Een minuut na die wegraping

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media
image_pdfLaai afimage_printDruk

Ek het die volgende getuienis ontvang van iemand wat ‘n visioen gehad het oor wat na die wegraping gaan gebeur.

Die persoon begin deur te sê dat hy in sy tuin gestaan het toe hy sien hoe die Hemel oopskeur. Hy het Jesus gesien met ‘n magdom Engele, wat almal het basuine in hulle hande gehad. Die Engele het hulle basuine opgetel en hard daarop begin geblaas. Die volgende oomblik het hy gesien hoe mense in die lug opgaan; babas, kinders, volwassenes. Toe almal in die Hemel opgeneem is, het die Engele ophou blaas op hulle basuine en die Hemel het weer toegegaan. ‘n Stem het vir hom gesê dat hy een minuut tyd het om te sien wat nou gaan gebeur.

Oral was dit chaos! Oral het mense rond gehardloop. Hy het in die straat afgestap en ‘n vrou met ‘n stootwaentjie het na hom gekom en gevra of hy haar baba gesien het, want hy was nou net hier en nou is hy weg… ‘n Ent verder het ‘n ander vrou hom gevra of hy haar seun gesien het. Sy was besig om vir hom kos te maak en toe sy omdraai, was hy net weg…

Hy het by sy pastoor se huis verbygeloop en gewonder wat die pastoor van die gebeure dink, maar daar was niemand by die huis nie. Hy het besef dat die pastoor en sy hele gesin geneem moes gewees het. Hy het verder na die kerk geloop waar hy aanbid het. Daar was baie mense in die kerk. Van hulle het hy geken as mense wat gereeld in die kerk was, baie geld vir die kerk gegee het, hard gesing en gebid het, mense wat hy gedink het ware Kinders van God was. Nou het hulle in die banke gesit en gehuil dat God hulle moet kom haal…

Hy het die kerk verlaat en verder gestap. Hy het by nog ‘n kerk uitgekom en in gegaan. Die prediker van die kerk het op die kansel gestaan en gepreek. Iemand agter in die kerk het begin lag, maar dit was ‘n aaklige lag soos iemand wat hom verlekker op mense se swaarkry… Hy het opgekyk en hierdie man in ‘n swart pak klere by die deur gesien inkom. Die prediker het stilgebly. Hy het sy hand na die man uitgesteek en gesê: “Daar is my heer en meester! Daar is die een wat ek julle al die jare op voorberei het!” Net daar het die nommer 666 op die prediker se voorkop verskyn en so ook op die voorkoppe van al die gemeentelede van die kerk.

Die man sê dat hy kan onthou dat hy uit die kerk uitgehardloop het. Hy weet dat satan wat die man in die swart klere moes wees, hom gesien het en nou van hom bewus is, maar hy moes daar uit! Hy het by ‘n sport stadion uitgekom en ingegaan. Die stadion was meer as halfpad vol mense, almal het gesit en bid. Die man met die swart pak klere het in die stadion ingekom. Hy het gesê dat almal van hulle jare lank al vir Jesus aanbid en kyk wat het Hy nou gedoen; hulle agtergelaat, maar hy sal hulle nooit agterlaat nie. As hulle die merk te aanvaar, dan sal hy vir hulle sorg en hulle nooit agterlaat soos Jesus nie. Die nommer 666 het spontaan op die voorkoppe van die verskyn wat gewillig was om die merk te aanvaar.

‘n Klein groepie mense wou nie die merk hê nie. Die man in die swart klere het hulle gesien en sy vingers geklap. ‘n Groot klomp van sy makkers het in die stadion ingekom, die eerste persoon gegryp en hom gevra of hy die merk wil hê of nie. Die man het nee geantwoord. Die volgende oomblik het man wat hom gevra het of hy die merk wil hê of nie, ‘n gloeiende warm staaf in sy hand gehad. Waar die staaf vandaan gekom het, weet niemand nie, want die man het dit nooit by hom gehad nie. Hy het die gloeiende staaf teen die man se kop gedruk en laasgenoemde het geskreeu van pyn. Weer het die vraag gekom of hy die merk wil hê of nie. Die keer het die man ja geantwoord. Een van die ander makkers het iets wat soos ‘n plakker lyk op sy linker hand geplak en weer afgetrek. Die nommer 666 was op sy linkerhand.

Die ander mense wat gesê het dat hulle nie die merk wil hê nie het geskrik toe hulle sien wat gebeur het en almal het nou die merk aanvaar. Die man met die swart pak klere het reguit na hom gekyk en hy het geweet dat satan hom erken het en geweet het wie hy is. Hy het uit die stadion uitgeloop en huis toe gegaan.

By sy huis het die hele familie vir hom gewag. Sy oom het die nommer 666 op sy voorkop gehad, maar niemand anders het nie. Sy oom het gesê dat hy die nommer aanvaar het sodat hy kon werk en kos kon koop, maar as die ander gedink het dat hy dit gedoen het om hulle te help, dan maak hulle ‘n fout. Hulle moet maar vir hulleself sorg soos hy vir homself gesorg het, want hy gaan vir niemand sorg nie. Die res van die familie het dieselfde plakkers op hulle linkerhande gekry as wat hy in die stadion gesien het. Toe hulle die plakkers aftrek het almal die nommer 666 op hulle linkerhande gehad!

Die man sê dat hy uit sy huis uitgehardloop het tot weer in die tuin waar hy voorheen was. ‘n Stem het vir hom gesê dat die minuut tyd wat aan hom gegun was verby was en dat dit nou tyd is vir hom om huis toe te kom. Hier het die visioen geëindig.

As daar iemand is wat hierdie lees wat nog nie gereed is nie, moet dan asseblief nie uitstel nie. Die handskoene gaan afkom as Jesus eers Sy Oorwinnaars uit die rampgebied verwyder het. Satan gaan volle mag hê om te doen net wat hy wil en daar gaan geen plek wees waar jy gaan kan wegkruip nie. Dis nie Jesus of God die Vader se wil dat enige een van ons hierdie lot moet oorkom nie, maar die keuse soos altyd is in jou hande. Jy moet besluit en niemand kan daardie keuse vir jou maak nie, net jy alleen.

Mag die HERE hierdie boodskap seën!

image_pdfLaai afimage_printDruk
Tagged , , , , .