Hoe baie van julle het daardie een sonde wat maar net nie wil wyk nie? Ek is seker dat daar menigte van julle is en ek sluit myself by julle in!
Party is net ‘n miskien net ‘n bietjie te trots, ander uiter miskien ‘n vloek woord of twee terwyl ander weer net ‘n bietjie te vleeslik is. Ons probeer ons uiterste bes om van hierdie sondes ontslae te raak, maar maak nie saak hoe hard ons probeer nie, hierdie sondes kom net altyd weer en weer terug! Party van ons probeer so hard, dat ons skoon mismoedig word as ons aanmekaar struikel en vaal. Dan wonder ons waarom ons so gestraf word!
U word nie gestraf nie, liewe Kind van Jesus. Die Apostel Paulus noem hierdie sondes, sy doring-in-die-vlees. (2 Korintiërs 12:7) Jesus gee hierdie doring-in-die-vlees, ‘n engel van satan, aan elkeen van ons om ons met die vuis te slaan sodra ons probeer om onsself te verhef. Die doel is om ons nederig en op ons knieë te hou; sodat ons nooit, ooit sal probeer om sonder Jesus verder te probeer gaan nie!
Gedurende hierdie versoekinge, is Jesus altyd teenwoordig en hou Hy ons hand vas. Hy is die hele tyd daar, totdat ons besluit om te sondig, dan draai Hy Sy gesig liefdevol van ons weg omdat Hy sonde haat. Jesus laat toe dat ons struikel en val en Hy weerhou doelbewus die genade wat ons nodig het om die sonde te oorkom. Ek weet julle wonder waarom. Dis omdat daardie struikeling absoluut nodig is vir die hiernamaals. As dit nie so was nie, sou Jesus nie toegelaat het dat satan ons versoek nie.
Die doel van hierdie doring-in-die-vlees sonde is sodat ons dadelik sal smeek om vergifnis en daardeur nie vir Jesus aanstoot sal gee nie. As ons doel is om nie aanstoot aan Jesus te gee nie, dan sal ons die pad van heiligmaking bewandel. Die enigste ding wat nog oor is om te doen, sal dan wees om onsself te verneder tot onder die vlak van die ander mense. Om totaal dienend te word en om hulle behoeftes ver bo ons eie te stel. As ons dan hulle deugde vergelyk met ons swakhede, dan sal ons besef dat elkeen van ons die kleinste, swakste en mees sondige siel is wat ons ken. Hierdie sal ons op die bodem hou, totaal afhanklik van Jesus en dit sal dan ook baie moeiliker wees om te aanhou sondig. As ons hierdie punt bereik het, dan sal ons besef dat daar vir JESUS geen ander uitweg was om te sterf vir ons sonde nie, want ons kan onsself glad nie red nie. Daarvoor is ons net te sondig. Liewe lesers, as hierdie nie liefde is nie, dan weet ek nie wat liefde is nie!
Wees versigtig vir trots, want as mens ‘n taak suksesvol afgehandel het, dan wil jy tog vir ander daarvan vertel. So ook as Jesus deur Sy genade toelaat dat jy baie oorwinnings het. Dis dan wanneer jy op jou mees kwesbaarste is. Dis wanneer baie van ons, ons skild laat sak en dan vir satan die ingang gee wat hy so na verlang. Bly altyd nederig en moet nooit dink dat jy enigsins beter as die volgende persoon is nie, want ons is almal sondaars!
Jesus leer ons hierdie dinge, omdat die tyd van ons troue baie naby is. Jesus wil hê dat ons, ons integriteit moet behou tot daardie finale oomblik wanneer Hy gaan kom om ons te haal. Weet dat jou grootste vyand jouself is en dat jou grootste beskerming nederigheid is, want nederigheid leun altyd oor tot gehoorsaamheid aan Jesus.
Weet dat Jesus ons baie lief het; meer as wat ons ooit sal kan besef, soos wat ons in Hebreërs 12:6 lees: “…want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.”
Mag die HERE hierdie boodskap seën!