Geen teken nie

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Ek sien die laaste ruk hoe mense se koppe uithaak oor die wegraping en hoe mense na tekens in die lug soek as bewys dat Jesus binnekort gaan kom…

Jesus het vanoggend vir my ‘n boodskap oor hierdie ding gegee wat ek aan julle moet oordra en daardie boodskap staan in Markus 8:12  “Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag ‘n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.”

Liewe Suiderkruis Lesers; hou op om na tekens in die lug te soek, want julle gaan nie daardeur kan uitvind wanneer die koms van die Seun van die Mens is nie. Jesus sal kom wanneer Hy gereed is. Die tekens word gegee aan die ongelowiges sodat hulle moet glo; nie vir die gelowiges nie. Vir ons is daar geen teken nie. Hou dus op met jou slim berekeninge. Al wat jou slim berekeninge gaan doen is om aan almal te wys hoe verkeerd jy is!

Die koms van die Seun van die Mens is inderdaad voor die deur en dit gaan gebeur, maar ons gaan daardie dag nie met wiskundige berekeninge en tekens kan uitwerk nie.

Prys die Naam van die HERE!

One Comment

  1. Amen! Jesus Christus het Self gesê dat Hy op ‘n uur kom wanneer NIEMAND dit sal verwag nie! Mense praat van ‘n dag…

    Jesus Christus praat van ‘n uur! Ons moet biddend, afwagtend en gereed lewe – elke uur van ons lewe!

Comments are closed.