soos ‘n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.”

Die wat ore het HOOR! In die Naam van Jesus LUISTER ASSEBLIEF!