Weet dat die HERE by jou is

Deel hierdie boodskap op Sosiale Media

Hoe baie keer het ek as ek deur ‘n moeilike deel van my lewe gaan nie gewonder of Jesus nog daar is nie…

Ek weet dat ons almal soms deur moeilike tye gaan en dan wonder ons of Jesus nog daar is. Dis vir ons as mens moeilik om die diepte van God se liefde vir die mens te verstaan of te verstaan waarom Hy Hom met ons lewens bemoei, maar dit is soos Jesus is. Hy is gee om vir die wat Syne is!

Niemand in die hele Bybel het sekerlik meer gelei vir die HERE as Job nie. Ek het die naweek wat verby is ‘n teken prent oor die lewe van Job gekyk… Om dit te lees en om dit in beeld te sien, is twee heeltemal verskillende dinge; dit kan ek julle verseker! Ek verstaan nou waarom Job se vrou en ook sy vriende hom aangeraai het om eerder God te vloek en te sterf, want die lyding wat leiding wat Job deurgegaan het, is baie erger as wat enige iemand in woorde kan omsit. Tog het Job vasgehou aan sy geloof en net uitgeroep: “Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?” (Job 7:17)

Julle sien, moeilike tye is daar; soms deur die keuses wat ons self maak. Die spreek woord sê nie verniet dat net omdat ons die vryheid van keuse het dit beteken dat ons vry is van die gevolge van daardie keuses nie. Ons almal maak slegte keuses in ons lewens; dis deel van die leerproses. Ek self het al ‘n paar foute gemaak wat my laat stilstaan het en gedink het “wat op aarde doen jy?” Dis deel van die grootword proses in Jesus daardie; solank ons net leer daaruit en probeer om daardie foute nie te herhaal nie!

Jy, liewe leser, behoort aan Jesus! Jy is Syne en Hy het jou by die naam geroep! (Jesaja 43:1) Daaroor hoef jy nooit ooit te twyfel nie! Jesus het nie vergeet van jou nie. Ons vergeet van Jesus, maar dis nooit andersom nie! As jy dink dat Jesus van jou vergeet het, dan is satan besig om leuens vir jou te vertel! Moenie daarna luister nie!

Ek dink Paulus het dit die beste gestel in sy sendbrief aan die Romeine: “Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.” (Romeine 14:8)

Prys die Naam van die HERE!

 

(Visited 169 times, 1 visits today)
Tagged , , .