Die straf rede is gelees

Jesus het vanoggend vir my hierdie gedeelte gegee gedurende my oggend godsdiens. My Bybel het net oopgeslaan by Amos 3. Ek sal bly wees as julle dit self sal gaan lees.

Vir baie jare waarsku God ons dat die dag van afrekening gaan kom. God het verskriklike plae oor hierdie aarde gestuur, pes siektes, aardbewings en self natuurrampe soos wat die wêreld nog nooit gesien het nie. Hy het selfs die wegraping op verskeie geleenthede uitgestel sodat die wat nog nie gered is nie ‘n laaste kans kan kry om gered te word, maar die wêreld het sy ore toegestop vir sy Skepper!

In Amos 3:7 lees ons dat Jesus niks doen voor Hy dit nie eers aan Sy Kinders bekend maak nie. Hierdie is die bekendmaking liewe Kind van God!

“Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?” (Amos 3:8)

Aanskou die oordeel van die HERE, HERE! Julle wat nie weet hoe om reg te doen nie. Julle wat geweld en verdrukking opstapel in julle huise. God sal jou vesting neerwerp en jou huis plunder!

Vir ons wat die HERE vrees, hoef daar geen vrees te wees nie, want Jesus bevestig in Amos 3:12 net soos Hy in Romeine 5:9, Romeine 8:1, 1 Tessalonisense 5:9 en 1 Tessalonisense 1:10 ook bevestig het dat ons die oordeel gespaar sal bly. Vir ons sal daar geen oordeel wees nie; vir ons wat die Seun uit die Hemele verwag! Prys Sy Wonderlike Naam!

Maak dus nie saak wat gebeur of wat ons gaan aanskou nie; daar hoef vir ons geen vrees te wees nie. Ons sal gered word! Prys die HERE!

“Hoor en waarsku die huis van Jakob, spreek die Here HERE, die God van die leërskare,” (Amos 3:13)

Waarsku die mense om julle! Die strafrede is gelees en God die Vader is op die punt om dit uit te voer, liewe leser!

“En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.” (Romeine 13:11)

Ek het gisteraand na die preek van ‘n leraar in Amerika geluister en hierdie vers was die kern vers van sy boodskap. Van nou af totdat Jesus kom gaan dit wat nou in die wêreld aangaan, die nuwe “normaal” wees. Ons mag miskien nie die dag of die uur weet nie, maar ons kan dit sien aankom. Al die teken is daar dat ons nou in die finale fase is en dat God het die handskoene afgehaal het!

Daar is reeds ‘n lae vlak vervolging van Christene wat plaasvind. Die groot dwaling is besig om ‘n pad deur elke kraak in die samelewing te vind. Wat reg was is nou verkeerd en wat verkeerd was is nou skielik reg… Wie van julle het dit al ondervind?

Die tekens is daar en daar is geen twyfel meer dat ons op hierdie oomblik in die laaste oomblikke van die bedeling van genade is nie. Die deur is amper toe en dan gaan die bedeling van die Antichris se regering begin!

Ek weet dat daar ‘n plan is om binnekort van alle Christen webruimtes ontslae te raak. Dit is reeds twee jaar gelede verkondig. Hierdie uitwis proses sluit in Facebook Bladsye, Twitter profiele en honderde ander bladsye van ‘n Christelike aard. Ek weet daarom nie hoe lank ek nog met julle sal kan gesels nie, maar ek sal aanhou om die Woord van God te verkondig so lank as wat ek kan.

Prys die Naam van Jesus!

(Visited 104 times, 1 visits today)
Tagged , , , , .

One Comment

  1. Amen! Lewe heilig en onthou – die Bloed van Jesus Christus hou ons rein – ons is daarsonder verlore!

Comments are closed.