Hoe baie van julle word briesend kwaad as julle onderbreek word terwyl julle besig is met iets belangrik? Dit gebeur gewoonlik as jy iets doen waarvan jy baie van hou en dan moet ophou omdat iemand anders hulp nodig het.
Ons broederlike liefde word op so ‘n manier vir ons medemens getoets en jy moet onthou dat die HERE die hele tyd met jou is. In baie gevalle het ons ‘n oorvloed van seën sonder dat ons dit weet. Nou stuur die HERE mense na ons toe wat hulp nodig het en om van hierdie seën by ons te kry. Die konflik kom wanneer ons besig is met iets vir die HERE en ons wil om dit perfek te wil doen as die onderbreking kom…
Die HERE is voortdurend besig om ons op te lei vir ons plek in die Hemel en baie van die konflik wat ons voel kom as gevolg van hierdie opleiding. Die beste manier om sulke situasies te hanteer is om absoluut geen voorkeur te hê oor hoe om jou tyd te spandeer nie. Die oomblik wat jy begin prioritiseer en besluit dat dit of dat vandag MOET klaar, dis dan wanneer die potensiaal daar is dat jy sal vaal in broederlike liefde.
Kom ons kyk hierna uit ‘n ander oogpunt. As jou kind of ‘n geliefde naby aan jou skielik seer kry, want gaan jy doen? Gaan jy daardie persoon los om op sy eie aan te gaan of gaan jy dadelik los waarmee jy besig is om aan daardie persoon aandag te gee? Verstaan julle wat die HERE vir ons probeer wys?
Moenie voorkeur gee aan seker dinge nie. Beplan jou dag en besluit op wat belangrik is en doen dat jou werk daar daarvolgens, maar hou ook tyd oop vir mense wat die HERE na jou toe kan stuur of voorvalle wat dringender gaan wees.
Dit vat baie om frustrasie, wraak en bitterheid terug te hou, maar dis hoe jy gevorm word in jou strewe om heilig te leef. Sommige van julle het sade van bitterheid gegroei en dit moet eers verwyder word, maar wys die HERE jou wysheid deur geen voorkleur te hê in wat jy doen nie. So sal jy altyd gereed wees om na die tydelike behoeftes van ander om te kan sien.
Die mensdom heg waarde aan prestasie en nie hoe jy te werk gegaan het om dit te bereik nie. Hierdie manier van dinge doen is so teenstrydig met die Hemel, dis soos om Afrikaans met Sjinees te vergelyk!
Op Aarde word prestasie hoog aangeprys, maar in die Hemel word die liefde waarmee iets gedoen word aangeprys. Wat die finale resultaat is, dra min gewig. Die gaan alles oor hoe jy dit doen en nie die end resultate nie. Hoeveel liefde is belê. Hoeveel keer is jy geroep om met ‘n goeie hart na die behoefte van ander om te sien? Het jy dit wat jy moes doen met ‘n goeie hart gedoen of was jy afkeurig en gemeen? Hierdie is die ware standaarde van die Hemel.
Die HERE weet dat wat Hy vra moeilik is, want baie keer wil mens moed opgee en roep: “HERE, ek kan nie meer nie!” Baie keer vat dit ‘n totale verandering van motiewe om die HERE te wil dien met die regte gesindheid. Ons word baie keer stukkend gebreek en weer opgebou in die proses, maar op die ou end doen ons wat reg is spontaan sonder om bekommerd te wees oor prestasie.
Ons klim nog steeds die berg van Heiligmaking saam met die HERE. Hou vas aan die Hand van die HERE en moenie los nie. Saam sal ons bo uitkom!
Prys die Naam van die HERE!