Vader, hou hierdie toenemende donkerte wat oor hierdie wêreld wil kom asseblief terug en gun ons meer genade en meer tyd om meer siele vir U te wen. Gee ons ook die wysheid en die selfbeheersing om vir U alleen te lewe in hierdie finale ure. AMEN!
Vir sommige van julle is die wêreld op die oomblik baie donker en weet jy miskien nie watter kant toe nie. Dis of alles wat jou voorheen gemotiveer het om aan te gaan skielik net weg is. Al wat oor is, is verwarring en vrae. Dit voel of jy totaal verlore is…
Jesus sê: “Hierdie gevoel wat jy het is dwaasheid. Jy is nie verlore vir My of jouself nie. Ons gaan hierdie oorlog wen, net soos ons al die ander oorloë gewen het; deur My genade! Dis ‘n swaar kruis wat jy dra, want hierdie donkerte is swaar. Hou aan met loop, my geliefde. Loop in blinde geloof, wetende dat jy sal weet wat om te doen. Moenie gaan stilstaan nie en moenie gaan sit nie. Hou net aan met loop! Ek is met jou elke tree van die pad! Hierdie pad is die regte rigting vir jou.”
Daar is van julle wat wonder of julle sekere aspekte van julle geloofslewe kan afskeep of selfs net elke tweede dag doen om tyd te bespaar. Miskien voel jy dat as jy minder bid, jy meer tyd het om op ander geleenthede meer kragtig te bid.
Jesus sê: “Wil jy opdroog soos ‘n woestyn? Die vyand wil jou kul om net dit te doen, want hy sal verheug wees as jy minder bid! Gaan voort om te doen soos jy nog altyd gedoen het en moenie ophou nie. Jy sal weet wanneer dit tyd is om te bid, want jy sal dit aanvoel. Hou vas aan My; dag en nag! Ons is ‘n span. Ek sal jou nie aan jou eie genade oorlaat nie; Ek versterk jou.”
“Moenie ophou werk nie, My Kinders. Dis wat die vyand wil hê. Hy wil jou terneergedruk hê, hopeloos en deurmekaar. Hy haat jou en Ek bedoel, hy HAAT wat jy doen, dis waarom dit so nodig is om aan te gaan.”
“Hy het hierdie web van leuens om jou voete gespan sodat jy soos ‘n mislukking moet voel. Op die oomblik is jou oë op die oseaan onder jou voete in plaas van op My. Hou aan met loop en as jy voel jy sink, roep dan uit tot My. Ek sal jou nie ver laat sink nie. Daar is ‘n poel van leuens aan jou voete, alles om jou te oortuig dat dit alles hopeloos is.”
“Dit is die vyand se doel, My Kinders. Hy wil jou oortuig dat alles hopeloos is; of deur wêreld gebeure, media manipulasie, deur familie en vriende of deur fisiese tekortkominge. Hy wil jou sin van sekuriteit in My ondermyn deur jou te oortuig dat jy gefaal het nog voor jy begin het.”
“Moenie dit toelaat nie. Luister na My stem alleen en klou vas aan die beloftes wat Ek jou gegee het. Die tyd is net te kort om toe te laat dat gevoelens soos die jou ondermyn. Die vyand wil jou van jou voete af kry en tot ‘n totale stilstand bring as jy gaan aan hou luister. Kry jou oë van die grond af en op My. Ek sal jou onderhou soos jy op stormagtige golwe loop. Ek sal nie toelaat dat jy in ‘n put van selfbejammering verdrink nie. As jy hierdie onthou terwyl jy aanhou vorentoe beweeg, sal jy nie geflous word om te stop nie.”
“Die aanvalle op sommige van julle is buitensporig hoog op hierdie oomblik en dit vra vir uiterste uithou vermoë en geloof van julle kant af. Sommige dra baie swaar kruise vir My soos julle stap. My doel is nie dat jy moet moeg raak en val nie, maar roep uit en Ek sal jou red en versterk. As jy voel hoe jy gly, roep dan uit. Jy is nie alleen nie, My hele liggaam voel hierdie drukking op die oomblik.”
“Hierdie opofferinge wat julle nou deurgaan tel as ‘n offer aan My. Om hierdie verdrukking te dra totdat Ek jou daarvan onthef, het sy voordele. Maar jou gedagtes moet by My wees en nie by gedagtes dat jy gaan vaal nie. As Ek uit die dood kon opstaan, kan Ek jou bo jou omstandighede ook uitlig! Jy moet net GLO!”
“Gaan nou, My geliefdes. Stap die pad en weet dat wat ook al gebeur, Ek is met jou en Ek sal jou nie verlaat nie. Ek sal jou optel en Ek sal jou weer herstel!”