Die geur van verlange na Jesus is op hierdie wêreld

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Mag julle harte verswelg word in blydskap vir ons Verlosser en Sy verlange na jou.

Ons almal wil vir Jesus meer lief hê en die een manier om hierdie liefde te bewys is om alle besluitneming in die hande van Jesus te los. Ek weet dis moeilik, maar net in die begin; daarna word dit makliker. Ek kan getuig daarvan, want ek was al daar in my geestelike lewe. Doen jy jou deel en laat Jesus toe om Sy deel te doen. Aan die einde van die dag sal jy sien dat om net jou deel te doen, al is wat jy werklik kan doen, want jy kan jouself nie langer maak nie, self al probeer jy hoe hard!

Moet nie bang word as julle hoor van oorloë en rampe nie. Sekere gebeure moet plaasvind voor die laaste hoofstuk afgesluit kan word en ons in die tydperk van die verdrukking kan inbeweeg. Moet dus nie bang wees nie, maar omgord jou met Jesus se genade, hou styf vas aan Hom en aan Sy beloftes as jou bedekking.

Baie is geroep, min is verkies en self nog minder reageer. (Mattheus 22:14) Aan die wat gereageer het op Jesus se versoek van persoonlike reinheid sal vir altyd skyn met Sy glorie, want hulle het die kleed van opoffering en geregtigheid bo vleeslike plesier gekies. As jy besluit het om agter te bly, dan het Jesus jou nog steeds lief en Hy waardeer alles wat jy in Sy Naam doen. Daar sal vir jou ook ‘n beloning in die Hemel wag. Niemand wat getrou is, sal uitgelaat word nie, selfs nie die wat besluit het om nie die berg saam met Jesus te klim nie. Jy is nog steeds Jesus s’n en Hy het jou nog steeds oneindig lief. Jy is Sy kosbare besitting en hy sal jou nie aan die vyand oorlewer nie.

Hierdie wêreld is op die rand van die afgrond, maar hulle sien dit nie; daarom vra Jesus dat ons op ons knieë sal bly en sal aanhou bid en nie sal opgee nie.

Jesus wil hê dat elkeen van julle moet weet dat julle oneindig baie goed doen deur elke opoffering wat jy maak. Die resultate van ons werk word van ons weerhou sodat ons dit nie nou al kan sien nie, maar weet dit dat daar groot belonings wag vir die wat besluit het om Jesus te volg uit liefde uit. Jy skyn soos ‘n ster, maar van die Aarde af, maar dit word van jou weerhou.

Moenie na die doemprofete luister nie; Jesus soek nie jou aandag daar nie. Jesus het gesê dat moeilikheid aan die kom is, maar Hy het nie gesê wat nie omdat Hy wil nie hê dat ons daaroor moet top nie. Weet dat gebed tragedie uitstel. As ons gefokus is op gebed, dan sal tragedie nie kan doen wat hy wil nie. Nie eers in die geringste nie. Soek altyd die wysheid van Jesus op voor jy enige toewyding maak sodat die vyand jou nie teleurstel met iets wat buite jou vermoë is om te bied nie.

Gryp die tou van genade aan wat jou nader aan Jesus gaan bring. Maak meer tyd vir Hom in jou lewe; tyd weg van die gejaag van die wêreld. Moenie die gevoel na gebed onderdruk nie. Elke traan wat jy vir Jesus stort sal Hy opvang en aanwend vir die wat swaar kry, maar meer vir die wat Jesus nie ken nie. Elke traan wat gestort word is die resultaat van diep genade wat Jesus aan ons openbaar; dit dra genesing vir die wat dit ontvang en Jesus weet presies waar om dit aan te wend.

Sommige van julle wag nog steeds vir kinders en geliefdes om Jesus te aanvaar. Jesus wend jou trane aan om hulle harte te versag sodat hulle ook die lig kan sien. Soos julle kan sien gaan niks verlore nie! Nie eers een traan nie.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 87 times, 1 visits today)