Die einde is hier

Dis geen geheim meer dat ons aan die einde van ons reis gekom het nie, maar hierdie boodskap soos van Jesus ontvang, sit alles in perspektief.

“Ek is die Een wat die Koning van die Konings is, die Here van die HERE, die Lam wat geslag was, die enigste een wat waardig is om die seels van die boekrol oop te maak.

Ek spreek die woorde van my Vader. Aan My is alle mag gegee in die Hemel en op Aarde. Vandag wil My Vader aan julle sê dat groot en nuwe dinge gaan kom na die wat Hom en Hom alleen dien; aan almal wat gehoorsaam was aan die enigste Heer en Meester, die Skepper van alle dinge.

Groot eer is aan die kom en dit kom vinnig nader soos die dae verby gaan. My Gees is op die aarde en dit soek na al daardie wat gewillig is om alles in My hande te sit om deur My Gees gelei te word. Die wat bereid is om alles nou prys te gee sodat hulle alles in die ewigheid kan terugkry. Die wat deur My Vader gekies is om saam met My te regeer. Diegene sal saam met My stap om eenheid en vrede te bring oor hierdie wêreld.

Ek sê nou aan julle dat hierdie die einde van hierdie storie is, maar die begin van ‘n nuwe een. Het Ek nie aan julle gesê dat julle saam met My sal opstaan op die laaste dag nie? ‘n Deurbraak is op pad, maar nie net ‘n deurbraak nie, maar ook bevryding en genesing! Wat ‘n wonderlike tyd om te kan lewe! Om gekies te kan wees om nou in hierdie tyd alles te kan sien gebeur!

Julle nader die einde en die doel waarvoor julle op aarde was vinnig. Nou is die tyd om een met My Gees te wees. Jy sal in volheid wandel waarvoor jy op aarde opgelei was om te doen. Jy was baie keer getoets en jy is waardig gevind omdat ek die oorlog reeds gewen het. Waardig omdat ek die deur is wat jou die regte pad gewys het.

Ek vra jou nou om nog een stap vorentoe te neem en My jou hart te gee sodat My liefde in jou kan brand en alles wat nog van die wêreld oor is uit jou hart uit te verwyder. Ek wil hê dat jy bo jou omstandighede moet uitstaan sodat Ek vir jou ‘n nuwe pad kan wys. ‘n Pad wat jou dieper en meer intimiteit met My sal wys. Hou niks terug nie; gee My alles wat jy het, want ‘n vreugde wat jy nog nooit geken het nie wag op jou.

Dit wat jy so lank voor gevra het gaan vervul word omdat jy gehoorsaam was aan My. Ek sal vir altyd saam met jou wees tot in die ewigheid in. Ek sal aan jou teruggee alles wat verlore gegaan het en ook almal vir wie jy omgegee het.

Ek is getrou tot aan die einde en Ek sal jou nooit faal nie. Ek hou jou hart in My hande en Ek vang elke traan wat jy stort op. Ek hou niks van jou terug nie omdat jy tot die asem wat inasem aan My toevertrou het.

Moet vir niks bang wees nie en word ook nie wanhopig nie, want Ek het al die antwoorde. Binnekort en Ek bedoel binnekort gaan ons ontmoet en enige leegheid wat daar nog is, sal tot oorlopend toe volgemaak word totdat dit oorloop as ons een word.

Moenie meer huil oor dit wat verlore is nie, want kyk, Ek maak alles nuut. Die ou dinge het verbygegaan. Moenie meer huil nie My Bruid, want Ek vat jou weg van hierdie plek wat nie jou huis is nie. Ek gaan jou terugvat na waar jy hoort. Hierdie woorde spreek Ek uit My hart uit.

Kruip nog net vir ‘n klein rukkie weg soos My toorn oor hierdie wêreld ontvlam, maar dit sal ook verbygaan. Kom in die binnekamer van My hart in, die heiligste van die heilige, want dis hier waar jy rus en vrede gaan vind terwyl Ek doen wat Ek moet doen.

My Gees en My beskerming is oor almal wat hulle aan My verbind het. Niks sal met jou gebeur terwyl jy onder My vlerk wegkruip nie. Hier sal jy perfekte vrede vind in die donkerte. Roep uit na My Heilige Engele om jou geliefdes te beskerm en Ek sal jou hoor.

Daar is geen groter liefde as Myne nie. My mense sal weet dat hulle Koning sterk en magtig is en dat die aarde Sy voetbank is. Terreur sal op terreur volg soos die dae al hoe donkerder word, maar julle wat skuiling gesoek het in My sterk toring sal beskerm word deur ‘n muur van vuur. Maak jou hart gereed, My geliefde, want Ek gaan manifesteer op ‘n manier soos wat hierdie wêreld nog nooit gesien het nie.

Teen die tyd het Ek dit al baie duidelik gemaak dat die wat kies om met hulle een voet in die wêreld te leef en die ander een in die Koningryk van die Hemele agter gaan bly om met die gevolge van hulle keuse te deel. Lig en donker kan nie saam wees nie. Daarom sal ek My oë wegdraai van alles wat nie suiwer en heilig is nie.

Daar gaan ‘n reeks van gebeure wees wat vinnig oor hierdie aarde gaan kom. Baie gaan nie gereed wees nie omdat hulle nie na My geluister het nie. Baie wandel so ver van die realiteit af dat die illusie hulle waarheid geword het. Baie van die wat hulle Myne noem gaan in die wip van die vals leuen gevang word. Hulle het vir hulle skuilings op die sand gebou om in weg te kruip van die realiteit. Hulle gaan die hardste val as Ek die branders stuur om die mure van daardie skuiling afbreek. Ek onderskei die van harte van baie en Ek sien wie nie ernstig is met My nie. Ek sien alles wat vir die mense weggesteek word in die diepste plekke van die mens se hart.

Hier is wysheid: sonde vernietig die siel van die mens van binne af soos die wortels van bitterheid deur die liggaam groei. Daardie wortels van bitterheid vervang opregtheid en liefde soos dit groei. Wortels van bitterheid groei bome van bitterheid en bome van bitterheid dra vrugte van bitterheid. Vrugte van bitterheid vrot met ‘n aaklige stank. Ek gaan kom om met vuur te verbrand alles wat nie van My is nie.

Wee hulle wat buite My beskerming is, want hulle sal gou leer dat hulle gewaarsku was, maar dat hulle nie wou hoor nie. Alles wat deur My uitverkorenes gespreek was, sal as getuienis teen hulle dien. Die wêreld gaan leer dat Ek God is en dat daar net een is wat waardig is om die seëls van die boekrol oop te maak. Ek is die regter en die regeerder van almal en My Naam is Jesus Christus, jou Geliefde en jou Bruidegom!”

Prys die Wonderlike Naam van Jesus!

(Visited 258 times, 1 visits today)
Tagged , , , , , .