Dit gebeur met almal van ons. Jy probeer so hand om ‘n heilige leefwyse te handhaaf en dan vaal jy.
Ek kan julle nie sê hoeveel kere ek voor die HERE gaan smeek het en gevra het waarom ek so baie vaal nie, maar min het ek geweet dat vaal deel van die grootword in die HERE is. Julle sien, om ‘n Christen te word is die maklikste deel van die hele proses. Om jou te laat doop is net so maklik, maar om in die HERE se voetstappe te volg; dis waar die manne van die seuns geskei word!
Dis soos om ‘n baba groot te maak. Geen baba staan op en hardloop dadelik na sy geboorte nie. Dit vat maande van oefening om eers die voete en dan die bene sterk genoeg te kry om daardie eerste tree te vat. Maar na die eerste tree, dan kom die res maklik.
Heiligmaking is presies dieselfde. Dit van maande, selfs jare van sukkel om te leer om vir satan en jou liggaam “nee” te kan sê. En selfs dan is die kans dat jy weer gaan vaal ook daar. Sommige van ons word uitermatig trots as ons ‘n aanval weerstaan het en dan hou ons sommer op met bid. Ons het mos oorwin op ons eie krag! Dis dan wanneer die HERE satan toelaat om jou met ‘n sterker aanval te trotseer sodat jy moet val. Julle moet onthou dat God hoogmoed haat en dat Hy alles sal doen om dit uit ons lewens te kry.
Pas ook op vir die illusie dat die “HERE sal verstaan” en dat sonde om daardie rede nie gestraf sal word nie. Dis satan wat vir jou stories vertel. Alle sonde sal gestraf word, want God is Heilig en satan weet dit!
Moet ook nie toelaat dat satan jou aftrek in ‘n put van wanhoop nie. Hy sal dit ook doen! Hy sal jou wysmaak dat jy ‘n nikswerd is en daarom nie die moeite werd om gered te word nie. Leuens, leuens, leuens! Jy is nie waardeloos nie! Nooit nie!
Moet ook nooit iets vir die HERE probeer wegsteek nie. Die HERE weet wat jy doen 24 uur van die dag, sewe dae van die week. Daar is nie een ding wat jy vir Hom kan wegsteek nie. Net soos Hy weet van al die goeie dinge wat jy doen, net so weet Hy ook van elke slegte ding wat jy doen. Om iets vir die HERE weg te probeer steek soos wat Adam en Eva geprobeer het, is dus ‘n totale doellose oefening!
Die beste wat jy kan doen is om terug te hardloop na die HERE en te gaan regmaak wat jy verbrou het. Satan gaan jou probeer oortuig dat die HERE moeg raak om jou te vergewe, maar dis weereens net leuens! Die HERE sal nooit moeg raak om jou te vergewe nie, want Hy weet klaar wat jy gedoen het! Verstaan julle?
Daar is geen beter roep om te maak as om terug te gaan en voor die HERE te erken dat jy swak was en geval het nie. Dis die enigste ding wat jy kan doen wat sin gaan maak. Leer uit jou foute en beweeg dan aan, maar hou jou oë op die HERE. Petrus kon net op die water loop omdat hy sy oë op die HERE gebou het. Dis hoe ‘n mens oorwin!
Prys die HERE!